Springbok terug in Bulle se opdrafspan

ʼn Terugkerende Springbok tel tussen die drie veranderinge aan die Blou Bulle se agterlyn vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland.

Piet van Zyl, wat Woensdag ʼn blaaskans gekry het, is terug op sy pos agter die skrum in die plek van André Warner, wat bank toe skuif.

Kefentse Mahlo speel regterveuel in Travis Ismaiel se plek, en Dries Swanepoel buitesenter in Franco Naudé s’n.

Die aggttal is onveranderd gelaat.

Met Jaco Visagie nog nie heeltemal fiks nie, is Johan Grobbelaar die nuwe bankhaker, en Duncan Matthews vul Swanepoel se plek.

Die span –

15. Manie Libbok, 14. Kefentse Mahlo, 13. Dries Swanepoel, 12. Burger Odendaal, 11. Jamba Ulengo, 10. Tony Jantjies, 9. Piet van Zyl, 8. Nic de Jager, 7. Jannes Kirsten, 6. Boom Prinsloo (kaptein), 5. Ruben van Heerden, 4. Irné Herbst, 3. John-Roy Jenkinson, 2. Jan-Henning Campher, 1. Pierre Schoeman. Bank: 16. Johan Grobbelaar, 17. Matthys Basson, 18. Abongile Nonkontwana, 19. Shaun Adendorff, 20. André Warner, 21. JT Jackson, 22. Duncan Matthews.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Julle blou bulle moet nou julle kant bring nou kan julle nie meer die afrigter blameer nie as jy nie meer rugby vir die liefde van die spel wil speel nie en net vir geld vat jou goed en loop ek wil nie meer elke keer met iemand fight wat ons aftakel nie

Veritas ·

Ek stem Nico. Ek weet nie meer watter verskonings om te gebruik nie. Vandat Heyneke Meyer daar weg is, het dit vinnig afdraend gegaan. Nou sit ons met ‘n uitlander wat niks vir SA rugby voel nie. Ek kan net swarigheid sien vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.