Springbokke: dit was sekerlik die heel laaste strooi

Totsiens, Allister, jy sal nie baie lank onthou word nie.

Wanneer die Bokke teen ʼn afgewaterde Walliese span met 24-22 in Cardiff geklop word, wanneer ʼn afrigter in sy twee jaar agter die stuur net drie van sy 14 wegtoetse kon wen en met rekordneerlae teen die All Blacks en Ierland vermorsel is, die eerste keer ooit teen Italië en Argentinië en teen Ierland in Suid-Afrika verloor het, en wanneer hy boonop twee jaar opeenvolgens teen Wallis verloor het, is daar mos geen salf meer aan hom te smeer nie?

En wat sê Allister Coetzee ná die wedstryd? Hy is trots op die span, op hul terugvegpoging, dat daar vordering gemaak is en dat hy ʼn kontrak tot ná 2019 het.

Nee, meneer, jy behoort geskiedenis te wees!

Ja, daar was verlede jaar nog versagtende omstandighede omdat hy laat aangestel is, dat hy nie die Bokke behoorlik kon voorberei nie, dat die regte mede-afrigters nie deur hom aangestel is nie.

Maar vanjaar?

Dié Walliese span was swakker as die Rooi Drake van verlede jaar. Daar was spelers in die Walliese span van wie ons baie min gehoor het, leemtes wat uitgebuit moes word. ʼn Oorwinning was op die tafel.

Boonop het die Springbokke se pak die absolute oorhand in die skrums gehad, maar jy kan steeds nie wen nie?

Hoekom? Want daar was ʼn gebrek aan kommunikasie. Die agterste driehoek het weer in mekaar se pad gestaan en Saterdag het dit nie gelyk of een van Andries Coetzee, Warrick Gelant en Dillyn Leyds (asook Ross Cronje en Handré Pollard) geweet het wie die bal moes vang wanneer dit op hulle geskop is nie.

Nee, daar is nie meer verskonings nie, want dié Springbokspan was die afgelope twee jaar nie behoorlik afgerig nie; hul spelpatroon het veel te wense oorgelaat; hul selfvertroue was daarmee heen; hul hanteerwerk en besluitneming was swak; die kapteinskap het ‘n groot vraagteken gelaat… en so kan ons aangaan.

Die groot vraag is of Franco Smith en Brendan Venter onderskeidelik as agterlynafrigter en konsultante moet aanbly. Het hulle werklik waarde toegevoeg?

Moet Matt Proudfoot as skrumafrigter aanbly, noudat Johann van Graan sy gewig by Munster ingegooi het?

Nee, dis tyd vir huis skoonmaak van bo af, en nie net by die afrigters nie.

Dink maar terug, het ons so gou vergeet van die rooi truie in Salta? Nederlae van 0-57 en 3-38. Was daar vordering?

Kom ons lig darem die hoed vir Malcolm Marx, Steven Kitshoff en Pieter-Steph du Toit in Saterdag se wedstryd. Dink net wat hulle in ʼn All Blacks-trui sou doen.

Maar agterlangs?

Puntemakers –
Wallis (21) 24
: Drieë: Scott Williams, Hadleigh Parkes 2. Doelskoppe: Leigh Halfpenny 3. Strafdoel: Halfpenny.
Suid-Afrika (10) 22: Drieë: Warrick Gelant, Handré Pollard, Jesse Kriel. Doelskoppe: Pollard 2. Strafdoel: Pollard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nico ·

Moet Franco en Brendan regtig geblameer word? AC is die hoof afrigter en hy het nou al sedert sy WP dae gewys hy sal eerder onder gaan as om aan te pas of na raad te luister. Verlede naweek was ‘n fout om te wen, want die veld was modder bad wat toe sy patroon gepas het. Die enigste patroon wat hy kan afrig en dit het hom toe ‘n valse getuigskrif gegee. Ek het toe onmiddelik gesê kom ons kyk vandag as daar ‘n droeë veld is. En moenie die afwesigheid van huur soldate die skuld gee nie want ons het die spelers maar nie die leiskap onder die bestuur nie.

Jj ·

Die antw is eenvoudig: Moenie meer gaan rugby kyk of dit ondersteun nie. Geen toeskouers, geen inkomste. So maklik soos dit. Skraap die springbok embleem heeltemal want dis vir alle Suid Afrikaners ñ verleentheid.

Realis ·

Arme Allister. Die soveelste afrigter wat nie die pyp kon rook nie! Die patroon raak duidelik. GEEN afrigter gaan dit maak as hy gedwing word om volgens kwotas sy beste span te kies nie.

Erick Vogel ·

Ek gee Allister nog steeds die blaam, maar met die res van jou stelling stem ek saam.

corne ·

kwotas koes dan die regte kwotas ek stem saal hy moet verandwoodlik hehou word wonder wie het regtig die WP afgerig

Callie ·

Kom ons juig en klap hande vir Kobus Wiese, Aswin Willemse, Breyren Paulse en die grote Wynand Claasen. Julle was die groot opstekers om van Heyneke Meyer ontslae te raak en die redder van SA rugby AC aan te stel. Well done, nou is daar niks oor nie.

alwyn burger ·

Nick Mallet?. ñ Springbok homself en lewenslange student van die spel. Ongelukkig geseën met ñ sterk persoonlikheid

Rianto ·

Hy gaan defnitief nie bedank nie. So hy moet afgedank word.. asb tog hoe gouer hoe beter.

Skande! ·

Bwaa haha hahaaaa haaaaa…
Ja ai die ou werf bokke met n clueless afrigter lyk regtig om die minste te se clueless! Te minste is ou Ac weereens nogmaals nogsteeds trots op n verloor en hy reken ok sy powere posisie as afrigter om die werfbokke nog verder deur die modder te sleep is vasgemesel tot 2019 teminste! Sy Ac en Mark se vet salaris geborg deur poltieke inmenging en n klomp tandelose werfbok ondersteuners wat verleer het wat die trotse op meriete gekiesde Springbok eens was en nou tevrede is met n klomp gemors ! Jul betaal die hopelose lot se salarisse om aan te hou om hul te ondersteun!!! Regtig nee wat die hele lot moet skoert begin by Mark Alexander en vee skoon en kry manne daarin wat weet waaroor rugby gaan,die hele lot tans trek n helse salaris sonder prestasie ……dit is pateties belaglik!!! Tot dan lag ek vir jul werfbokke en jul sien nie n sent uit my uit nie!!!haha….

Gatvol ·

Stem saam. Kom ons hou op kla en doen iets konkreets. Boikot die toetse in SA totdat die beste spelers, afrigters en bestuur gekies word. Help nie om te sê jy is ‘n Bokondersteuner ongeag wat gebeur nie. Daar is talle ANC ondersteuners wat ook daardie redenasie huldig en kyk waar is ons nou…..

Justice ·

@Skande jy is 100% korrek – ons Bokke het geleer om goeie verloorders te word. Ek onthou nog hoe die yster van `n Ritchie McCaw met `n kop in sy keel en nat oe na `n wedstryd op televisie skaars kon praat wanneer die All Blacks verloor het. Dit is skerp in teenstryd met die positiewe, opbouende en motiverende toesprake wat deur die Bokke afgesteek word. Huidiglik verdien hulle nie eens `n boerbok op hul truie nie.

Skande! ·

Oe glo my ek doen iets konkreets en dit is geen ondersteuning aan dstv betalings waar die werfbokke speel nie! Geen niks tv betalings om te kyk hoe die clueless swak afgerigte, swak afrigter en swak sleutel posisie spelers wit en swart daar gesit deur clueless AC die hele lot so uit hul diepte op internasionale vlak soos hul swak afrigter en hulp afrigters! Dit sluit die uwe geagte Mnr grootmond Brendan Venter wat reken die ondersteuners wat die onbevoegde lot se salarise betaal het geen reg om te kla elke keer die werfbokke keer op keer hul naam en Suid Afrika se naam met n plank slaan nie met die patetiese onprofessionele en ongeorganiseerde rugby wat hul opdis en my met erge swooibrand los! Geen nuwe werfbok trui aankope van of enige produkte van geen aard om hul te ondersteun nie!Om die waarheid te praat ek loer net vinnig sondag op gratis maroela se web blad deesdae se kommentaar om my vermoede te bevestig dat hul die werfbokke weereens verloor het en sodat ek my lag vir die hele lot kan inkry!Nee wat!nie n sent of n sekonde kry die lot uit my nie!HAHA!

Gerrit ·

Sjoe…..net een paadjie vir AC en dit is langs Franco en Brendie vêr weg van ons Bokspan af. Die 2 redders wat springbok rugby moes kom red was toe net so n groot mislukking. Daar gaan nou absoluut NIKS meer in ons agterlyn aan nie en ons verdediging is swakker as ooit. Jul 3 manne moet maar gly. Al wat ons rugby sal red is om die wêreld te volg en dit is om n NZ afrigter aan te stel. Hul kennis van 15 man rugby het nou die res van die lande in die donker gelaat. Ons kan nie verder agter raak nie. Dankie vir Neil wat die 7 man kode verstaan en bewys dat ons nie kwotas die skuld moet gee nie. Kleur maak nie saak nie. Die durf en spoed waarmee die 7’s speel is iets om oor gaande te raak en om op trots te wees. Wanneer laas het jy vanaf n springbok toets kanaal verander en eerder na die 7s bokke gekyk en dan skoon vergeet om terug te skakel na die springbok toets wat nog besig was……wel ek dink dit het gister met meer as een bok ondersteuner gebeur. Dink ook nie Rassie gaan die antwoord wees nie. Hoop ook nie hy wil die toets vanaf die pawiljoen se dak af kyk nie want dan gaan hy nog vinniger af kom aarde toe as wat dit nodig is indien hy die ou werkie van springbok afrigter gaan vat…..en weer gaan verloor soos almal .

kobus ·

Stem saam “Die Uil”. 2 Sogenaamde rugby kenners wat eintlik niks weet nie. Grootste fout was om H Meyer te laat gaan

Koos1 ·

So bly ek het nie gekyk nie. Blykbaar so sleg dat DSTV nie eers die wedstryd op “Catchup” het vanoggend nie! Nee wat AC het geen integriteit nie. Moes al lankal bedank het, maar nee soos tipiese kader ontplooing klou hy soos poef aan ‘n wolkombers. Soos ek al in die verlede gesê het, beter afrigters se koppe het al gerol vir beter gemidelde as AC s’n. Weereens tipies van SA, dubbel standaarde!

Andre ·

Ek is nie n fan van AC nie maar moet nie die blaam alles op hom plaas nie,die boer bokke is in n gemak zone.Dit is al “werk” wat hulle doen en ken die spel al van kleins af.As ek nie my werk doen nie weet almal wat gaan gebeur,ek wonder wat gaan gebeur as hulle volgens prestasie vergoed word dan wil ek sien hoe sit hulle die weelderige lewe voort met R10 000 n maand

Sjo! ·

Jy weet ek kry nie eens 10 000 n maand na belasting uit nie en ek moet deksels hard werk daarvoor maar die hele vrot kop lot van bo af tot onder by die vrot vis se stert, die fat cats politieke korrekte Mark tot spelers en afrigter en hulp afrigters verdien nie hul helse salarise nie, hul verdien nie eens my salaris nie want hul werk nie so hard nie maar verwag dit moet maar net vir hul gegee word sommer verniet sonder prestasie! Nee wat hoekom sal ek nou so n klomp onderprestreerende narre ondersteun eks mos nie dom nie ek kan sien wat aangaan en dit wys in die werfbokke se spel???Daar is ok niks druk op die hele vrotkol nie net aanjaag en lekker vet skep die klomp ou vrot viskoppe!

Johannes van Staden ·

Dalk nou die perfekte tyd om die naam van die span te verander asb want byna alles is nou n groot verleentheid. Heeltyd moes ons hoor hoe daar uit foute geleer gaan word en hoe fondasies gelê word ….alles net praatjies week na week met geen punte op die bord .

Jaco ·

Moenie bekommerd wees: ” die prosse is in plek en ons kan baie positiewe uit die weds try haal…” soos toe balle steeds weggeskop word, Ross ure vat om skoon te maak en Jantjies op die !veld gedraf het. Kyk eerder Aviva premiership as jy lief is vir rugby…Dis goed vir jou siel en heerlik om die vrede op Akkies se gesig te sien! En doom dan saam met my die span voor hom dra groen en goed en nie rooi….Doom saam met my oor n volle agterlyn beweging! En n span met n plan!

corne ·

SA rugby en SA gaan binnekort gelyk op ranglus in hulle ligga le heel sterkste wanthulle hou al die ander spanne bo hulle regop.Ek dink AC dink hoe hoeer die punt op wereld lys is hoe beter doen Hy 1 uiter swak 20ste baie goed help tog die man reg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.