Spelers kom byeen vir Bokkamp

Frans Steyn. (Foto Twitter #Montpellier)

’n Groep van 26 spelers het Sondag in Pretoria byeengekom vir die volgende Springbokkamp ter voorbereiding vir die komende internasionale seisoen. Die spelers van die Bulls en die Sharks wat in kwarteindstrydaksie was, sal binnekort by die kamp aansluit.

Die Springbokke begin hul verkorte Rugbykampioenskap-veldtog op 20 Julie teen Australië op Emirates Airline Park in Johannesburg.

Hulle sal dan ’n week later in Wellington teen die All Blacks te staan kom. Rassie Erasmus se span het juis verlede jaar op die einste veld die Nieu-Seelanders in ’n titaniese stryd geklop.

Die Springbokke sluit dan hul amptelike veldtog op 10 Augustus teen Argentinië in Salta af, waarna dié twee spanne weer ’n week later in ’n toetswedstryd op Loftus Versfeld kragte sal meet.

Onder die spelers wat die kamp sal bywoon, is Marcell Coetzee, Rynhardt Elstadt, Vincent Koch, Franco Mostert, Faf de Klerk, Cheslin Kolbe, Willie le Roux, Frans Steyn en Cobus Reinach.

Voorspelers: Schalk Brits (Vodacom Bulls), Marcell Coetzee (Ulster, Ierland), Lood de Jager (Vodacom Bulls), Pieter-Steph du Toit (DHL Stormers), Rynhardt Elstadt (Toulouse, Frankryk), Eben Etzebeth (DHL Stormers), Steven Kitshoff (DHL Stormers), Vincent Koch (Saracens, Engeland), Siya Kolisi (DHL Stormers), Frans Malherbe (DHL Stormers), Malcolm Marx (Emirates Lions), Bongi Mbonambi (DHL Stormers), Tendai Mtawarira (Cell C Sharks), Franco Mostert (Gloucester, Engeland), Marvin Orie (Emirates Lions), Kwagga Smith (Emirates Lions).

Agterspelers: Damian de Allende (DHL Stormers), Faf de Klerk (Sale Sharks, Engeland), Aphiwe Dyantyi (Emirates Lions), Elton Jantjies (Emirates Lions), Herschel Jantjies (DHL Stormers), Cheslin Kolbe (Toulouse, Frankryk), Dillyn Leyds (DHL Stormers), Willie le Roux (Toyota Verblitz, Japan), Cobus Reinach (Northampton Saints, Engeland), Frans Steyn (Montpellier, Frankryk).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Nico ·

Solank daar enige oorsese huur soldate in die span is hou ek vol om die oorseese teenstanders te ondersteun. Aan ons jong spelers wat klaar maak met skool en jy dink dat jy ‘n internasionale loopbaan het gaan onmiddelik na skool oorsee en gaan speel op meriete toets rugby daar en kom vryf ons manne se neus on die grond. Ons rugby loop in elk geval die selfde pad as ons verskoning van ‘n krieket span.

Piet ·

Nico ek stem nie saam nie ons rugby het n goeie kans om die world cup tevat…….moenie die bokke weg gooi nie!!!!!

Anoniem ·

Hoekom is daar soveel spelers wat oorsee speel in hierdie oefengroep (10)? Is daar nie spelers wat in Suid-Afrika speel wat eerder kan kwalifiseer vir die Bokspan nie. Ag nee wat hoe kan ‘n mens nou so ‘n span ondersteun.

Madelein ·

Om Springbok te wees beteken seker tog ook dat jy lojaal teenoor jou land moet wees? Indien die spelers lojaal teenoor SA rugby was, het hulle nie in ander lande gaan speel nie. Die ingevoerde spelers ontneem ons provinsiale rugbyspelers van geleenthede. Oor spesifieke ingevoerde spelers gaan ek myself nie uitlaat nie …

Nico K ·

Wil julle nou maar ophou met julle vervelige storie van te veel oorseese spelers. Rugby is ‘n proffesionele sport en spelers speel waar hulle die meeste geld kan kry. In Europa. As ons wil wen moet ons die beste spelers kies en dit is dus die oorseese spelers ingesluit. Soos alle sokkerspelende lande reeds doen.

Nico ·

Ja Nico K en waar sit ons sokker span? Ek ondersteun nie SA wanneer daar huur soldate in die span is nie. ‘n Afrigter wat sy sout werd is kan ‘n sterk genoeg span kies uit huige plaaslike spelers. Die probleem is Rassie en vele afrigters kies net hul tjommies en sien so tog maar hul dinges. Kyk maar hoe krap hy oral vir WP konneksies.

Swartwolf ·

Die Stormers is die voerband vir kwotas. Kolisi, Mbonambi, de Allende, Leyds, H Jantjies. Ongelukkig is dit juis die spelers wat die Stormers laaste in die SA konferensie laat eindig het. Maar volgende Rassie is hul wereld beker materiaal. Onthou Loftus laasjaar teen die AB’s? Toe die kwotas opkom toe vou daai hele span. Die wereldbeker gaan nog erger wees. Die wedstryd in NZ teen die AB’s laasjaar toe Whiteley die kapteinskap oorneem en Kolisi die veld verlaat na 50 min soos hy gewoonlik doen in baie fisiese en harde wedstryde en die bench was nie almal kwotas nie toe byt die bokke vas op verdediging en wen hom.

Bekommerd ·

Al hoe meer SA spelers gaan oorsee speel, want hulle kan nogsteeds vir die Bokke gekies word. Al wat gaan gebeur jou goeie spelers gaan oorsee en dit kan dalk jou CB en SR verswak.

Chrisjan ·

Elton Jantjies? Goeiste, hoe treurig moet die mannetjie dan nog word om uitgelaat te word?

Valerie ·

Dis duidelik dat SA nie lesse kan leer nie. Neem maar die jongste in ‘n baie lang lys van mislukkings: Die arrogante Proteas se derde-wêreldse vertonings agv die onvermoë om te leer, aan te pas, en vooruit te dink. Die rugbyspan het juis teen Japan met hul derde-wêreldse fase begin.

Henk ·

Kies ASB die ouetehuis en siekeboeg soos in die verlede. Los die spelers wat in vorm en goed is.

Kobus ·

Watter Springbok???? Waar is due Springbok??
RIV my Bokkie.

Pieter ·

Die is net ‘n oefengroep, waarom al die gif? Ek stem dat Kwagga en Bosh daar hoort, maar my kommer is senters! Ons senters het nie in die Super reeks hulself bewys nie. Hulle is swak verdedigers, swak aanvallers en doelloos. Is daar niemand oorsee wat beter is nie? Daar is wel ‘n paar ou gesigte hier wat hulself nog nooit bewys het nie, maar tog gekies word en wat De Allende en Jantjies daar maak sal niemand weet. Wat sien afrigters in sulke spelers wat ons nie sien? Verloor of verskonings vir wanneer dinge nie nie uitwerk soos hulle beplan het nie? Dit bly maar duister…. Tog is daar hoop indien die regte spelers wat fiks en op vorm is uiteindelik gekies word.

Spike ·

Hier kom weer ñ werêldbeker fiasko. Met Frans Steyn daar gaan daar fout wees met die spangees. Hy dink dinge moet na sy pype dans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.