Springbokke: Probleme en nogmaals probleme met die intrapslag

Bismarck du Plessis – word nie oorweeg nie. (Foto: YouTube)

Eddie Jones en John Mitchell is reeds lankal kaalkop, Allister Coetzee het binne twee jaar grys geword, Robbie Fleck kan nie een grys haar meer bykry nie en ʼn mens wonder hoe lank dit Rassie Erasmus sal neem voordat hy soos ʼn oud-Springbokslot sy hare en baard swart sal kleur.

Erasmus het Saterdag in Washington met sy intreetoets as Springbokafrigter teen Wallis die eerste wind van voor gekry toe die Bokke verslaan is. Op Maandag se mediakonferensie het Erasmus na van die positiewe aspekte verwys, waarvan daar nie veel was nie, veral nadat daar vroeër in die middag bevestig is dat Wallis nou ook bó die Springbokke op die wêreldranglys geskuif het.

Wanneer laas was die Bokke sewende? Was Engeland, Ierland, Wallis en Skotland al ooit saam voor die Bokke?

Eina!

Erasmus was skaars terug in Suid-Afrika voordat van sy planne vir die eerste toets teen Engeland ook nie op die tafel beland het nie.

Dit was voor die handliggend dat hy vir Bismarck du Plessis teen Engeland as haker in die plek van die beseerde Malcolm Marx wou inspan. Só ook wou hy Frans Steyn as sentermaat saam met die onervare Lukhanyo Am ingespan het.

Du Plessis pas soos ʼn handskoen in Erasmus se patroon: hard, fisiek en genadeloos, maar na alle waarskynlikheid voos gespeel by Montpellier, wat Saterdag in die eindstryd van die Franse Top14-reeks deur Castres geskok is.

Die probleem is dat Du Plessis eers Dinsdag in Suid-Afrika aankom en Steyn, om die een of ander rede, hom eers Woensdag by die Springbokspan aansluit.

Heeltemal tereg sê Erasmus dat dit onregverdig teenoor die ander spelers sou wees om hulle te oorweeg. Wees maar verseker, hulle sal beslis in die tweede toets op die Engelse losgelaat word.

Erasmus het geen ander keuse nie as om Bongi Mbonambi, wat ná sy gebarste blindederm-operasie nog net een wedstryd vir die Westelike Provinsie in die SuperSportreeks en een Superrugbywedstryd vir die Stormers gespeel het, in die beginspan te kies.

Die twee ander hakers in die groep van 43, Chiliboy Ralepelle en Akker van der Merwe, was Saterdag in die verloorspan teen Wallis.

Die Springbokspan vir Saterdag se toets op Ellispark sal weer, soos teen Wallis, ʼn gebrek aan ervare kombinasies hê.

Die agterste driehoek van Willie le Roux (heelagter) en die twee waarskynlike vleuels, Sibusiso Nkosi en Aphiwe Dyantyi, het nog nie saam gespeel nie. Só ook die senterpaar van Damian de Allende en Lukhanyo Am en ook ewe min die skakelpaar van Handré Pollard en Faf de Klerk.

Die losvoorspelerkombinasie van Duane Vermeulen (agtsteman) en Siya Kilosi en Jean-Luc du Preez is ook vreemd vir mekaar. 

Só kan die moontlike Bokspan lyk ‒
15 Willie le Roux, 14 Sibusiso Nkosi, 13 Lukhanyo Am, 12 Damian de Allende, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Duane Vermeulen, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Pieter-Steph du Toit/RG Snyman, 4 Franco Mostert, 3 Frans Malherbe, 2 Bongi Mbonambi, 1 Beast Mtawarira.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Hendrik Grobler ·

Die moontlike Springbokspan is die swakste wat ek in my lewe gesien het! As ek Rassie is gee ek nie my “day job” op nie.

Hans ·

Rassie sterkte ou maat – glo my ek weet jy doen jou bes MAAR ek skree vir england!!! Ek kan nie vir n kwota span skree nie – hoe verwag hulle jy moet ons n force maak in wereld rugby as jy volgens kwotas moet kies… sorry ek support england… hoe meer ons verloor hoe beter. in plaas van miljoene in ontwikkeling te druk en mense op meriete te kies speler) wil hulle op die hoogste vlak dit op almal afdwing… Go england

Arie ·

Hulle kan elke jaar die afrigter vervang, dit sal egter niks help voordat die anc nie die kwota storie ontrek nie, wat niks anders as ‘n rassistiese instelling is nie!!

Sept ·

Daar is net soweel wit spelers wat nie daar hoort nie. Om slegte afrigting elke keer op kwotas te blammeer is stupid.

@Septies ·

Net snaaks dat RSA rugby erg agteruit gegaan het met die begin van kwota instellings ne!
Se my n bietjie wanner laas was Suid Afrika SEWENDE OP DIE WERELD RANGLYS???Miskien kan jy aan ons almal verduidelik wat jou teorie is?
Ek stem met een ding saam met jou die laaste paar jaar was die afrigters grootlik deels van die probleem ek meen kyk maar na ou snorre en dan ac KWOTA AFRIGTERS en oe ja ou Stick WAT MAAK HY NOU EINTLIK DAAR?,wat is sy kredensies nou eintlik?
Oe ja en dan is daar ou rassie wat sy liberale base moet bevredig soos n hand puppet om die kwotas te bereik wat vereis word….nee wat ek hoop daai kwota span kry n helse pakslae teen die Engelse en al die ander spanne daarna… kies op meriete wit,swart,pienk ,of geel ek gee nie om nie maar KWOTAS IS N BELEDIGING VIR SPORT EN UITERS RASSISTIES EN DISKRIMINEREND!

Eish ·

Dalk nou n gepaste tyd om die Springbok embleem te vervang voor hy self van die trui afklim.
Sit maar Cyril se buffels op.

Callie ·

Dalk kan twee van daardie spelers van kleur in n bokspan speel. Eintlik net een want die ander een is verby sy sell by date. Dan is daar kamtig nie kwotas nie. Nie gedink dag sal kom dat ek my verlekker in n bokspan wat gaan verloor nie

bolla ·

Mbonambi is useless, die ander swart spelers is egter daar op meriete (alhoewel ek nie so seker is van die vleuels nie, maar baie onervare)..

Paul ·

Bolla, erens ‘along the line’ was hy verseker ook ‘n kwotaspeler. Waarom nou terug na Bismarck en Frans, na al die jare, hulle was dan toe nie goed genoeg nie, of moes hulle plek maak vir die kwota manne, soos baie ander? Jig dan is daar hordes ander bokke oorsee wat in hul spesialis posisie sal instap. En was Jantjies nie die afgelope naweek ‘n kwota nie? Almal moet mos deel die koek wat in al kleiner stukkies gesny word.

Joe Hall ·

Politiekery vereis dat Bongo bo Akker verkies word.
Wat ‘n sirkus…

Spike ·

Rassie se hande is vasgeknoop deur kwotas. Bokke sal nooit weer ñ krag wees nie. Ek het belangstelling in sa rugby verloor. Go All Blacks

alwyn burger ·

Ek dink die Internasionale Rugbygemeenskap staan simpatiek teenoor ons rugbysituasie as jy sou luister na wat Steve Hansen , afrigter van die All Blacks te sê het : ” Ek weet hulle moet ñ kwota kies. Ek kies net die beste spelers….. dis hoe enige span gekies behoort te word.

Lol ·

Onthou : “die donkie is ‘n wonderlike ding”, hy skop op die veld en Rassie is ‘n held!

What a joke! ·

Gewis so dat jy nie van n donkie n perd kan maak nie maar die probleem kom in wanneer jy n donkie teen n perd inspan en verwag hy moet dieselfde werk kan verrig?
Hoe dan nou,te veel gevra! Ek dink so!

DR ·

Soos ek se,,,, All Black en Ierland my span. Mis name soos Gerald Bosch, Gerrie Germishuis, Paul Bayfell, DeWet Ras, Johan Oosthuisen, ens….

Pr ·

@dr, jy’s een van daai wat vinnig van spanne spring. Seker n Liverpool ou gewees en nou n Madrid ou. Seker n bul gewees in 07, toe n cheetah en nou n stormer. Kies 1 span. Soos ek se my span…all blacks, ierland, wallis, frankryk, australie en engeland.

What a joke! ·

Nee PR jy misverstaan! Enige ander span wat daai kwota span sal goed opdons is ok my span!

Diderick ·

Ek is jammer om te se di oor see se spellers hoort ni in di springbok span ni. en hoekom word di beste senter in suid afrika ni gespeel ni di leeus het di sterkste senter 110 kg en hy bewys hom elke keer as hy speel met n drie of 2 word wakker manne jul mis di beste manne hier by di huis. wat se grap gaan jul di engelse spellere mee speel.Skruk wakker afrigters

Erick ·

Ek weet nie hoekom Rassie so sukkel om ‘n span te kies nie. Daar is hordes anderskleurigers in SA om van te kies. Vergeet maar van al die wit spelers in die span! Hulle wil in elk geval nie meer rugby speel nie. Geen trots meer nie. Kies Malema as span bestuurder!

@eric ·

Jy is reg hul wil nie meer speel nie en die ander lot kan nie speel nie…..

Tappies Smit ·

Ek het alle belangstelling in SA rugby verloor sedert die kommunistiese ANC ‘kwotas’ ingestel het op spanne wat gekies moet word. As die beste spelers ongeag kleur nie gekies gaan word nie, gaan ons rugby al hoe verder agteruit. Met kwotas sal ons nie weer n krag kan wees in wereldrugby nie en daarom stel ek nie verder belang om na n kwota-span te kyk nie. Ek geniet eerder rugby deur na skole-rugby te kyk war geld nie betrokke is nie en verder geniet ek dit om na Ierland te kyk, want net die beste spelers word gekies. Rassie Erasmus is nie die wonderwerker wat almal dink hy is nie…politiek maak sy hande agter sy rug vas en ons spelers het ook nie meer trots nie..almal is oorbetaalde show-ponies. Sedert ek my DSTV pakket gekanselleer het oor politiek en kwotas in rugby, is my lewe n lied.

Cobus ·

Julle klomp ouens is darem maar negatief. Wat se julle van die blitsbokke wat ook n klomp gekleurde spelers het. Kom ons skree maar vir die Bokke soos altyd. Dis sleg genoeg om met al die negatiewes nog ook teen jou eie ondersteuners te speel. Wys ons julle kan Rassie en bokke

Dries ·

Neeee wat ek dink die springbokke se tyd is verby. Alles loop verkeerd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.