Springbokke druk drie keer vir Engelse klub

Pat Cilliers (Foto: West Bridgford Wires)

Pat Cilliers (Foto: West Bridgford Wires)

Twee Springbokke het Saterdag saam drie drieë vir hul klub in die Engelse Premierliga gedruk.

JP Pietersen (vleuel) het `n tweekuns behaal en Pat Cilliers (stut) `n drie gedruk in Leicester Tigers se triomf van 50-17 op Welford Road oor Bristol in die Engelse Premierliga.

Pietersen se eerste drie het gekom nadat hy `n dwarsskop gevang en oorgedraf het, en die tweede na `n skouspelagtige aangeebeweging wat Leicester net buite Bristol se kwartgebied van stapel laat loop het.

Cilliers se drie, vroeg in die wedstryd, het gevolg nadat hy uit die voorspelers weggebreek het en `n teenstander uit die pad geloop het om te druk.

Engelse Kampioenskap

 In die Engelse Kampioenskap het Simon Kerrod (vaskopstut) twee drieë vir Jersey teen London Scottish [waar] gedruk.
Jersey, wat deur Harvey Biljon, `n gewese Sharks-o.21-skrumskakel, afgerig word, het 37-33 gewen,

Kerrod het Vodacombekerrugby vir die Sharks, OP Kings en Grens gespeel, en die SA Barbarians in 2013 teen Saracens verteenwoordig.

Sy eerste drie het gevolg op `n indrukwekkende rolmaalbeweing van 40 meter deur Jersey. Toe dit gestuit word, het hy weggebreek en gaan druk. Die ander het gevolg op `n maalbeweging wat skipbreuk gely het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.