Springbokke móét die Hane se vere pluk

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, se loopbaan kan Saterdagaand in Parys ʼn kruispad bereik.

Die toer kan op ʼn ramp afstuur as Frankryk die Springbokke óók klop nadat die Bokke verlede Saterdag met 12-11 deur Engeland verslaan is.

Erasmus se vertoningslys is nie eintlik iets om oor huis toe te skryf nie, hoewel daar vordering gemaak is. Onder Erasmus het die Springbokke vanjaar slegs vyf uit 11 toetswedstryde gewen, vir ʼn wenpersentasie van 45,45%.

Onthou gerus dat Allister Coetzee met ʼn wenpersentasie van 44% (11 oorwinnings, 12 nederlae en twee gelykop uitslae in 25 toetse) gepos is.

Op papier behoort die Springbokke te seëvier, want hulle het immers hul afgelope ses kragmetings sedert 2010 teen die Franse gewen.

Die Franse is slegs agtste op Wêreldrugby se ranglys, hulle het in Junie die reeks teen die All Blacks met 0-3 verloor en hulle kon net twee van hul vyf kragmetings in vanjaar se Sesnasies-reeks wen.

Van die 19 toetse wat sedert 1913 tussen die Hane en Springbokke in Frankryk gespeel is, was die Springbokke 13 keer aan die wenkant. Een toets, in 1961 in die Colombes-stadion, Parys, het met 0-0 gelykop geëindig.

Die Franse was net vyf keer aan die wenkant, wat ʼn baie swak vertoningslys is met ʼn wenpersentasie van slegs 26,31% tuis.

Gaan gesels egter maar met die gewese Springbokafrigter Jake White. Met hom aan die stuur kon die Bokke net een van vier toetse teen die Hane wen, ʼn wenpersentasie van slegs 25% en White se swakste vertoning teen al sy teenstanders.

Dis hoekom Erasmus moet raakvat wanneer hy die span kies.

Die span sal beslis sterker as teen Engeland wees, met Willie le Roux (heelagter), Faf de Klerk (skrumskakel) en Franco Mostert (slot) wat kan terugkeer. Hulle kon nie teen die Engelse speel nie, omdat hulle vir Engelse klubs speel en die kragmeting buite die amptelike toetsgleuf geval het.

Pieter-Steph du Toit kan dus terugskuif flank toe en Duane Vermeulen, wat nie op flank teen die Engelse oortuig het nie (dit was die eerste keer in 43 toetse dat hy flank gespeel het), moet in Warren Whiteley se plek agtsteman speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Vra maar net ·

So wat het Warren whitely gedoen om gepos te word volgens jou Pieter? Dink eerder siya kan bank toe gaan. Maar ons almal weet dit sal NIE gebeur nie.

Dienkie ·

Ek stem, hoekom moet Warren Whiteley gepos word. ? Indien daar nou een speler is wie eerder gepos moet word is dit Kolisi. Wat beteken Kolisi as kaptein.? Daar is ‘n baie beter speler as Kolisi wie gekies kan word.

Swartwolf ·

Stem saam. Kolisi speel power en praat niks op die veld nie. Teen Engelse was daar 2 strafskoppe in England se 25 in eerste helfte en albei kere skop hulle uit en smyt Marx die slotte mis. 6 punte daarmee heen. Toe bokke op 75 min in die Engelse 25 was waar is die skepskop ? Kolisi is nie skerp genoeg om kaptein te wees nie.

Kantlyn ·

Kolisi is myns insiens `n “kwota” kaptein. Die kaptein verlaat die sinkende skip ! As jou span agter is dan verlaat jy nie die veld nie. …Geen besering gehad nie. Dan moes hy nooit kaptein gewees het nie, nou is die span leierloos.

Smirre ·

Alhoewel Erasmus se rekord nie iets is om oor huis toe te skryf nie, is daar vordering gemaak?

Watse vordering? Waar is die vordering gemaak?

Stan ·

Wil net weet, hoe kan so groot toets teen England buite die “toets seisoen” val, kan die bepalings nie maar beter gedoen word nie, want dis mos jou sterkste span wat moet speel, nou moet 3 van ons betere spelers gaan speel vir hul klubs. Gaan my verstand te bowe!!

Vita ·

Stem as die Bokke die Hane wil wen moet Rassie vir die Kapt pos,praat nooit op die veld met span nie en hy is n swak ,maar Rassie sal deur die politiek aangeval word as hy hom pos

Schoemie ·

Stan, ons behoort nie afhanklik te wees van oorsese spelers nie, en eerder plaaslike spelers te gebruik – soos die All Blacks. En om eerlik te wees, die Engelse was baie meer verswak as die Bokke.

What a joke! ·

Behoort maklik te wen as hul nie weer oor hul eie voete val en balle rond gooi en mis gooi en skeef gooi soos n klomp rugby kleuterskool kindertjies nie.Ek meen dit is tog hul proffesie is dit nie? Dag in dag uit oefen hulle en hul word baie betaal!
Doen die basies eenvoudige dinge reg soos verwag word en stop die tierlantyntjies ek bedoel nou soos hoekom Marx nie op die maklikke normale eenvoudiger opsie gegooi het nie van hoeveel keuses van laaaaang slotte maar elke kere dom hoe risiko rugby gespeel het en goeie kanse weggesmyt het om n hengse punte voordeel op the bou maar nee! Hoeveel punte verloor met dom spel daar???
Hul is mos n”professionele” span en miskien sal hulle ok wen as daar sekere spelers wat nie hul kant bring nie soos nr 6 wat gedra word deur ander spelers in die span! Ek hoop OK daai oefening van hoe om n teenstander the duik tussen Rassie en Grant betaal AF maar voel hier kom baie rooi kaarte die Bokke se kant toe..net teenststanders van die Bokke mag so duik!Welgedaan daar Rassie jy het n goeie punt met humor gestel wat hoofbase van wereld rugby lekker knorrig het..maar nogmaals dankie Rassie dit was lekker!

Rugby Gatvol ·

Pieter, Van wanneer is jy nou n spesialis keurder? Wonder maar net of jy ooit die spel self gespeel het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.