Spelers trek hul sokkies vir Cheetahs-wedstryd op

Ruan Pienaar. Foto: Twitter.

’n Rugbyspeler se skool is sy trots en in hierdie naweek se vertoonwedstryd tussen die Cheetahs en ’n Toyota-uitnodigingspan sal die spelers die geleentheid kry om met hul skoolrugbykouse op die veld te draf.

“Met hierdie gebaar wil ons al die skole en skoolafrigters bedank vir die werk wat hulle doen om jaarliks spelers van topgehalte te lewer,” het Harold Verster, besturende direkteur van die Cheetahs, gesê.

Met Grey Kollege net ’n paar minute weg van die Toyota-stadion kan ’n hele paar spelers – onder wie Frans Steyn en Ruan Pienaar – in dié beroemde rugbyskool se kouse speel.

Die Vrystaters sal teen ’n gekombineerde span, wat spelers van die Sharks, Bulls, Lions en Stormers insluit, speel.

  • Die wedstryd begin Saterdag om 16:00 en Jaco Peyper sal die skeidsregter wees.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Craig Barry (regtervleuel), Dries Swanepoel (buitsenter), Frans Steyn (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Brandon Thomson (losskakel), Ruan Pienaar (skrumskakel), Jeandré Rudolph (agtsteman), Oupa Mohoje (flank), Andisa Ntsila (flank), Rynier Bernardo (slot), Victor Sekekete (slot), Aranos Coetzee (stut), Wilmar Arnoldi (haker) en Cameron Dawson (stut). Plaasvervangers: Louis van der Westhuizen, Schalk Ferreira, Coenraad van Vuuren, Jacques Potgieter, Aidon Davis, Tian Meyer, Howard Mnisi, Duncan Saal, Chris Massyn en Alulutho Tsakweni.

Uitnodigingspan sal môre bekendgemaak word, maar die groep bestaan uit: Voorspelers: Dan Jooste (Sharks), Jean Droste (Cheetahs), Jeandré Labuschagne (Sharks), Johan du Toit (Stormers), Khwezi Mona (Sharks), Kwenzo Bloze (Stormers), Marnus van der Merwe (Cheetahs), Michael Kumberai (Sharks), Mihlali Mosi (NNMU), Reinier Viljoen (Cheetahs se o.20’s), Roelof Smit (Lions), Ruhan Straeuli (Lions), Sazi Sandi (Stormers) en WJ Steenkamp (Bulls).

Agterspelers: Corné Smit (Stormers), Dillon Smit (Lions), Inni Radebe (OP), Jamba Ulengo (Bulls), Jason Alexander (Stormers), JP Duvenhage (Shimlas), Keegan Johannes (Bulls), Leolin Zass (Stormers), Richard Kriel (Bulls), Shane Bolton (Shimlas) en Tristan Leyds (Stormers).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.