Springbokke se liggie skyn in ʼn donker tonnel

Alles is nie verlore nie en daar is gewis hoop.

Die Springbokke se wenpersentasie tot dusver in vanjaar se 11 toetse is ʼn sukkelende 45,5%; hulle is slegs vyfde op Wêreldrugby se ranglys; en die Bokke het teen Wallis, Engeland (twee keer), Argentinië, Australië en Nieu-Seeland verloor.

Tóg is daar voortuitgang, en genoeg bewyse om vertroue in die span te hê vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Ja, dit lyk asof Nieu-Seeland, wie se “tweede” span Japan Saterdagoggend in Tokio vir Japan met 69-31 afgeransel het en Ierland, wie se “tweede span” Italië met 54-7 in Chicago vermorsel het, ligjare vooruit is

Hulle beklee dan ook heeltemal tereg die voorste twee plekke op die wêreldranglys.

Wallis, wat Skotland met 21-10 in Cardiff geklop het, se selfvertroue groei daagliks en as Engeland se beseerde spelers van hul beserings kan herstel, kan hulle ook die halfeindronde van die WB-toernooi haal.

En die Bokke?

Hoewel hulle Saterdag op Twickenham met 12-11 deur Engeland geklop is, was dit ʼn wedstryd wat hulle nooit moes verloor het nie.

Hulle het die Engelse (veral in die eerste helfte) heeltemal oorheers. Hulle het aan die einde 59% van die besit gehad, 64% gebiedvoordeel geniet, maar steeds nie by die wenpaal uitgekom nie.

Hoekom nie? Omdat hulle nie die uitklophou kon plant nie, swak gehanteer het, vier lynstaaningooie verbrou het, twee skoppe pale (een doel- en een strafskop) skeef getrek het, en een skrum in die tweede helfte laat meegee het wat tot Engeland se wenpunte gelei het.

Dan was daar ook ʼn eenogige skeidsregter wat nie kon raaksien hoe die Engelse losskakel, Owen Farrell, die Bokke se plaasvervanger-senter André Esterhuizen met die skouer disnis geloop het nie.

Angus Gardiner moes ʼn stafskop aan die Bokke toegeken het, wat aan hulle ʼn oorwinning kon besorg het.

Maar as is verbrande hout, die Bokke moes die Engelse vroeg gebêre het.

Dis onverklaarbaar dat Malcolm Marx in die eerste helfte drie keer die bal oor die springers se koppe gegooi het. Het dit te doene gehad omdat hy die bal elke keer agterlangs na Duane Vermeulen gegooi het?

Onthou gerus dat Pieter-Steph du Toit Saterdag slot gespeel (in die meeste van die ander toetswedstryde was hy flank wat agterlangs lynstaanbesit verseker het).

Ook, wie het die lynstaanroepe gedoen?

Onthou gerus dat dit vanjaar Franco Mostert se taak was, maar dat hy, net soos Willie le Roux en Faf de Klerk, weens Engelse klubverpligtinge nie kon speel nie.

Dan is daar ook vrae oor Siya Kolisi se leierseienskappe, oor die afrigter, Rassie Erasmus, wat te veel veranderings in die laaste tien minute aanbring.

Maar is daar hoop?

Beslis.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Hendrik UAE ·

Swak kapteinskap.Drie punte sou tereg die wen meegebring het.Waarom skop ons nie pale toe as die geleentheid daar is nie?Maar nee ons neuk aan met probeer driee druk.Jy sit met 3 skoppers op die veld en gee nie instruksie om te probeer vir n skepskop wat die wedstryd sal wen n paar minute voor die einde nie?Of neem die kaptein nie daardie besluite nie?

Apie ·

Hoe lank gaan Kolisi nog daar wees. Hy daag net op tot sover as die kleedkamer. Sy wedstrydstatistieke is verdoemende. Hy is nêrens op die veld nie. Wedstryd na wedstryd. Oorskat en deur politici en sekere media verhef tot ‘n posisie wat hy nie verdien op meriete nie.

rollie ·

Die interessantste ding vir my hierdie jaar is hoe meeste mense Rassie se uiters swak rekord net goedmoeds aanvaar. Ek’s jammer maar 5 uit 11 is nie ‘n verbetering nie, inteendeel dis uiters pateties.

Jean ·

As spelers nie die mees basiese dinge kan baasraak nie bv. om n bal te vang, dan kan jy nooit die afrigter bevraagteken nie.

Piet Pille ·

Weereens stamkar rugby, veral deur de Allende, vleuels moes met krummels tevrede wees en die rondgeskarel in die agterlyn het die Engelse uitgebyt.

Kantlyn ·

Hoekom gaan die kaptein vd veld af? Geen verskoning vir die verloor nie. Marx beter plan sien met die lynstaan ingooie. Geelkaart vir die blinde ref….Ongebruikte geleenthede deur die Bokke. Rond nie af nie. Te veel strafskoppe afgestaan.

All Black ·

Niemand kry jou jammer nie my vriend. Los die ref uit. Dis swak sportmangees en is in dieselfde klas as mense wat Boe –Dit hoort nie in sport nie.

Anoniem ·

Die skeidsregter was vaak – hy kan maar tjaila van Toetsrugby af Dank Hom af – ‘shame on him’

Nico ·

Pieter in die volgende 100 jaar gaan SA nie weer ‘n ware krag in wêreld rugby wees nie. Redes is:
Die laaste 3 afrigters programeer spelers hoe om op veld te speel al ontken hulle dit. So is al wat die skrumskakel MOET doen sy hak in die grond slaan sy toontjies in die lug op wys en die bal gerieflik weer in opposisie se hande skop met genoeg ruimte vir teenaanvalle. Die nr 12 saam met Vermeulen moet net kop sak en hulle disnis en voos vashardloop teen openente wat op niks uitloop nie en verder word volhard met oorslaan aangeë wat op niks uitloop nie. Kort aangeë kan vinniger meer spasie skep.
SA dink 3 punte vir ‘n strafskop is minderwaardig en skop dan kantlyn toe na ‘n strafskop omdat hulle onder ‘n wanindruk is dat hulle onaantasbaar met hul agtal is en verloor byna klokslag die bal omdat hulle onbevoeg us in balhantering. Daar was waarskynlik minstens 2 sulke gevalle waar 3 punte weggegooi is.
Kwotas waarmee volgehou word. Was Andries gister saam met Combrink en Akkers op die veld was dit dalk ‘n ander storie. Combrink sou na alle waarskynlikheid die skop wat Pollard net-net gemis het oorgeskop het.
Dus kan enige iemand vir Ackerman blameer dat hy sy heil oorsee gaan soek het en dan die denkende spelers saam met hom gevat het? Hy is immers ‘n afrigter wat spelers toelaat om die situasie op die veld te speel en nie spelers programeer nie.

boetaB ·

Nico. Ek stem saam. Lyk my al ons skrumskakels wil graag Captain Morgan wees.

rollie ·

5 uit 11 is onaanvaarbaar. Dis ‘n sterk Bok-span en daar’s geen rede hoekom hul flop nie. Rassie is nie opgewasse nie. Raak ontslae van hom en bring in iemand soos Mallett wat die talent kan benut met resultate.

Manie ·

Ek dink nie Rassie het n idee wat is afrigting. Aan die ander kant maak politiek en kwotas dit baie moeilik. Ek dink net sy wedstryd plan was pateties

John ·

Mnr Erasmus het op meer as een geleentheid sy onvoorwaardelike steun vir die kwota stelsel uit gespreek – mnr Erasmus het n afrigtings posisie waarin hy die beste moontlike spelers kon kies vrywillig en begeesterd gelos en 100%, “boots and all” die politiek van SA rugby om hels – in my opinie as iemand jou wys wie hy is dan MOET jy hom glo! Ek glo mnr Erasmus is n politieke aanstelling om die traditionele Springbok ondersteuner terug te lok na die betaalkanaal se propaganda toe!

Christo ·

Vervang eerstens die Kaptein,hyt geen plan in sy kop ,tot dan toe sal hul bly verloor ha ha

Buffel ·

Stem. Leierskap op die veld afwesig. Great bok spanne het altyd ‘n great kaptein. Dink aan Pienaar en Smith vir ‘n begin. Hulle was leiers op of van die veld af. Huidige kaptein raak weg in die spel. En daar gaan niks strategies in kop aan nie.

marco polo ·

Ek stem. Hy hoort nie eens in die span nie, wat nog te se van kaptein wees.

Hennie ·

As die spelers op die bank daar is omdat hulle goed genoeg is. Hoekom is die haker en die skrumskakel nie vervang nie. As Elton goed is hoekom het hy nie vroeer opgekom nie , hy kon dalk die skop wat gemis is oorgeskop het.Die verskil Saterdag is die afrigters die wenspan het pale toe geskop en ons nie.Gelukig is daai strafskop nie toegeken nie ,want as hy was en dit was mis het ons geen verskoning gehad nie.

Zirk ·

Vir baie lank word daar gesê, “Daar is hoop. Alles nog nie verlore.” En intussen sak ons al verder af op ranglys en raak die persentasie toetse wat ons wen al minder. Maar ons word gevra om moed te hou want Rassie en span werk met ‘n na die wêreldbeker toe. Is daai plan om die underdog te probeer bly en druk op NZ en Ierland te plaas? Sien die belaglike redenasie waarmee ek opkom want die punt is, ek dink nie die bokke het self ‘n plan nie en alle redes en verskonings is belaglik. As jy nie nou al kan bewys jy is ‘n krag om mee rekenskap te hou nie dink ek is dit vanselfsprekend dat jy planloos is en ‘n langtermyn verskoning uitdink om lig van veel ernstige probleme te weerhou. Kanse is goed NZ of Ierland gaan die Wêreldbeker wen. Hoekom? Hhulle wys konstant die hongerte. Plus hierdie spanne se ondersteuners baklei net so hard saam want hulle’t soveel om op trots te wees. Die bokke verloor aanhoudend en ons word gevra om aanhoudend te bly ondersteun. Dit is so goed soos Steinhoff wat sy aandeelhouers vra om te ignoreer wat gebeur het, hulle geld in die aandele te los, geloof te behou en saam te baklei want ons werk met ‘n plan. Net om volgende week weer teleurgestel te word. Maar kom ons give them benefit of the doubt; wat as hulle dan nie die Wêreldbeker volgende jaar wen nie?

Ollie ·

Die laaste 5 min het ongetwyfeld beter rugby opgelewer as die 75 min van die wedstryd. Waarom is Papier en Jantjies nie na eerste helfte opgebring nie.

Bul ·

Praat jy van die Skotland vs Wallis wedstryd ? Want in die Bokke vs England wedstryd het wat jy hier se definetief nie gebeur nie. Papier was wel, papier dun, en Jantjies het maar die tyd uitgewag. Eerste 50 min het die Bokke als oorheers behalwe die telbord. Laaste halfuur het Engelse als oorheers en toe die vet tannie sing die telbord ook. So papier dun en tatoe het absoluut geen impak gemaak nie.

Vita ·

Kolisi baie swak Kapt en swak gespeel nod elke game,hoekom nie Kwagga of Marcell coetzee kies nie,Daar is Lionsl Cronje wat in japan speel wat goed doen,die 9 het baie geskop maat die kom van Rassie af,hoekom sal hy dit doen en niemand se vir hom om dit nie te doen nie,Kolisi moes gesien het dit werk nie,Bokke kort senters die 2 werk nie

rollie ·

Rassie het nie ‘n clue met die spelpatroon nie. Hy het ook nie ‘n clue wanneer om plaasvervangers op te stuur nie. Van Zyl en Marx moes veel vroeer in die wedstryd vervang gewees het. Ons weet natuurlik ook van Rassie se mistasting met die plaasvervangers in die laaste toets teen NS en in vroeer wedstryde. Clueless afrigter, hy kos ons toetse, jaag hom weg!!!!

thelsa ·

Ons sal begin wen as ons :
* ophou om voorspelers in die agterlynte laat staan. Van wanneer af ontvang ‘n slot ‘n bal vanaf die losskakel? Dit beteken die voorspeler doen nie sy werk waar dit hoort nie.
* van De Allende ontlsaan raak. Sy balspeelvermoë is gelykstaande aan die vermoë van ‘n boerbok om op klippe te klim.
* die skrumskakel net kan leer hy is ‘n ‘skakel’
* dinkrugby begin speel en nie op ‘n voorafbepaalde wedstrydplan op die veld gaan nie. Die opponente lees ons al soos ‘n draaiboek : die Bokke gaan by hulle patroon bly al doen die opponente watookal.
* die spelers die vermoë laat ontwikkel om ‘n wedstryd te lees en dan vryheid gee om ‘situasioneel op te tree.

Hierdie siektes kom van laerskool vlak af waar Meneer Afrigter jou leer omsekere goed te doen en jy mag net dit doen anders word jy gedrop uit die span uit. So gaan hierdie siekte saam na Hoërskool en Klubvlak. Provinsiale spanne is net so erg op ‘n wedstrydplan. Ons beskik nie oor die vermoë om die spelers die geleentheid te gee om die spel te lees nie. Die laaste speler wat dit kon doen was NAAS BOTHA.

Frans C ·

Die wat almal wil wegjaag moet weer dink. Die Bokke speel volgens ‘n spelpatroon wat ingeoefen is. Dit is duidelik dat die plan was om by 5 meter lynstane ‘n lang ingooi te probeer met Vermuelen as teiken.

Dit het nie gewerk nie want te veel spelers hardloop rond in die lynstane,wat die ingooi werk nog verder bemoeilik.Die Bokke moes besef het dat Angus Gardner die lynstane
in ieder geval swak hanteer en altyd soos in die Super Rugby finaal toelaat dat teenstanders dryf voordat die springer se voete behoorlik op die grond is.

Die taktiek het die Lions se dryfmaal geneutraliseer en tot ‘n mate ook die Bokke.Die Kaptein moes toe die patroon verander het en ‘n skrum gekies het met 8 teen 7.Hou dus op om spelers te blameer, hul kies nie hulself of die spelpatroon nie.

Jammer om te sê maar Suid Afrikaanse afrigters is provinsiale spelpatrone verknog
en die enigste een wat nog iets kon rekry die afgelope tyd in Superrugby is nou besig om sy ou span stuksgewys op te koop.

Danie Vermeulen ·

Al gedink as Andre Esterhuizen n “Sokkertrick” getrek het en bly le het, dit meer gevaarliker sou lyk. Dalk sou dit die skeidsregter wakker gemaak het!!!!

rollie ·

Ek is seker hierdie Bok-span sal beter as nou vaar sonder enige afrigter. Die idees wat Rassie toevoeg tot die span “backfire spectaculary”. Hy moet teruggaan provinsiale rugby toe, duidelik te lig bevind op toetsvlak.

Danie Vermeulen ·

Daar is gerugte dat Marx na die Engeland game baie kwaad was en sy toksak in die bus rondgegooi het. Hy kon egter niks raak gooi nie en daar is geen skade nie ?

Bul ·

Na daai performance wonder ek of hy ‘n dop in ‘n drankglas kan raakgooi……

LOL ·

Kry Schalk Britz, die haker-mentor, nog volle betaling? Sy invloed is nerens te sien nie. Mbonambi en Marx het baie beter gespeel voor sy sogenaamde mentorskap. En buitendien hou hy Akker van der Merwe uit die toergroep uit. Hy het klaar sy geld gemaak in Europa en mors nou almal se tyd. Tensy hy en Rassie , Gupta en Zuma speel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.