Lank, donker en aantreklik is alles woorde wat die Springbok-binnesenter Damian de Allende (27) beskryf. Daarom is hy ingesluit in ʼn internasionale lys van die aantreklikste rugbyspelers wat pas bekend gestel is.
Die rugbywebblad Live Rugby Tickets het wêreldwyd mense gevra om die aantreklikste rugbyspelers ter wêreld te benoem en toe daaruit ʼn lys van die 20 saamgestel.
De Allende is die enigste Suid-Afrikaner op die lys en pryk in die vierde plek. Hy is tans in ʼn verhouding met die Italianer Domenica Vigliotti.
Hier is die volledige lys van aantreklikste rugbyspelers ter wêreld:
1.Jayden Hayward (Italië)
2. George Ford (Engeland)
3. Codie Taylor (Nieu-Seeland)
4. Damian de Allende (Suid-Afrika)
5. Pierre-Louis Barassi (Frankryk)
6. Owen Farrell (Engeland)
7. Robbie Henshaw (Ierland)
8. Chris Harris (Skotland)
9. Dean Budd (Italië)
10. Giorgo Kveseladze (Georgië)
11. Jeff Hassler (Kanada)
12. Amanaki Mafi (Japan)
13. Manu Tuilagi (Engeland)
14. Maxime Machenaud (Frankryk)
15. Allan Dell (Skotland)
16. Andrés Vilaseca (Uruguay)
17. Anthony Watson (Engeland)
18. Ben Volavola (Fidji)
19. Cam Dolan (VSA)
20. Davit Kacharava (Georgië)
Ek stem saam JM, iemand het beslis die pot gesit. Jesse Kriel en Malcolm Marx vir ‘n voorbeeld is baie meer aantreklik as meeste van die mannetjies op hierdie lys.
Wat van Eben hy baie aan trekliker as daai ou en baie van die ander. Tel Langebaan sage teen hom?
Nee wat dankie. Hulle is Nou regyug nie so aantreklik nie
Ah Nee hel Jessie kriel is baaaaaaaie Beter gebou as de Allende.
Jaaaa!!! Wil ek ook weet??? Faf is darem maar gorgeous :)
Regtig ek kan nie glo dat Jessie Kriel nie daar is nie!! Skande…
Hoekom is Kwagga Smith en RG Snyman nie ook op die lys nie?
Lol aantreklik is duidelik relatief. Waars Malcolm Marx?!?! Anyway Damian is darem ook heel pretty hehehe…
O toggie nee, wie het besluit die klomp is die mooistes. Dan wil ek nie lelikste sien nie.
Ek stem saam met Hester…Eben baie aan trekliker as baie van daai ouens…laat ons stem
Ja nê…. dankie tog smaak verskil… ek kan aan baie meer aantreklike ouens dink .
Oulik! Hou van sy dimpeltjies????
Hoorhier moet nie vir Oom Schalk Brits weg gooi nie. Daai is nou vir jou n sexy ou! Oud maar nog lank nie koud nie nie! 38 is die nuwe 21!!!
Franco Mostert, Handre Pollard ag nee die lys gaan aan! Maar bo is beslis Schalk en dalk in die top 3 n ou Gemmer Katjie ook. Local is Lekker!
Nr 5 is in regte lywe regtig baie aantreklik.
Bokke jy moet vir kolisi stem asb.
Ja, laat sy hele gemeenskap sommer vir Kolisi stem.
Ja nee kyk, De Allende het baie harte gebreek met sy skitter vertonings in die wereldbeker. Swartwolf se favourites = Vermeulen en Kwakkies. LOL.
As kwakkies ‘n bokser was, het ek vir hom gestem.
@bokke: spelers is nie daar om mooi te lyk nie dis hoekom Vermeulen man van die eindstryd, Faf man van die kompetisie deur Maroela lesers, en Pieter Steph wereld speler van die jaar gewen het. Hulle breek die opposisie nie hartjies nie. Soos dit hoort. Jou hartebreker word nie eers nerens genoem nie.
Eben.. defnitief Eben en Handre en Jesse ja soos die ander hier bo genoem het. Ag al ons manne is mos maar mooi!! Beast het n paar arms .. sho! My absolute favourite is Eben. Lank, bree bors en daai arms!! Whoop whoop… en daai mooi Marmite ogies .. hy tick alles in my checklist!! ????
Schalk Brits. Hy het spiere wat die jonges nooit sal hê nie.
Een se wyn, is n ander se asyn…of hoe dames?
Almal van hulle is Pragtig. Net nie die Blomkool Ore nie.
Mooi bly maar mooi!
Die aantreklikste een is nie die een in fisiese voorkoms nie, maar die een met die skoonste morele waardes en pesoonlikheid. Dit weeg maar die swaarste in die skaal.
Ek hou die meeste van Faf.
Ek weet darem nie so mooi nie….persoonlik dink ek daar is BAIE meer aantrekliker rugbyspelers. Nie my keuses nie.
Met daai verspotte, kinderagtige Speedo hoort die ou net op een lys, die “common” een. No, thanks.