Springbok-seisoenkaartjies vir die eerste keer beskikbaar

Foto: SA Rugby

ʼn Unieke Springbok-seisoenkaartjie is bekendgestel om die span die grootste hupstoot ooit te gee wanneer hulle later vanjaar in Japan teen wêreldspanne te staan kom.

Ondersteuners sal op 20 Julie die Rugby-kampioenskapwedstryd teen die Wallabies by Ellispark kan bywoon en die finale tuiswedstryd teen Argentinië by Loftus Versfeld (17 Augustus) met ʼn enkele aankope van R900. Albei stadions sal ook hul laer-hoofpawiljoenkaartjies teen goedkoper pryse verkoop as deel van dié spesiale aanbod.

Die seisoenkaartjies sal van 1 April te koop aangebied word.

Die samewerking tussen die twee gasheer-unies, die Goue Leeus en Blou Bulle, is ontwerp in vennootskap met SA Rugby en spanborge om ʼn spesiale afskeid vir die span te reël. Die seisoenkaartjie bied ʼn afslag van R550 op die normale prys.

“Ons het slegs twee tuistoetse in 2019 en ons wil albei wedstryde uitverkoop om vir die span die beste moontlike hupstoot te gee wanneer hulle in Japan gaan speel,” het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, gesê. “Daar is beperkte geleenthede om vanjaar die Springbokke tuis te sien speel. Hierdie [seisoenkaartjie] is nog nooit vantevore aangebied nie en ons hoop Springbok-ondersteuners sal die geleentheid aangryp om albei toetse by te woon om Rassie, Siya en die span te ondersteun.”

Kaartjies vir individuele toetse sal soos gewoonlik beskikbaar wees en pryse begin teen R100 per kaartjie by elke stadion. Die unieke seisoenkaartjie is eerste kom, eerste maal solank as wat die voorraad hou.

“Twee toetse wat uitverkoop sal wonderlik wees voor ons vertrek,” het Springbok-afrigter Rassie Erasmus gesê. “Dis ʼn ongelooflike ervaring as ʼn Springbok om op die veld uit te draf voor ʼn volgepakte Suid-Afrikaanse stadion en die span put energie daaruit. Dit gaan vir ons baie spesiale geleenthede wees en die res van die tyd gaan ons vanjaar oorsee wees. Ons sien al reeds uit na die unieke atmosfeer wanneer Emirates Airline Park volgepak is en ʼn herhaling van die ongelooflike Loftus-atmosfeer van 2018. Ons hoop ons sien julle almal daar.”

Die seisoenkaartjie kan van 1 April aanlyn gekoop word by www.ticketpros.co.za of die kaartjiekantore.

Volledige prysreeks:
20 Julie: Springbokke v Australië (Emirates Airline Park): R100, R350, R650, R900 (spesiale aanbod), R950
17 August: Springbokke v Argentinië (Loftus Versfeld): R100, R450, R600, R650, R700, R800, R900 (spesiale aanbod)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Andre Fouche ·

Solank die span nie op miriete gekies word nie sal mense wegbly en nie rugby kyk nie dit geld vir laerskool tot die bokke…

SARU het hulle bed gemaak laat hulle maar daarin slaap…

nico ·

Al bied SA Rugby my n gratis toegang aan sal ek dit nie aanvaar nie. Hul reklame foefie van kastige afslag is belaglik. Hulle weet ons is g.. vol vir hulle regstellende keuses en afslag is volgens hulle n manier om die stadions vol te maak. Ek wens Australie gee S bokke n goeie loesing!!!!!

Swartwolf ·

Hou verby. Net ‘n kwota getjommel sonder strategie of rigting. SARB sal mense moet betaal om die snert te kom ondersteun

sweis ·

Ek kan nie glo dat mense nog rugby ondersteun nie ek sal n kaartjie van die hand wys sou dit verniet wees .

Pieter ·

Rugby raak ‘n verleentheid vir SA. Kyk ook na die toeskouers en hul gedrag. Geen plesier om tussen ‘n klomp dronkgatte te sit nie. Dit hou baie mense weg. Die “administrateurs” het die pad lankal ook byster geraak. Jy gaan nooit mense lok, as jy net 1 wedstryd aanbied nie.

Gerrit ·

Pryse is belaglik. Dit vir 80 minute se getjommel, waarvan meer as die helfte daarvan nie aktiewe spel is nie. Maak maar die sommetjies…Rand per minuut waarde.

Ai ·

Nee wat hou maar jul kaartjies of nog beter jul saru het mos baie ondersteuners in Mamelodi… Vra hul om jul kwota rugby te kom ondersteun aangesien jul saru mos die lot kies op n kwota sisteem…..

Fielies ·

Wanneer Befumble-befumble speel is dit gratis beskikbaar oppie tv om te kyk maar wanneer die Bokke speel bly dit Wet van Transvaal ongeag.

Avokado ·

Daar is nog nerens kaartjies beskikbaar nie. Wanneer kan ek koop?

Wesley ·

Haha soveel mense mors hul data of tyd net om hier te kom se hul stel nie belang nie…. Dan waarom hierdie artikel lees en kommentaar lewer?

Ek kan nie bywoon nie, te duur vir my smaak, maar ondersteun nog die Bokke. Dit is hoekom ek hier is op hierdie artikel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.