Springbokke druk drie keer vir Gary Gold

Francois Hougaard in die streeptrui van Worcester. (Foto: bbc.com)

Francois Hougaard in die streeptrui van Worcester. (Foto: bbc.com)

Twee Springbokke het Saterdag saam drie keer agter die doellyn gaan kuier in die Engelse klub Worcester se sege van 53-38 op Cardiff Arms Park oor die Walliese streekspan die Cardiff Blues.

Die senter Wynand Olivier is twee keer oor die doellyn en die skrumskakel Francois Hougaard een keer in die spanne se kragmeting in die reeks om die Anglo-Walliese beker.

Nóg `n Bok, die agsteman Dewald Potgieter, het die Engelse klub aangevoer.

Dit is Worcester, waar die gewese Sharks-rugbydirekteur, Gary Gold, deesdae die sweep klap, se eerste wegoorwinning die afgelope amperse jaar.

Gold het ná die wedstryd onder meer gesê hy is baie dankbaar dat die klub oor Hougaard beskik, en dat daar werk van Worcester se swak verdediging gemaak sal moet word.

Dit was Hougaard, wat in die Rugbykampioenskap Suid-Afrika op die vleuel verteenwoordig het, se eerste wedstryd vir Worcester sedert hy `n skouer in die Suiderreeks beseer het.

Die Engelse kub het onlangs laat blyk dat hy vergoeding van die SA Rugbyunie (Saru) verwag vir die verlies van Hougaard se diens weens die besering.

 In `n wedstryd Vrydag tussen die Engelse klubs Harlequins en Sale in die Anglo-Walliese reeks, is die Springbok-stut Brian Mujati met `n geel kaart koelkas toe gestuur.

Sale het 13-10 gewen.

 In die Franse Fédérale 1-reeks het Jannie Bornman (agsteman), `n gewese losvoorspeler van Griekwas, Saterdag `n drie vir Provence gedruk in sy sege van 20-13 oor Nevers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan Fourie ·

Ons spring bokke gaan nog geklop word deer ons spring bokke wat oorsee speel,wag dit kom nog die jaar.

Piet ·

Watter springbokke,affies se eerste span kan die kastige springbokke wen .Ek hoop hulle veander die naam want Springbokspan is hulle nie

Pietman ·

Julle manne moenie so negatief wees nie. Die denkpolisie gaan hierdie kommentare ook sluit.

LOSKOP ·

A C se dae is getel nadat die FRANSE hier kom toer het. A C se Blesbokke ( mens kan hulle ongelukkig nie meer Springbokke noem nie) sal nie een van die drie (3) toetse wen nie.Hy is nou maar eenmaal nie opgewasse vir die pos as afrigter nie. So ook nie een van sy sogenaamde hulp afrigters nie. Stel vir Rassie Erasmus en Brendan Venter aan en ons wen die Wereld beker in 2019.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.