Lank, donker en aantreklik is alles woorde wat die Springbok-binnesenter Damian de Allende (27) beskryf. Daarom is hy ingesluit in ʼn internasionale lys van die aantreklikste rugbyspelers wat pas bekend gestel is.
Die rugbywebblad Live Rugby Tickets het wêreldwyd mense gevra om die aantreklikste rugbyspelers ter wêreld te benoem en toe daaruit ʼn lys van die 20 saamgestel.
De Allende is die enigste Suid-Afrikaner op die lys en pryk in die vierde plek. Hy is tans in ʼn verhouding met die Italianer Domenica Vigliotti.
Hier is die volledige lys van aantreklikste rugbyspelers ter wêreld:
1.Jayden Hayward (Italië)
2. George Ford (Engeland)
3. Codie Taylor (Nieu-Seeland)
4. Damian de Allende (Suid-Afrika)
5. Pierre-Louis Barassi (Frankryk)
6. Owen Farrell (Engeland)
7. Robbie Henshaw (Ierland)
8. Chris Harris (Skotland)
9. Dean Budd (Italië)
10. Giorgo Kveseladze (Georgië)
11. Jeff Hassler (Kanada)
12. Amanaki Mafi (Japan)
13. Manu Tuilagi (Engeland)
14. Maxime Machenaud (Frankryk)
15. Allan Dell (Skotland)
16. Andrés Vilaseca (Uruguay)
17. Anthony Watson (Engeland)
18. Ben Volavola (Fidji)
19. Cam Dolan (VSA)
20. Davit Kacharava (Georgië)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Ek stem saam JM, iemand het beslis die pot gesit. Jesse Kriel en Malcolm Marx vir ‘n voorbeeld is baie meer aantreklik as meeste van die mannetjies op hierdie lys.
Ah Nee hel Jessie kriel is baaaaaaaie Beter gebou as de Allende.
Jaaaa!!! Wil ek ook weet??? Faf is darem maar gorgeous :)
Regtig ek kan nie glo dat Jessie Kriel nie daar is nie!! Skande…
Hoekom is Kwagga Smith en RG Snyman nie ook op die lys nie?