Springbokke sal Argentyne beslis nie onderskat

Eben Etzebeth rank hoog in ’n lynstaan. Die Springbokke speel Saterdag teen Argentinië in Salta. Foto: GB Jordaan.

Die komende twee toetse teen Argentinië sal Suid-Afrika meer geleenthede gee om vir die Wêreldbekerrugbytoernooi in Japan voor te berei, het die Bokke se hulpafrigter, Matt Proudfoot, uit Argentinië gesê.

Die Springbokke het oor die naweek in Argentinië geland nadat hulle die afgelope week in Auckland vir die toets in Salta voorberei het. Die twee spanne sal dan weer ’n week later op Loftus Versfeld kragte meet.

Rassie Erasmus se span het ’n voorsprong van een punt bo die All Blacks in die Rugbykampioenskap ná goeie vertonings teen die Wallabies en die Kiwi’s in die vorige twee toetse.

Proudfoot het gesê dat die Suid-Afrikaners nie die Argentyne sal onderskat nie.

“Ons verstaan die uitdagings wat ’n wedstryd in Salta bied – ons het immers al een wedstryd daar verloor en een gewen. Ons is bewus van die feit dat nog ’n groot uitdaging Saterdag op ons wag,” het Proudfoot gesê.

“Ons sal ’n paar dapper keuses hierdie week maak – net soos wat ons teen Australië en Nieu-Seeland oor die afgelope drie weke gemaak het – terwyl ons vir die baie belangrike Poemas-wedstryd voorberei.”

’n Sege weg van die huis sal vir die Bokke nóg ’n lekker hupstoot op die vooraand van die Wêreldbeker gee.

“Ons sal die wedstryd graag wil wen, maar ons fokus is om op die momentum voort te bou wat ons teen die Wallabies en All Blacks gekry het.”

Hy het bygevoeg dat die span die twee Argentynse toetse sal gebruik om hul diepte en strategieë te toets voor die internasionale skouspel Septembermaand in Japan afskop.

  • Erasmus sal die span môremiddag aankondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Niklaas ·

Die Argentyne is een baie moeilike span om op hul tuisvelde te klop . So, ons moet daai span nooit daar onderskat nie. Op Loftus behoort ons egter te wen , of so hoop ek !

kolla ·

Sonder ‘n goeie leier soos Kolisi kan enigiets gebeur. Hopelik kan ouens soos Kolbe en Herschelle Jantjies ons weer red.

Polla ·

Stem saam Kolla. Reuse verskil op bv. skrumskakel sedert ons Ross en Ivan gepos het. Hulle moet nog net vir van Staden ook uit hul kop kry en Frans Malherbe sy einde gee. Hercshelle en Kolbe is spelbrekers en is ‘n moet- boonop is hul dodelik met verdediging as bonus!

kolla ·

Bokke kan nie bekostig om hierdie wedstryd te verloor nie. Dit sal ‘n geweldige terugslag wees vir die span wat klaarblyklik besig is om momentum op te bou.

Polla ·

Kolisa al flank wat die lyn breek maar meestal eindig dit in niks want die andet flank buffels staan kop onderste bo en wag om te storm kop eerste in die grond.

kolla ·

Polla, die ander flanke is te stadig om by spoedvraat Kolisi by te hou. Kwagga het ‘n bietjie spoed maar is ‘n muggie, word rondgegooi soos ‘n verwaarloosde lappop. Useless.

CFS ·

Kolla en Polla,ek weet regtig nie watter wedstryde julle gekyk het waar Kolisi so wonderlik gespeel het nie,laat weet asb dat ek dit ook kan sien.Miskien verander ek ook van mening,mens weet nooit.

Rinkhals ·

Kwagga het teen die AB’s die voordeel lyn meer gebreek in een wedstryd as kolisi die hele seisoen. En dan nog beter verdedig ook.

George in Bloem ·

Kolisi? Ag asseblief tog. Moenie my laat lag nie. Kwota de luxe.

Derick ·

Polla en Kolla kan dalk dieselfde persoon wees. LOL
Ek ruik so n bietjie rassisme by hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.