Springbokflank sal lank aksie mis

Francois Louw (Foto:  sarugby.co.za)

Francois Louw (Foto: sarugby.co.za)

Die Springbokflank François Louw sal weens `n geknypte senuwee in sy nek vir die res van die Rugbykampioenskap op die kantlyn sit. Hy het sy nek teen die All Blacks beseer en het Dinsdag `n spesialis gespreek.

Die spandokter, dr. Craig Roberts, het aan News24 gesê hy skat Louw sal agt weke buite aksie wees en mag dalk fiks wees vir die jaareindtoer. `n Plaasvervanger vir die groep van 30 sal binnekort aangewys word.

Dit mag Juan Smith wees, wat die eerste helfte van die toets in Salta teen Argentinië

gespeel het, maar gevra het dat hy meer tyd moet kry om aan sy fiksheid te werk.

Louw, wat sy klubrugby in Europa speel, is een van die gevestigde losvoorspelers in die Bokspan.

Skanderings het Maandag bevestig dat Ruan Pienaar vier tot ses weke uit aksie sal wees met `n kniebesering. Dit laat die Springbokke met die skrumskakels François Hougaard en Jaco Reinach.

Frans Malherbe, Coenie Oosthuizen, Flip van der Merwe, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Willem Alberts, Arno Botha, Pierre Spies, Fourie du Preez en Jaque Fourie is ook nie beskikbaar nie.

Luidens `n ooreenkoms tussen Saru en die provinsiale unies sal Lwazi Mvovo die naweek vir die Sharks mag speel, waarna hy hom weer by die groep sal aansluit.

In die volgende twee weke sal spelers wat nie in Heyneke Meyer se 23-tal vir `n toets is nie, op die voorafgaande Woensdag by hul tuisunies mag aansluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sjert ·

Is jammer. Louw is ‘n ware yster, sonder pretensie. Bokke sal hom mis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.