Springbokke gee die Engelse weer bloedneus

Beast Mtawarira op sy mooi lopie in sy 100ste toetswedstryd,(Foto GB Jordaan)

Dis mos hoe jy veronderstel is om toetsrugby te speel.

Duit vir niks terug nie, draai nie die ander wang nie en kry ʼn wurggreep op jou teenstander wat jy nie laat los nie.

Dit was nog nie volmaak nie, maar die Springbokke het Saterdag in Bloemfontein die tweede toets teen Engeland met 23-12 gewen nadat hulle rustyd met 13-12 voor was.

Suid-Afrika het dus die reeks met 2-0 beklink met volgende Saterdag se toetswedstryd op Nuweland wat van akademiese belang sal wees.

Net soos in verlede Saterdag se eerste toets op Ellispark het Engeland weer ʼn ruim voorsprong opgehou nadat hulle twee drieë gedruk het om na 14 minute met 12-0 voor te loop.

Daar was ‘n hele paar opstootjies in die tweede toets, met die Engelase kaptein Farrell telkens midde-in die geruk-en-plukkery. Hier knou hy en twee spanmaats vir Faf de Klerk af met Damian de Allende wat probeer keer. (Foto: GB Jordaan)

Maar net soos op Ellispark kon die Engelse nie aan die voorsprong vasklou nie. Hulle het dieselfde foute begaan, is in die vaste fasette geknou en hul wedstrydplan het weer nie die nodige vrugte opgelewer nie.

Die grootste uitblinker aan Springbokkant was Duanne Vermeulen. Hy was skitterend op dreef, het die Engelse besig gehou en met sy fisieke inklimspel die toerspan nie na Umhlanga nie, maar na Londen en Leicester laat verlang.

Dan het Franco Mostert al hoe beter gevaar namate die wedstryd gevorder het; Bongi Mbonambi het een van sy beste toetswedstryde gespeel en die impakvoorry van Steven Kisthoff, Akker van der Merwe en Thomas du Toit het die Engelse moedeloos gehad. Eintlik moet die hele pak ʼn klop op die skouers kry, al agt van hulle en die hele bank.

RG Snyman, Duane Vermeulen en Beast Mtawarira aan die spits van ‘n Springbok-dryfbeweging. (Foto: GB Jordaan)

Agterlangs het Faf de Klerk die Engelse eindeloos gefrustreer. Hy het redelik baie geskop, soms baie doeltreffend en die vleuel Mike Brown, wat eintlik ʼn heelagter is, se leemtes ontbloot.

Handré Pollard was kalm en selfversekerd, Damian de Allende het soms te lank aan die bal vasgeklou, maar elke keer oor die voordeellyn gekom en Willie le Roux was altyd gevaarlik.

Wat is die toekomsvooruitsigte vir die twee afrigters?

Wel, Rassie Erasmus s’n lyk na slegs ʼn paar weke redelik veilig, maar vir Eddie Jones wag daar al hoe meer probleme.

Hy het heeltemal te lank aan die losskakel George Ford en die twee Vunipola-broers vasgeklou. Die agtsteman-broer, Billy, is net ʼn skaduwee van die speler wat hy kan wees en sy broer, Maku, is ʼn wandelende geelkaart.

Maar dit gaan nie oor die Engelse nie, dit gaan oor die Springbokke, oor Suid-Afrikaanse rugby wat weer stadig uit die as begin opstaan.

Maar onthou gerus dat Allister Coetzee die reeks teen die Franse verlede jaar met 3-0 gewen en toe misgetas.

Ek glo darem nie Erasmus sal in dieselfde strik trap nie.

Puntemakers ‒

Springbokke (13) 23: Drieë:  Duane Vermeulen, strafdrie (7 punte). Doelskop: Handré Pollard (1). Strafdoele: Pollard (3).
Engeland: (12) 12: Drieë: Mike Brown, Johnny May. Doelskop: Owen Farrell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Lerato ·

Henk
Damian de Allende het skitterend gespeel.
Hy het telkens die bal op die afskop gevat en goed daarmee gevorder.
Miskien moet jy bietjie aan jou spelling werk.

Regtig? ·

Ek hoop werklik nie my stelling en spelling laat my in die steek nie, maar ek stem 100% saam met jou Henk. Damian het al die gewig aan sy kant, waarom dan stampkar rugby speel wanneer jou teenstander self nie lig in die broek is nie. Hardloop beter lyne en ontbloot die gapings, maar laat wiel die bal sodra die teenstanders ingetrek is. Die bal stop by die binne-senter en ons sit met al die gevaar op die vleuels, maar hul kry nie genoeg bal nie.

Anoniem ·

Rassie dankie en onthou dit is net Jesus wat in beheer is en ons help ! Baie geluk met Julle Reeks oorwinning ! Trots op Julle ?

Wesley ·

O ja vergeet om te se…. Weer terug na 3de op die ranglys. Laat ons nou net aanhou klim. Ierland staan nou in ons pad tot tweede. Ek sal nog nie glo ons kan NZ jaag vir eerste nie? Maar is n begin

Capexit ·

SA steeds kwesbaar op vleuels. Jammer, maar hulle is te lig en naïef vir Aus en NZ. De Allende het een van sy beter wedstryde in ‘n groen trui gehad, maar steeds nie my keuse op senter nie.
Pollard boesem vertroue in op 10 wat Jantjes nooit kon doen nie.
Wilco kan maar weer sy plek loop inneem ongeag of hy moeg is of nie.

Lukie Carelsen ·

Bietjie minder transformasie en meer van
FAFformarsie. Speel die manne op vorm – ongeag of hul gare wit of swart is nie, Speeel die BESTE OP VORM SPELERS!

Ons tranformante vaar power
op vleues, veral as verdedergers – die Engele buit daardie swak pute uit. On senters is ook pateties. As Rassie wil volhou met sy wen partoon, dal hy stadigaan ontslae noet raak van sekere tranformante. Hy hy goed en slim begin – hy moet nou net die die knoop deurhaak. Bring Esterhuizen en Jessie Kriel terug en ons sal ‘n reuse verbetering sien.

Tevrede ·

Lukie, ons kannie meer so dink en argumenteer nie, dit gaan niemand nerens bring nie. Daar is sekere realiteite wat ons sal moet leer aanvaar met betrekking tot transformasie, of ons daarvan hou of nie. As jy aanhou argumenteer soos nou gaan jy nooit tevrede wees nie. Ek is heel tevrede met gister se spel, en veral met ons transformante, soos jy hulle noem. Hulle het hulself oortref en briljant gespeel. Ek stem saam dat verdediging moet verbeter, maar dis immers iets waaraan ons kan werk. Die spelers se ingesteldheid en mentaliteit is reg, die manne wil speel en jy kan sien hulle wil wen. Dis wat ons nodig het. Baie beter as om spelers wat op vorm is, maar verkeerde ingesteldheid te kies. Well done Rassie en AL die spelers!!!!!

Transformeer jou stelling ·

Hoewel ek met jou saam stem oor die swakpunte wat ontbloot word, glo ek nie dis weens “transformante” nie. Hul het vir my uitgestaan op verdediging en aanval, waar hul wel die kol gemis het is om in stede van buite bly en sy teenoorstaande nommer te teiken, hul die fout maak om paniek te laat oorneem en in die binneveld te haas om die senters te gaan verdedig wat ons telke maal oop los op die vleuel. Transformante? Nee wat, onervare, jong tog belowende spelers. Rassie se verdedigings-afrigter moes hierdie swakpunt al verlede week opgemerk en aangespreek het.

Wayne ·

Ek dink nie dis weens transformasie dat ons verdedigingslyne nie korrek is nie. Onervaring op die vleuels, moontlik die hoof oorsaak. Hulle breek binne toe in stede daarvan om direkte teenoorstaande nommer dop te hou. Ek hou van die sogenaamde “transformante” se spel, ek hou nie van die feit dat ons verdediginsafrigter nog nie dié onervare manne leiding gegee en dié probleem aangespreek het nie.

Wesley ·

Rerig Lukie? Power? Oor transformasie? Daar sal maar altyd die wees wat enige verskoning sal opmaak om transformasie op te bring. Daar is werklik geen transformante in die span nie. Die vleuels wat ons het is die beste in die land. Wie sal hul nu waarlik kan oorhaal? Noem name wat jy graag wil sien bo hul speel. Esterhuizen sal ek mee saamstem maar nie oor transformasie nie. Hy sal beter vaar met Am want hul was die form middeveld kombinasie vir die Sharks. Dit gaan oor form vir Rassie en soos hy se, dis maklik om te “transformeer” want die spelers wat per toeval die regering sal gelukkig hou is die form spelers. Form is defnitief eerste geplaas en die “transformasie” is maar per toeval.

Gerhard ·

Die probleem met “transformasie” wat eintlik moet lees rasformasie is dat dit natuurlik nie kan gebeur sonder om teen iemand te diskrimineer nie. Dit is in wese dieselfde as om grond te hervorm sonder vergoeding, dit is net makliker om daarmee weg te kom.

Lukie Carelsen ·

Die twee woorde: “MERIETE” en “TRANSFORMASIE” kan nie met mekaar versoen word nie. Of jy het die een of die ander.

Ek gee nie ‘n duit om watter ras/kleur/geur ‘n speler is solank hy goed genoeg is om op MERIETE en VORM die span te haal nie.

Ongelukkig is daar kwotas en vereistes waaraan Rassie moet voldoen om die span te “transformeer”- of hy kry die trekpas! (Hy het dit self gese).

Rassie is dus onder geweldige druk om sy span te “transformeer”.

Die Springbokspan wat die Rose gister gewen het, het inderdaad goeie spelers “van kleur” ingesluit wat op meriete gekies is: Beast, Kolisi ens – MAAR daar was verseker spelers wat om transformasie-redes ingesluit is – net om die “base” tevrede te hou.

Gelukkig het Rassie sy sleutelspelers op meriete gekies: Duan Vermeulen, Faf de Klerk, Pollard, Beast, Kolisi, Willie le Roux , die slotte, flanke ens. MAAR wat v.d. res?

Ek sal nie my mond hou terwyl transformasie, regstellende aksie en rasgedrewe keuses in ons kele afgedwing word nie!

Dis omdat ons ons handjies vou en stilbly dat die politici en hul trawante wegkom met hierdie sotlike rassistiese vereistes. (Kyk wat het met Derick Hougaard, Naas Botha en Nick Mallet gebeur).

Kyk ook asb na vandag se Rapport beoordelings van elke speler en besluit self of die spelers almal op meriete gekies is.

Niklaas ·

Min mense het hierdie 2 toets wen uitslae verwag. Dit was puik. Al wat pla is die feit dat ons vleuels swak verdedig. Die Engelse driee is deurgans gedruk verby ons vleuels.Teen die All Blacks en Aus sal dit fataal wees.

Wesley ·

Ek stem ons sal moet werk aan die vedediging wyd maar sal dit nie plaas op die vleuels alleenlik nie. Jy kan sien in altwee engeland se driee was dit n fatale agterlyn fout deur binne toe te druk pleks van wyd sprei. Die senters moet man aan man bly pleks van druk verdediging in daai aanvallingslyn van die opposisie.

Willem ·

Henk ek stem saam, ja hy het dalk die balle gevat by die afkop maar dis al. Hy het 1 keer die bal betyds laat loop die ander kere wou hy oor die Engelse hardloop wat nie werk as jy dit nie volspoed doen nie. Hy kan nie systap nie of het vergeet hoe.

Pietsepan ·

Iets wat my pla oor die Springbokke is hul swak ondersteuning. Kyk hoe word spelers wat deurbreek geïsoleer. Rassie, werk asseblief hieraan.

rollie ·

De Allende is ons beste senter, rotsvas. Kom oor die voordeellyn en vat die afskopballe, goud werd vir die span. Am is te stadig vir ‘n buite senter. De Allende en Kriel om te begin. So goed as wat ons vleuels op die aanval is, so swak is hulle op verdediging (veral die regtervleuel sal daaraan moet werk).

rollie ·

Ek bedoel die linkervleuel maar altwee is skuldig. Die groot verskil tussen hierdie span en verlede jaar se span is Vermeulen. Mbonambi speel bo verwagtig uitstekend, dis ‘n aangename verrassing.

Wesley ·

Stem saam rollie. DDA was vir my n verrasssing ook op aanval. Ek glo net Am sal te vore tree met Esterhuizen as n gekende middeveld paring. En Mbonambi het sover niks verkeerd gedoen in n groen trui nie en was yster. Marx sal weer sy beste bring wanneer hy terug is maar ons haker spense us weer volop en ons hoef nie meer oorsee te vis vir hul as almal in SA fiks is nie. Britz en Bissie is goeie mentore wanneer jongelinge moet instaan vir beseerdes soos wat Rassie beplan het.

Pietsepan ·

Iets wat my pla van die Springbokke is hoe die spelers wat die lyn breek geïsoleer word. Die ondersteuning is net nie daar nie.

Juan ·

Hierdie Engelse se voorspelers is baie swak afgerig en Jones is verantwoordelik daarvoor – Jones het man alleen die diepte van Engelse rugby vernietig met sy hardkoppigheid – 15 spelers is op Eddie Jones oefenkampe beseer!

alwyn burger ·

Dit lyk tog of daar ñ liggie brand voor in die donker tonnel ?

Juan ·

Sien dat baie vd Quota ondersteuners lieries raak oor hulle getransformeerde/bee span – Hierdie Engelse span het 5de gekom in 6 nasies, hulle het tot teen Barbarians span verloor en teen n span wat 7de op wereldranglys is (vir die oningeligtes, dit is die Quotas), in perspektief gesien en met voorrye en slot tipe spelers wat kanale 1 links en regs van afbreek punte aanval tot vervelens toe sien ek niks wat verander het rondom Rassie se dae by WP/Stormers nie, maar sterkte en geniet die kortstondige vreugde!

rollie ·

Dit is so maar die Barbarians wedstryd kan jy maar uitlos, hul toetsspan het nie daar gespeel nie. Hulle het ook vanjaar slegs 2 wedstryde tuis gespeel in die 6 Nasies waarvan hulle net teen Ierland verloor het (hulle het Wallis geklop). Ons weet dat alle spanne (uitgesonderd NZ) maar normaalweg sukkel weg van die huis af.

Wesley ·

As jy nie die “Quotas” ondersteun nie, waarom is jy hier Juan?

DR ·

Moet net byvoeg die engelse was ook maar nie op hul beste nie,, die skeidsreter was ons gellukig Baie goed gesind.

rollie ·

Weddenskappe of hierdie span meer wedstryde gaan verloor as verlede jaar se span. Verlede jaar is 4 wedstryde verloor tans, 1 na 3.

Lerato ·

Alistair Marais het meer wit spelers in sy span gehad as wat Rassie in sy span het.
Maar Alistair se span het wedstryd na wedstryd verloor.
Wat kan ‘n mens hieruit aflei?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.