Rassie Erasmus het as afrigter van die Springbokspan ’n kultuur geskep waar spelers en ondersteuners weer in die span glo.
“Rassie het ’n reuseverskil gemaak. Nie net wat die Springbokke betref nie, maar van die besluite het die hele land beïnvloed,” het een van die span se hakers, Bongi Mbonambi, gesê.
“Hy is die tipe afrigter wat eerlik met elke speler sal wees – hy is beslis nie iemand wat dinge agter geslote deure sal doen nie.”
Volgens Mbonambi is dit een van die redes waarom die spelers van Erasmus hou en hom respekteer; hy is iemand wat oop kaarte met hulle speel oor wat hy van hulle verwag.
“As ’n afrigter gee hy vir ons meer vryheid om onsself op die veld uit te druk. Ek dink dit is die één aspek van ons spel wat die meeste vanjaar op die veld na vore gekom het.”
Volgens Mbonambi is die Bokspan ’n hegte eenheid waar die kleur van jou vel of waar jy vandaankom glad nie saak maak nie.
“Rassie sal iemand kies wat daar is om te werk en op die veld te doen wat van hom verwag word. Waar vorige afrigters dalk iemand sou gekies het wat al vir jare deel van die opset was – al het mens gesien hy gee nie altyd sy beste nie – weet ons nou dat jy gekies sal word op grond van die werk wat jy doen.”
Oë hul word afgerig? Nie geweet want hul lyk soos n klomp afkop hoenders wat in alle rigting skarrel sonder plan sonder doel…
ASB WAT N GRAP !!!!
Rassie, Ek stem dalk nie saam met die geskoppery nie maar ek glo en vertrou jy weet wat jy doen. Dis hoekom jy daar is en ek by die werk sit.
Se spelers dit nie maar van elke afrigter?
Met sy eie woorde erken hy dan nie dat die vorige afrigter aangejaag het? Maar hoekom het ons toe geen kritiek van die spelers gehoor?
….is die alewige skoppery ook – die meer vryheid van spelers om hulself uit te druk?
Ja doemprofete, en wat sal julle se as die wereldbeker Suid Afrika toe kom? Of moet ons n ou soos Judge Dredd aanstel as afrigter. Lyk my hy weet alles.
Merie Perd – dis moontlik dat die wereldbeker weer na SA sal kom, daar word darem elke 4 jaar kompetisie gehou.
Btw – dankie dat jy dink dat ek alles weet…….
Lojaliteit bly maar altyd mooi…….veral in sport ook. Glo Faf skop so agv game plan. Dankie Rassie vir alles wat jul insit om die Bokspan hul beste vertonings te laat lewer
Die bokke doen goed
Dit is groot druk en baie goeie spanne
Elke bok speler doen sy deel !
Couch Potato…?
Ek is ook tevrede met die wyse waarop Rassie hulle afrig! Dit gaan verseker dat die All Blacks die beker omhoog hou en nie die Bokke nie!
Goeie afrigter of nie, dit gaan neuk om die All Blacks te klop. Maar as ons Bokke dit regkry gaan ek n paar ekstra wyne vat en nog n paar op Rassie. Daai kan ons doen hier in die Boland!
Go Bokke!!!..ons Suid -Afikaners moet nou positief wees en ondersteun ons spelers.
Rassie, my maat, jy het geen ander keuse as om die wêreldbeker huis toe te bring nie, anders gaan jy nooit die einde van die skoppery hoor nie.
sal hulle nooit support nie want as ek dit doen se ek kwotas is reg en my seun sal nooit cravenweek speel nie – pateties – hoop julle verloor… ons moet so swak raak dat niemand teen ons wil speel nie – soos krieket dalk sal hulle oe oopgaan en sien dat kwotas nie antwoord is nie of hoe Bongi – Akker moes bo jou daar gewees het
Het Rassie julle vertel dat hy moet kwotas in die span he?
Het Rassie julle gese hy moet kwotas in die span he?
Ek sou Janjes op losskakel , Pollard op senter , en Frans Steyn op heelagter wou sien , ook Cobus Reinach n kans gegee het , Rassie sal seker beter weet. ook jammer Ruan janse Van Rensburg – nou oorsee , en Francois Venter van Cheetas kon a kans kry nie , nogal jammer.
Elk geval Bokke bly ons trots
Ek glo Rassie het n paar troefkaarte en geheime planne. Hy moet net dat Faf minder skop , want sy opdragte aan daai jong speler sal hom totaal ongewild maak en Faf is eintlik baie goed. Ek wens Willie ,die ander “sondebok” , het een briljante skitter wedstryd teen Wallis , dan sal almal tjoepstil wees.
Nou wat doen Willie dan daar?????
Rassie is n slim en goeie afrigter. Ek sê nou vir julle, die bokke gaan Wallis klop dan is ons in die finaal. Maak nie saak wat ander mense sê dat NZ en Engeland in die finaal moes gespeel het nie. Rassie het n uitgewerkte plan B vir die finaal. Faf is deel daarvan. Hulle gaan NZ onkant vang. NZ stel hulle planne op op die plan wat die bokke nou speel. Faf gaan baie minder skop en hulle gaan volgens plan B speel en die beker SA toe bring. Bokke bo!
Dis inderdaad so. Dan gaan hulle weer se hy kroek. Ek se ook hy wil voorkom as voorspelbaar en alaml rat draai op oorlog dag.
Teen wie het ons nou al gewen gedurende hierdie RWC ? O ja, teen van die beste spanne in die wereld !
Teen wie het die Bokke verloor in die eerste game? O ja die All Blacks, die beste span in die wêreld!