Springbok rig weer Ierse o.18-span af

Dan van Zyl – rig Ierse o.18-span af. (Foto: Facebook)

ʼn Gewese Springbok-skrumskakel is weer as hoofafrigter aangewys van Ierland se o.18-klubspan wat Saterdag in Jamor teen Portugal o.18 speel.

Dan van Zyl het die span ook verlede jaar afgerig toe hy sy Portugese portuur met 46-12 opgedons het.

Die span is saamgestel uit spelers wat vir klubs se o.18-spanne speel, en moet van die nasionale skolespan onderskei word.

Van Zyl is by die Ierse provinsie Leinster gemoeid met die ontwikkeling van afrigters en is ook die hoofafrigter van die provinsie se o.18-klubspan.

Hy is sedert 2009 in Leinster se diens nadat hy in 2001 by die Engelse Premierliga-klub Bristol aangesluit het, voordat hy as speler-afrigter in Ierland ingeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.