Springbok voor stok ná geel kaart

Een van die Lions se Springbokke is deur die wedstrydkommissaris uitgewys ná sy span se Superrugby-sege van 29-16 Saterdag teen die Stormers op Nuweland.

Die skeidsregter, Jaco Peyper, het die flank Jaco Kriel met ʼn geel kaart gestraf vir ʼn laatvat in die 26ste minuut.

Kriel het ʼn skop van die Stormers-losskakel Robert du Preez afgestorm en in die lug teen hom gebots.

Nadat hy die beeldmateriaal van die voorval dopgehou het, glo die kommissaris egter die Bok se optrede het ʼn rooi kaart verdien.

Luidens ʼn verklaring sal Sanzaar se vuilspelkomitee Sondag die saak ondersoek.

As Kriel skuld erken en die opgelegde straf aanvaar, sal die saak as afgehandel beskou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Boerseun ·

Ek wonder waarom Nizaam Carr se blatante skouerlopie op Andries Coetzee nie ook uitgewys nie. Coetzee moes immers die veld verlaat het kort daarna en kon nie terugkeer weens ‘n besering nie. Carr het geen arms gebruik nie en oor hom word nie ‘n woord gerep nie. Hy het nie eens ‘n geelkaart gekry nie!! Dubbelstandaarde!! Wys hom ook uit as julle enigsins die moed het. Moenie net een speler aan die pen laat ry nie. Wees konstant vir ‘n verandering.

Christian Schoeman ·

Stem 100% saam. En die “spear tackle” vroeg in die wedstryd was ook maar verdag, maar Peyper het dit vinnig weggepraat!

Francois Pottas ·

Etsebeth deel vuis houe uit 2min in die game laas week. Geen Kaart. Watse dubbel standaarde here’s Daar nou. Toer die Stormers Sal Hy kortkom

louwrens ·

Dis wat mens keelvol maak met rugby ek dink die land wil rugby in Sa laat doodloop.Daar is kamstig nie geld nie en hulle maak mens moeg vir onsekwentheid

LeonC ·

Die manne is nie babas nie
Rugby is n taai sport asb moet nie tjak oor n bietjie kontak nie. Dit het in elkgeval gelyk of dit nie opsetelik was nie.Gaan n speeler eensdag gestraf word as hy skeef kyk vir n ander speeler.

Jan ·

Hoekom het Jaco Peypers die wedstryd geblaas? Hy gaan met oogklappe deur die lewe, of blaas hy soos SA Rugby vir hom voorskryf. Sulke dubbelstandaarde maak rugby dood.

dries ·

Moet nie net kyk na Jaco peypers nie, wat doen die skeidsregters wat met die vlag rondhardloop en die een wat voor die televisie sit ?

What a joke ! ·

MENSE MENSE mense… dis als n gekookte spel DIE rugby afgod..NZ die geld masjien kry eerste opsie HUL WORD ALTYD MOOI NA GEKYK ONGEAG HUL GOED GENOEG IS OF NIE! Hul word voor getrek deur die refs dis n feit raak gewoond daaraan dis hoekom ek ophou rugby kyk het, rolbal is baie beter vir my hart!!!
En die refs is nie useless nie hul is moedswillig alles is groot geld EN HUL IS DEEL DAARVAN….hul weet wat hul doen al beteken dit hul verkoop hul siele vir geld….
Hoekom betaal vir n TV kanaal en toets kaartjies waar jy sport kyk en sien die een span word bevoordeel oor die ander span deur die refs wat weg kyk en dan die lynregters ook en dan die tv regters ook,dink die mense ons is blind????
Nee wat boys die spel is gekook kyk eerder rolbal jy s beter af!

Oupa Neels ·

SA rugby moet nie ver gaan soek vir hulle probleme nie. Dit is onder hulle neuse. Hulle moet net hulle oë oopmaak. Ons toeskouers is moeg vir hierdie twak. Vernaam hierdie blinde kaartmannetjie Jaco Peyper.

Frans C ·

Dit wasduidelik dat die Stormerspak ,met hul sewe Springbokke,daarop uit was om die Lionspak te intimideer en dat sekere spelers van die Lions die teiken was.Kyk gerus na die voorval waarin die Lionssenter beseer is.Jy sal sien dat Etsebeth hom op die grond met sy voorarm bykom.

Die ou kan bly wees hy speel nie in die dae van Springbokslotte soos de Geldenhuis en de Klerk nie, dan het hy lankal sonder ‘n paar voortande rond geloop.

Frans C ·

Dit wasduidelik dat die Stormerspak ,met hul sewe Springbokke,daarop uit was om die Lionspak te intimideer en dat sekere spelers van die Lions die teiken was.Kyk gerus na die voorval waarin die Lionssenter beseer is.Jy sal sien dat Etsebeth hom op die grond met sy voorarm bykom.

Die ou kan bly wees hy speel nie in die dae van Springbokslotte soos

Geldenhuis en de Klerk nie, dan het hy lankal sonder ‘n paar voortande rond geloop.

What a joke ! ·

Stem etzie is n fieta vanie kaap!!! Papsak van die paarl! Soek altyd moelikheid soos iemand wat opi wyn is….

Anti-Vuilspel ·

Ek dink die skok van die Leeus se pak voorspelers wat die Stormers opgefrommel het met die vuile Eben en al was ‘n bietjie groot vir die Kaapse gemoedere… Toe soek hulle eenogig ‘n sondebok om te straf maar kyk al hul helde se vuilspel gerieflik mis. Op die blinde Nuweland is ou eenoog mos koning…

Scalla ·

Die Lions was die beter span op alle vlakke en verdien die wen. Daar is egter nie konsekwent opgetree nie en die stormers het met moord weggekom. Weereens te vroeg in die kompetisie gepeak.
Van wanneer af warm die reserwes op agter die opponente se pale?
Die snoek en patat braai asook die wyn was lekker suur Saterdag aand. Sterkte vorentoe aan die Lions.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.