Springbok se seun oorweeg glo Engelse trui

(Foto: Canterbury)

Die uitblinkerseun van ʼn gewese Springbok is nie ongeneë om die Engelse trui oor die kop te trek as die Boktrui hom sou ontwyk nie.

Luidens berigte in die Britse media het die agsteman Ruan Ackermann, die seun van die Bok-slot Johan Ackermann, aangedui dat hy dit nie buite rekening laat nie, sou die geleentheid hom aanbied.

Hy het aan die begin van die huidige seisoen by die Engelse klub Gloucester aangesluit, wat deur sy pa afgerig word, en kan op verblyfgrond kort voor die Wêreldbekertoernooi in Japan in aanmerking vir ʼn plek in die Engelse span kom. Die vyfjaarperk tree eers in 2020 in werking.

Ackermann se knap spel het hom ʼn plek op die bank vir die Barbarians in hul afgelope kragmeting teen die All Blacks besorg, maar hy het te min speelkans gekry om sy stempel op die wedstryd af te druk.

Agsteman is juis een van die posisies waarmee die Springbokspan sukkel, maar as oorsese speler sonder toetservaring (en hy moes in minstens 30 gespeel het) is Ackermann van ʼn plek in die Springbokspan uitgesluit.

Die feit dat die SA Rugbyunie (Saru) se huidige beleid nie juis jonger spelers afskrik om oorsee te gaan speel nie, wil dit meermale laat lyk of die unie hom daarmee in die voet geskiet het.

Dalk moet die rugbybase hul trots in hul sak steek, en weer na die saak kyk.

Die Engelse het eweneens ʼn beleid om nie spelers wat in die buiteland speel te kies nie, maar het ʼn skuiwergat vir “buitengewone omstandighede” gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nico ·

Ruan moet nie lieg oor droom om vir Bokke te speel nie want as dit so was sou hy nie agter pappie aangeloop het nie. Ek gun hom desondanks ‘n Engelse trui want ek het al met AC se aanstelling gesê jong SA spelers wat dink hulle kan dit maak om toets rugby te speel moet sommer na slool al reeds hul heil oorsee gaan siek want kwotas gaan hul vordering net rem.

Hannes ·

Ag kom nou Nico hoe kan jy beweer hy lieg oor sy Springbok droom?
Hy word nie deur AC goed genoeg geag nie. Elke Rugby Ondersteuner reg oor die wereld weet dat AC met sy dom-onosel keuses nie omgee wat van ons jong sterre word nie. AC het nie n benul wat spanbou vir die toekoms beteken nie..

WONDER ·

Nou waar kom jy/ Nico, daaraan dat die outjie “lieg oor sy droom”? Hou op woorde verdraai. Ek is geensins ‘n Leeu aanhanger nie maar Ackerman sou volgens my uitstekend kon inpas by die Springbokspan. Veral gesien in die lig van ons huidige situasie en heel moontlik sou hy homself meer as bewys het. THANX AC.

Lukie Carelsen ·

En daar gaan nog ‘n belowende rugbyspeler sy heil elfers soek want sy kanse om vir die Bokke te speel is omrent nul agv die rassistiese beleid van SARU. Ek gun Ruan Ackerman die geleenthheid. CJ Stander en baie ander spelers wat Springbok materiaal is speel oorsee. Moenie verbaas wees as Kwagga Smith nie ook oorsee gaan speel nie. Verbeel jou hy is “man of the match” teen die magtige All Blacks maar Allister Coetzee weier om hom op te roep!

Soos iemand erens gese het as hulle ‘n span kon saamstel wat net uit Suid Afrikaners bestaan wat oorsee speel sal daardie span die Bokke klop!

Net jammer Allister Coetzee wil nie oorsee gaan afrig nie. Dans ons uiteindelik ontslae van hom!

Ollie le Roux het Coetzee mooi op sy plek gesit! Ek hoop net meer oud Bokke wil Ollie se voorbeeld volg en hulle monde oopmaak oor die sotlike onregverdige politiese inmenging in ons sport!

Callie ·

Weet net van een ou wat nog erger as AC is. Kagga. Net as ons dink dit kan nie erger san kom daar sulke stellings

Herman Goosen ·

Ek sal beslis die deesdae die rosetrui kies bo die Springbok trui. Dit het baie meer aansien in die moderne era en dit is ‘n plesier om onder goeie bestuur te funksioneer. Dit maak van goeie spelers ‘ n uitmuntende kombinasie. Briljante spelers word ‘n gemiddelede span onder swak bestuur.

Vraagteken ·

Hoe kan daar gesê word dat hy minstens 30 internasionale wedstryde moes speel. Hy is dan nie eers so lank in die prentjie. Lyk vir my almal vergeet van Warren Whiteley (wat tans ‘n besering het ons kaptein was) en Duane Vermeulen(wie ook ‘n hoof leiers posisie in die span gehandhaaf het).

Ja, ek stem, hy moes minstens ‘n paar kaanse gekry het hierdie jaar maar hy is defnitief nie heel bo nie. Die twee bogenoemde sal minstens nog 3 jaar elk kan speel, en dan sal Ackerman groei tot ‘n internasional kaliber intussen. Is dit nie dalk eerder ‘n geval dat hy te veel te vinnig will bereik nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.