Springbokke sonder van hul sterre teen Engeland

Die komende toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland op 3 November op Twickenham stuur af op ʼn groot gemors.

Aangesien die toetswedstryd buite Wêreldrugby se toetsgleuf val, sal Willie le Roux (London Wasps), Faf de Klerk (Sale Sharks), Vincent Koch (Saracens) en Francois Louw (Bath) nie vrygestel word nie, terwyl daar ook vraagtekens hang oor die beskikbaarheid van Franco Mostert (wat dalk op 1 November by Gloucester inval) en Cheslin Kolbe, wat vir Toulouse in Frankryk speel.

Dit beteken ook dat die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, nie vir Cobus Reinach (Northampton Saints) kan oorweeg om De Klerk vir die Engelse toetswedstryd te vervang nie.

Die kans is ook goed dat die Franse ʼn stokkie voor Jan Serfontein (Montpellier) se moontlike insluiting kan steek.

As die kragmeting binne Wêreldrugby se twee toetsgleuwe geval het (die laaste drie naweke in Junie en die laaste drie weke in November), sou die Engelse klubs volgens regulasie 9 van Wêreldrugby verplig gewees het om die spelers vry te stel.

Die Rugbykampioenskap, toere van die Britse en Ierse Leeus en die Sesnasies-reeks is ook hierby ingesluit en spelers moet vrygestel word.

Die werklikheid is dat daar geen klubrugby in Engeland op 3 November gespeel word nie en drie ander toetswedstryde ook op dié dag plaasvind: Dié tussen die Iere en Italië (in Chicago), Wallis en Skotland (in Cardiff) en Japan en die All Blacks (in Tokio).

Maar geen oorsese speler wat in Engeland klubrugby speel, sal vir dié kragmetings vrygestel word nie. As hy vrygestel word, wag daar ʼn yslike boete op die klub, soos wat in 2017 gebeur het toe Wallis vir Toby Foletau, wat vir Bath speel, teen die Bokke gekies het. Bath is toe met £60 000 (sowat R1,160 miljoen) beboet.

Maar wat dan van die Engelse span?

Mag die Engelse afrigter, Eddie Jones, sy beste spelers teen die Bokke gebruik of gaan die Engelse klubs ook voet neersit?

Dit kom mos al jare lank voor asof die stert die hond swaai.

Kom ons wees eerlik, Le Roux en De Klerk het baie waarde in die Rugbykampioenskap en in Junie teen Engeland toegevoeg. As hulle nie speel nie, sal dit die Springbokspan verswak.

Dit bring ʼn mens weer by die ou probleem uit om spelers wat oorsee speel, te kies.

Ook, dink maar mooi daaroor om toetswedstryde buite die toetsgleuf te reël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Poot ·

Die ou springbokkies maak hulle klaar reg vir n verloor met al die verskonings

Bokke bo ·

Nee wat ek dink dit sal goed gaan Siya Kolisi is in die vorm van sy lewe ,hy en sy vroutjie is darem n pragtige paartjie.

Poot ·

@Poot
Kry vir jou ‘n ander “alias”. Hierdie is die oorspronklike “Poot” en bok ondersteuner in murg en been.
Nag ou grote.

Henry ·

Twyfel baie sterk dat die AB’s en selfs die Wallabies sulke flou verskonings sal aanbied. Wonder of die aangewese skytsregters ook by voorbaat veroordeel gaan word.

Swartwolf ·

Ja nee geen twyfel die verskonings begin klaar. Die kwota squad sal natuurlik moet instaan vir die beste spelers nie beskikbaar so ons weet weer wat gebeur – laaste 15 min laas Saterdag op Loftus for 80 min. Hoop Eddie kan sy bestes speel.

Johan ·

Maar bokkie nou maar swart spring bokkies dans daar geen verskonings nie .verander trui en hal stem uit.

B-man ·

Ek’s bly ek is nie al een wat hieroor wonder nie. Sekerlik: R 1.16 m?

Lees ook die Shivambu-berig waar VBS-bank R 1,894 miljard verduister het…

All Black ·

Die bokke staan ‘n groot kans om verwoesting te saai. Die euro lande moet maar ligloop vir hulle.

Afrikaner ·

Verskonings en nogmaals verskonings. Volgense gaan die ou bokkies kla oor die vlugtyd wat hulle moegmaak. Ek die beste een van almal—Engeland speel buite die reels voor die ref en daar word niks gedoen nie. Klink dit bekend vir die flou bok ondersteuners wat so aanhoudend kla oor hulle verloor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.