Springbok-broers help Sale gelykop speel

Die Springbokbroers Du Preez, Jean-Luc (agsteman) en Robert (losskakel), het die Sale Sharks Sondag gehelp om in die Engelse Premierliga met sewe elk teen Bath gelykop te speel.

Jean-Luc het ʼn drie gedruk en Robert het dit verdoel.

Die seuns van die Springbok Robert du Preez is leenspelers van die gelyknamige Durbanse Superrugby-franchise af.

♦ Nog ʼn Bok, Jaco Reinach (skrumskakel), het twee drieë vir Northampton teen Newcastle gedruk, maar laasgenoemde het die wedstryd met 16-14 gewen.

♦ Jaco Visagie (bankhaker), ʼn leenspeler van die Blou Bulle aan Gloucester, het ʼn drie vir sy span teen Worcester gedruk.

Eersgenoemde het die kragmeting met 36-16 gewen.

Spaanse Liga van Eer

♦ Suid-Afrikaners het 13 van Cisneros se punte in sy gelykop spel van 18-18 teen Barca in die Spaanse Liga van Eer aangeteken.

Andrew Norton (losskakel) het met twee strafskoppe en ʼn doelskop vir agt punte geslaag, en Richard Stewart (buitesenter) het ʼn drie gedruk.

Norton het o. 21-rugby vir die Sharks gespeel, en Stewart het die Ikeys in die reeks om die Varsitybeker verteenwoordig.

♦ Juandré Kleynhans (regtervleuel), ʼn gewese o. 21-speler van die Griffons, het agt punte met ʼn drie en ʼn strafdoel vir Burgos teen Gernika op die telbord geplaas.

Sy span het die teenstand met 57-17 opgedreun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.