Springbokke: Is dit die eerste tree vorentoe of nog ene terug?

Daar is net een manier om die wiel weer in die guns van die Springbokrugbyspan te laat draai wanneer hulle Saterdag op Ellispark in die eerste van drie toetse teen Engeland te staan kom.

Wen, en die wiel rol voort.

Verloor, en die wiel rol agteruit.

As Rassie Erasmus daarin kan slaag om die Springbokke tot ʼn oorwinning in die eerste toets af te rig, sal die doemprofete ʼn rukkie stilgehou word.

Maar ek is bevrees as die Bokke verloor nadat hulle verlede week in Washington teen ʼn uitgedunde Walliese span met 20-22 verslaan is, gaan dit nóg langer neem om die plaaslike ondersteuners se guns te wen.

Kom ons begin voor, by ervaring en spankeuse: Die Engelse span spog met ʼn totaal van 513 toetse (308 agterlangs en 205 voor). Die Bokke het saam in nog net 320 toetse gespeel (107 agterlangs en 213 voor). Onthou ook dat Beast Mtawarira in 98 van daardie toetse gespeel het.

Erasmus het drie nuwelinge gekies en net twee spelers van die Lions in sy groep van 23. Is dit nie vreemd nie, veral omdat die Lions die afgelope drie seisoene die manteldraers van Suid-Afrikaanse rugby was?

Is dít nie waar Allister Coetzee die kluts begin kwytraak het nie?

Die Engelse afrigter, Eddie Jones, het vyf voorspelers van Saracens, wat twee weke gelede die eindstryd van die Engelse Premierliga teen die Exeter Chiefs gespeel en gewen het, in sy opdrafspan.

Die Engelse het ʼn hele paar oefenkampe gehou, ʼn opwarmwedstryd teen die Barbarians gespeel en is reeds ʼn week lank in Suid-Afrika. En die Bokke?

Wat van kombinasies en samespel?

Erasmus het twee nuwelingvleuels gekies, Aphiwe Dyantyi en S’bu Nkosi. Albei is baie opwindende spelers op die aanval, maar is hulle al op toetsvlak getoets?

Het Willie le Roux dit afgeleer om te skuins te hardloop?

Het die senterpaar van Damian de Allende en Lukhanyo Am al saamgespeel?

En die skakelpaar van Handré Pollard en Faf de Klerk?

Wat van die voorry van Mtawarira, Bongi Mbonambi en Trevor Nyakane? Wat van die twee slotte, RG Snyman en Franco Mostert?

Wat van die losvoorspelerkombinasie van Duane Vermeulen, Jean-Luc du Preez en Siya Kolisi?

En wat van Engeland se tweede posisie op die wêreldranglys teenoor die Springbokke se sewende? Dit het nie oornag gebeur nie, dit het twee jaar lank vir Engeland gevat om daar uit te kom. Ook so het dit die Springbokke twee seisoene gekos om verder agteruit te boer.

Maar rugby gaan oor meer as statistieke en rekenaars.

Ek glo steeds daar is trots en passie by die spelers. Ek glo steeds daar is genoeg talent. Ek glo steeds dat tuisveldvoordeel ʼn baie groot rol kan speel.

Maar hoeveel keer het die Bokke die ondersteuners nie al voorheen teleurgestel nie?

Kyk maar na die vaardighede van die SA spelers in die Superreeks. En kyk maar na die vaardighede van die Junior Springbokke.

Die spanne ‒
Suid-Afrika

15 Willie le Roux, 14 Sibusiso Nkosi, 13 Lukhanyo Am, 12 Damian de Allende, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Duane Vermeulen, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 RG Snyman, 3 Trevor Nyakane/Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 Beast Mtawarira. Bank: 16 Armand van der Merwe, 17 Steven Kitshoff, 18 Wilco Louw/Thomas du Toit, 19 Pieter-Steph du Toit, 20 Sikhumbuzo Notshe, 21 Ivan van Zyl, 22 Elton Jantjies, 23 Warrick Gelant.
Engeland
15 Elliot Daly, 14 Jonny May, 13 Henry Slade, 12 Owen Farrell (kaptein), 11 Mike Brown, 10 George Ford, 9 Ben Youngs, 8 Billy Vunipola, 7 Tom Curry, 6 Chris Robshaw, 5 Nick Isiekwe, 4 Maro Itoje, 3 Kyle Sinckler, 2 Jamie George, 1 Mako Vunipola. Bank: 16 Luke Cowan-Dickie, 17 Joe Marler, 18 Harry Williams, 19 Brad Shields, 20 Nathan Hughes, 21 Ben Spencer, 22 Piers Francis, 23 Denny Solomona.

Skeidsregter: Ben O’Keeffe (Nieu-Seeland).
Assistentskeidsregters: Romain Poite (Frankryk), Glen Jackson (NS).
TV-skeidsregter: Simon McDowell (Ierland).

Afskop: 17:05.

Verwagte: Mooiweer en koud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Wessel ·

Ons hou maar duim vas. Terloops die Engelse is derde op die ranglys.

bloues ·

Die hele voorry weet dat nie een van hulle die beste is nie.
Ons weet ook dat daar net een losvoorspeler op die veld gaan wees.
Am weet ook dat Esterhuisen ‘n bietjie beter as hyself is.
Willie is al hoeveel maal geweeg en te lig bevind.
Hou maar die vuur gereed, halftyd gaan niemand meer wil rugby kyk nie.
So dink ek en ek kan verkeerd wees.
Maar ek glo nie so nie

Veritas ·

Willem, waar gaan die Bontebokke die 22 punte kry? Onthou ‘n doel tel net sewe punte.

Pietman ·

Die beste span: sterkte aan die engelse!
1) S Kitshoff
2) A v d Merwe
3) T du Toit
4) F Mostert
5)PS DuToit
6)K Smith
7) JL Du Preez
8)D Vermeulen
9) J Vermaak
10)H Pollard
11)W Gallant
12)H Vorster
13) R Janse van Rensburg
14) R Combrink
15) J Kriel
16) I van Zyl
17)R Du Preez
18)B Mtwarira
19)D smith
20) B Mbonambi
21)RG Snyman

Pietman ·

Sal natuurlik nie die span vir Rassie gee nie . Sal wees soos om vir ‘n matriekseun ‘n Ferrari te gee. Daars eenvoudig te net veel krag en spoed, hy sal die span opneuk. Akkers is my afrigter.

rollie ·

Pietman, ek is bevrees Japan sal jou agterlyn deurmekaar hardloop. Vermaak, Pollard, Rohaan, Combrink is seersekerlik die stadigste spelers in hul onderskeie posisies in die land.

BLOM ·

Ek verstaan die strekking van jou woorde Veritas, en stem
heeltemal saam.

alwyn burger ·

Willie hardloop te skuins?. As ñ agterlynspeler so baie drieĕ druk en so baie drieë aanvoor kan hy maar agteruit ook hardloop!

Jerry ·

Die spelers wat van die bank af gaan speel sal die beslissende faktor wees by beide spanne. Die bokke behoort met die tuisveld voordeel die knoop deur te haak. Gelant gaan die wendrie druk.

Jean ·

Bontebokke gaan verloor sorry ou maat..Daar is nie genoeg ondervinding in die agterste driehoek nie..En heeltemal te min kombinasies..As die span die beste is wat Suid Afrika het sien ek swaar tye wat voorle….

Bul ·

Verdere stappe vorentoe na die finale verminking van die Springbok trots en beeld. Is dit regtig die beste span ? En is dit regtig die beste afrigter en kaptein ? Al die skade van kwotas en rekord slae die afgelope twee jaar gaan 5 jr vat om reg te kry. Binne 2 jr is SA nie meer in die top 10 nie. Al die ander spanne bou, SA kwota als en kyk die massiewe uittogte van spelers na oorsese spanne.

BB ·

Jammer om te se, maar ek waarlik swaarigheid more vir die Bokke, ons kan hulle maar noem die beesklokke. Ongelukkig is die span gans en al te lig in die broek. Eerlik waar was laas weet nie wat in Rassie se kop aangegaan het toe hy die span aanmekaar geslaan het nie. Hy het die regte groep gekies, maar die is die verkeerde span keuse.

willie ·

Nou praat jy, mag rugby die politieke SA span op sy baadjie gee! Hulle kies ook mos eers die politieke korrekte kaptein en dan die span! ta ta springbokke

LHS ·

More is die begin van die finale vernietiging van sogenaamde springbokrugby. Die finale oorgawe aan transformasie en naamsveranderinge. Dit is waarvoor Erasmus aangestel en betaal word.

Ruan ·

Ek sien baie mense moan. Selfs die man wat die brief geskryf het, nou ek het paar punte wat ek wil uitwys aan al die negetiewe mense.

1) Dis Rassie se eerste jaar
2) Almal het altyd gemoan en gesê daar is te veel ou bloed ons kort nuwe bloed. En nou? Nou dat Rassie nuwe bloed kry nou moan ons nogsteeds hulle is nie ervare nie. Wat wil julle nou eintlike hê?
3) Die jong span wat ons het dink ek kan vir ons volgende jaar die beker huis toe bring. Dis goeie spelers met ervaring in wat hul doen maar nie ondervinding nie (Moet op ‘n manier ondervinding bou en die is die beste geleentheid).
4) Maak nie saak of ons 26ste op die wereld lys is nie, Ons is besig om ‘n span te bou vir volgende jaar en die spelers moet van nou af begin saam speel om mekaar te leer ken.

Ek dink net ons kyk te vas in nou en wil nou wen maar dink nie daaraan om ‘n span te bou vir volgende jaar wat eintlik belangrik is nie.

“Just my 2 cents”

Vosperd ·

Ruan, hierdie span moet rugby speel hoor! Nie veerpyltjies nie. Hulle gaan vandag seer gesteek word deur die Rose.

Ruan ·

Geen probleem nie. Solank ons uit ons voute leer en reg kom vir volgende jaar. Almal kyk in die nou vas maar wat van volgende jaar? Wat van die jare daarop? Rome was nie in eendag gebou nie en ons sal wel weer regkom. Met tyd en regte leierskap. Volgens my is Rassie een van die bestes. Jammer maar my opinie.

rollie ·

Die beskikbare “op vorm” spelers is gekies. Hulle moan net hier omdat daar swart spelers in die span is (en veral omdat ons ‘n swart kaptein het). Van die spelers op die bank sou ek laat begin het maar oor die algemeen kan ons nie juis ‘n sterker span kies uit die beskikbare groep nie. Of die span sterk genoeg gaan wees, is ‘n ander storie. Ons het nie wereldsterre nie, ongeag wie hulle kies.

JAN ·

EK IS OP DIE OOMBLIK BESIG NA RUGBY TE KYK. POLAARD HOORT NIE IN DIE SPAN AL REEDS 9 PUNTE WEGGEGOOI .SPAN WERK HULLE GAT AF EN HY NEUK ALLES OP AS BOKKE VERLOOR IS HY VERANTWOORDELIK EK KAN NIE DINK DAT RADIO KOMENTATOR SE POLAARD DRUK SY STEMPEL AF

Jerry ·

Dalk is dit tyd dat julle begin luister wanneer mense wat rugby ken soos Rollie en Ruan hulle mening gee!

Buffel ·

Regtig…..3 punte wen op tuisveld teen ‘n Engelse span wat 60 min vas aan die slaap was….en 4 top spelers mis…..? Ken jy jou rugby ??? Meet teen wereldklas- as dit AB’s was was die punte verskil > 40…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.