Springbokke teen All Blacks: Baie vrae, maar genoeg antwoorde?

Nieu-Seeland se Ardie Savea en Suid-Afrika se Makazole Mapimpi (links) (21 September 2019) (Foto: AP Photo/Jae Hong)

Daar is nie ʼn baie groot verskil tussen die rugbyspanne van Suid-Afrika en Nieu-Seeland nie, maar tog sal die Springbokke ʼn bietjie meer moet doen om die All Blacks te troef.

Die All Blacks het Saterdag in Yokohama die Springbokke in dié spanne se openingswedstryd in Groep B van vanjaar se Wêreldbekertoernooi met 23-13 geklop nadat hulle rustyd reeds met 17-3 voor was. Dit was hard en genadeloos, want albei spanne het nie ʼn duim vir mekaar gewyk nie en mekaar voos geduik en by die losskrums uitgehaal.

Dit was weer ʼn geval van daardie klein dingetjies wat die groot verskil tussen die spanne was. Die Bokke het na hul sterkpunte gespeel, maar hulle was te voorspelbaar, wat half te verwagte is. Wanneer Cheslin Kolbe op loop gegaan het, was daar elke keer papelellekoors in die All Black-kamp. Maar hoekom hom net inspan om teenaanvalle te loods? Hoekom nie meer vir Willie le Roux in agterlynbewegings inspan nie? Of is dit oudmodiese taktiek?

Word Faf de Klerk se hoë skoppe nie oordoen nie? Probeer Damian de Allende nie veel oor die voordeellyn kom nie? Maak die Bokke nie te veel staat opskietverdediging en skeep dan ander afdelings van hul spel af nie?

Ja, dit was die taktiek toe die Bokke die Rugbykampioenskap gewen het en ja, dit was in die afgelope vier toetse die spelpatroon teen die All Blacks. Maar intussen het die All Blacks hul huiswerk gedoen.

Gaan kyk maar weer na die video. Die All Blacks het male sonder tal nie spelers by die afbreekpunte gehad wanneer die Bokke reeds besit gewen het nie. Dit het hulle in staat gestel om ʼn amperse onpriembare verdedigingslyn te vorm, met die agterste driehoek wat reg gestaan het vir die bombardement van hoë skoppe.

Moet vir geen oomblik dink dat die All Blacks nie ook baie geskop het nie. Aaron Smith en Richie Mo’unga het ook baie geskop, maar takties meer akkuraat.

Is die Bokke nou op moedverloor se vlakte? Beslis nie, want hulle sal na alle waarskynlikheid tweede in die groep eindig en tot die kwarteindronde deurdring.

Dan wag die Noordelike Halfrond se Ierland of Skotland en dan Engeland of Wallis (as hulle so ver vorder in die halfeind) … met die Al Blacks in ʼn moontlike eindstryd.

Hou maar net duim vas dat die beseringspook nie verder wil kom kuier nie.

*Punte: Nieu-Seeland 23 (17): Drieë: George Bridge, Scott Barrett. Doelskoppe: Richie Mo’unga (2). Strafdoele: Mo’únga (2), Beauden Barrett.

Suid-Afrika: 13 (3): Drie: Pieter-Steph du Toit. Doelskop: Handré Pollard. Strafdoel: Pollard. Skepdoel: Pollard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Chrisjan ·

Dit kry jy van ‘n 50-minute kaptein. Dit kan nie so aangaan nie…

Leon Strydom ·

Moet met jou saamstem. Kolisi nie fiks genoeg op daai vlak nie. Wanneer laas het hy n wedstryd klaar gemaak. Verder is Faf en le roux lankal by hulle sell-by datum verby.

Valerie ·

Ek was verstom toe ek sien Willie le Roux is in die span. Is ‘n mens nie veronderstel om uit een se foute te leer nie? Hy speel laerskool show-off rugby, en dit gaan die ander spanne ook nie lank neem om Kolbe te neutraliseer nie omdat hy voorspelbaar in sy onvoorspelbaarheid is, hoewel hy SA se beste was vandag. Dit het regtig gelyk asof die AB bloot die wedstryd beheer sonder om tricks uit te haal. Dit is mos ware klas.

Vintcent ·

Die ou is nêrens nie. Sy wedstrydstatistieke bewys dit telkemaal. Dit is ‘n chroniese probleem.

Stier ·

Kolisi kaptein eerste helfte bokke verloor 17-3. Duane kaptein tweede helfte bokke wen 10-6. Aardie Savea en Read speel volle 80 min, Duane en Pieter Steph ook. Kolisi speel 50 min en verdwyn al van 10 min af. Bokke het leierskap op die veld nodig nie simbole van die kwota sisteem nie.

Basjan ·

Stier, ek stem saam met jou. Jy is die enigste een wat nie bang is om die kwota-kaptein se aanstelling te kritiseer nie. Kyk maar mooi, indien die Bokke (moontlik) daarin sou slaag om die eindstryd te haal, gaan Kolisi “die beste kaptein ooit” wees. Die span bestaan egter uit 31 spelers en nie net 1 nie.

Hannetjie ·

Dis nie die enigste redes nie….Lyk vir my so…of Rassie was in ‘n beswyming oor waarom hy Faf nie betyds vervang het nie..of hy het bloot vergeet dat Herschelle in spanning wag om op die veld te gaan.So…dit kan een rede wees.Wakker word Rassie!!

Jacobus ·

Wil Rassie nie maar Faf de Klerk trug stuur S.A. toe nie of eerder Jantjies vir meer as 10 min speel dat daar n duidelike indruk gemaak kan word van wie in die no 9 moet speel

Valerie ·

SA sal nie naby die laaste 4 spanne in die kompetisie eindig nie; hulle is ‘n “novelty” span. Die ABs, met ‘n 70% sterkte span en Beauden op heelagter, was hopeloos te veel vir die media en novelty spannetjie van SA. Aan hul hele styl, kan ‘n mens die woord “class” in die ABs sien. In vergeleke met die ABs, sien en hoor ‘n mens net verskonings vanaf SA se kant…selfs voor hul ‘n wedtryd verloor het. Swak, onprofessionele novelties. Cringeworthy!

Jan P ·

Tsai wedstryd alhoewel nie die beste van altwee spanne nie. Ek dink du Toit moet terugskuif slot toe in Eben ss plek. Eben is nie meer die speaker wat hy was nie. Sit Duane op flank en Mosterd op agsteman. Hy kan daar speel. Faf moet sy ry kry en Frans Steyn en Jesse moet begin. Komaan Bokke dit het nou eers begin. Maak reg en maak ons trots. Ons staan nog bankvas agter julle!!!!

bollie ·

Kyk, mens kan nou sê die ou moet vervang word deur daai en so aan maar dit gaan nie die probleem oplos nie. Soos reeds voor die toernooi gesê, gaan ons nie die toernooi wen met hierdie wedstrydplan van up and unders en net verdediging nie. Spanne soos die AB’s bied te veel in die aanval om so ekstra besit aan hulle af te staan en hulle gaan deurkom maak nie saak hoe goed jou verdediging is nie. Boonop het ons nie die spelers (soos ‘n Fourie du Preez) om hierdie wedstrydplan tot perfeksie uit te voer nie. Dit slaan my dronk dat ‘n afrigter met so baie ervaring soos Rassie dit nie kan insien nie. Dis al wat ek gaan sê.

Valerie ·

Ek dink ej het al voor die wedstryd met jou saamgestem. In ou terme, SA is ‘n koerantspan. Lees maar net die eerste paragraaf van die artikel. Sug.

bollie ·

Genade maar hierdie Beauden Barrett is darem ‘n briljante speler. Dink net wat die Bokke met so ‘n speler op heelagter of losskakel kon maak.

Swartwolf ·

Aardie Saveya is ‘n briljante losvoorspeler dink net hoeveel beter die bokke sou gewees get met so 6.

Ai ·

Kyk jy moet weet as bolla min te se het oor sy hero kolisi dan som dit dinge mooi op!

Weggeskop ·

Geen plan , stereotiep, skop als weg, kan nie wen as jy net verdedig nie, maar net nog n span wat deelneem in Japan!

Dup du Plessis ·

Jip, Faf kan net so wel die bal oor die skrum vir die AB uitgee…….kan nie dink dat hy nie gestop is met patetiese skopwerk nie…..spook 10 minute om die bal te wen, dan weet ons nie wat om met die bal te doen nie…..dan skop ons dit maar in hulle hande in…dan spook ons weer om die bal te kry om dit weer in hulle hande in te skop…eishh

Andre Coetzee ·

Mooi gespeel All Blacks.Julle verdien die wen.SA wou al die begin van die week hulle wen verkondig en kon nie net stilbly nie.Waar is al die wonderlike meesterplanne nou ?? Onthou AB’ speel sonder Retellic en nie eers op hulle beste nie…en hulle wen die bokkies.Kry beter kaptein en meer struktuur in aanval.Los die geskop.Dit werk net teen swak spanne.

Wesley ·

Pasop vir dieselfde strik trap Andre, die ABs was ook nie op hul beste nie. Tot Engeland en Wallis kan so n spel klop van die ABs as hul so moggetroffe die bal rond gooi agter hul pak. As hul ook nie hul spel lig nie mag hul dalk nie eers die finaal sien nie.

Loun ·

Faf is nie net stadig nie, hy is voorspelbaar ook daarby….pos hom net want hy is nie op standaard nie…….
En Faf soek dalk n plek in die sokkerspan met sy geskop……

Kerneels ·

Vat jy die woorde so uit my mond uit! Hy’t ons die game gekos.

Wesley ·

Ons swakplekke het gekom van spelers wat gewys het vorige wedstryde. So almal verdien hul plek, ons het net nie gespeel tot ons sterkpunte nie. Kolbe moes sukkel bal kry en toe uit uiters niks hoeveel keer die ABs laat bont staan. Tyd Nkosi kom in vi Mapimpi, daai vinnige wydswaai balle van Pollard af na daai twee sal ons baie meer driee laat druk, solank ons nie vaal op verdediging nie. Mapimpi se verdediging was nog altyd n vraag teen die ABs. Nkosi dek sy kant altyd goed. Die skeidsregter het ook nie veel gehelp nie, Vermeulen was goed oor die bal n paar keer maar beboet vir sy domineering in die los. Savea is goed maar jy kan nie 2 en 3 keer kans kry om na die bal te gryp daar in die gemaal nie. Rassie was reg, te veel “respek” vir die ABs in baie omstandighede van Garces. En die lynregters was doodstil op die scrums van weerskante waar die skeidsregter nie kon sien nie, ABs glad nie dit gedomineer nie, alhoewel hul 2 skrum stragskoppe gekry het? Nee wat. Dit was uiters nie die rede vir ons verloor nie maar as jy mos so opdraande moet speel teen die ref sal jy nooit kan voordeel kry uit wat joune moet wees nie. Geluk aan die ABs, jul verdien dit, hopelik sien ons jul weer in die finaal…

Linda ·

Vandag was n slordige game tussen albei spanne. Die All Blacks het staat gemaak op die Springbokke se baie foute en sodoende die punte ingepalm ! Waarom die Bokke se Kaptein onttrek was in die middel van die game, weet ek nie.

Gatiep ·

Rassie en en daardie hulpafrigter was te gou om kommentaar te lewer oor die skeidsregter. Nog nie geleer dat jy kruip nie onder Hansen se vel in nie. My beskeie mening, het die AB die wedstryd reg bestuur en net wen rugby gespeel sonder om te veel van hulle planne vorentoe te te wys. Dit wys maar net die mentaliteit van ons ou volkie om voor die wedstryd kamtig met sielkunde te begin om die werklike vrees weg te steek. Dit is mos altyd iemand anders se skuld. Word asb groot en leer by professionele afrigters. .

Frans C ·

Sal nie die Bokke afskryf nie,maar die speelpatroon laat veel te wense oor.Besit waarvoor hard gewerk is word netso in All Blacks se keelgate afgeskop. Swak spelers in die span, de Klerk,Le Roux en jammer Kolisi wat wegraak wanneer die pap dik aangemaak word.

Sonder Duane Vermeulen se teenwoordigheid kon dit lelik geraak het.Die All Blacks het gewen omdat hul balvaardigheid en ondersteunende spel spel veel beter as die Bokke s’n was waar veral Le Roux met ‘n swak aangee na Kolbe ‘n seker drie opgemors het.

Die tyd het volgens my aangebreek om Herschel Jantjies in die beginspan in te sluit.
Jammer Bokke dit het jul skromelik aan afronding ontbreek en is kanse om die een
te beklink verbrou.alhoewel die skeidsregter se hantering van die wedstryd nie altyd bo verdenking was nie.

JohanL ·

Dankie FransC vir die raakvat opsomming. Stem saam met alles en gaan dit nie herhaal nie. 10 minute van chaos (18 – 28) kos ons die wedstryd, en selfs met ons bal-wegskop taktiek het ons vir die ander 70 minute goed gekompiteer. So ek dink nie als is verlore nie. Hou op bal wegskop, kies Jantjes op skrumskakel van begin af en ek dink dinge kan beter gaan. Ons tegniek onder opponente se hoe bal ook nie op standaard nie. As jy gaan “aanslaan”, sorg dat dit agtertoe is. Ek het ‘n snaakse gevoel ek speel tog eerder Ierland in kwarteind as Engeland in semi. Iewers sou ons in elk geval die sterker spanne moet speel as jy die WB wil wen.

Ruiter in Swart ·

Lank gelede was ek ook ‘n Bok ondersteuner. Genadiglik het ek, intussen, tot ander insigte gekom! Wel Gedaan AB’s!! Die Wêreldbeker is julle sin!!

Linda ·

Rassie sal baie dringend aandag aan die Springbokke se skrum gee. Die Bokke het n swak skrum.

Apools ·

Stem 100% saam. Rassie en stok moes hul monde gehou het oor die ref. Daar was beslissings wat verkeerd was. So dit die bokke se patetiese en rigtinglose spel verander het…nee.

Linda ·

Oor die algemeen het Rassie n goeie span bymekaar gesit. Mens kan nou nie help dat die vogtigheid in Japan vandag erg was. Rassie moet net bietjie werk aan ons skrum. Dan behoort die Springbokke n goeie seisoen te he. Die Japanners is mal oor die Bokke ! So ook oor die All Blacks, maar ek dink hulle ‘favourites’ was in die begin, die Bokke gewees.

MJ ·

Vervang asb net vir Pollard… Hy is nie op wereldklas standaard nie?

H ·

Die verloor was nodig nou is die bokke terug op die grond en nou kan hulle weer begin om te om speel . Faf moet af sy spel ver van standard af. Rassie sal vinnig moet leer as n speler n af dag het om hom vinnig te vervang. Ons kan wen Rassie moet net nie spelers op veld hou wat nie Kan nie.

Swartwolf ·

Presies wat die bokke NIE nodig gehad het nie. Gaan sukkel teen Italie en gaan uitval in kwarteind as hul dit maak tot daar.

Canine ·

Rassie . Wedstryd plan verkeerd. Jy skop nooit besit weg teen AB nie indien uiters noodsaaklik. Faf is briljant in los en vinnige spel met sy breekslae en verdediging. As jy wil skop rugby speel kies iemand anders. Ons vleuls is baie gevaarlik met bal in hand en spasie. Gee hulle beide. Leer de Allende om te systap en bal te “swing”. Senter moet lyn Kan breek en pass. Of kies iemand anders. Vra politici of jy nie nuwe kaptein Kan kies nie. Huidige kaptein is briljante speler Wie se spel versmoor word deur gedwonge kapteinskap. Moet nooit grootpraat of enige span onderskat nie. Darem nog kans om WB te wen. Staan voluit agter julle. Looi hulle.

F ·

Jy is reg. Kyk na wedstryde waar AB’s ore aangesit is in die verlede. Spelpatroon was met bal in hand “and in their face”.

sweis ·

Die all blacks kies hulle beste span die springbokke kies sodat Rassie goed lyk met die kwotas wat die regering wil hê, die springbokke/proteas is nie eers in dieselfde klas as die all blacks nie.

Linda ·

Onthou net, Rassie het van die beste Rugby Spelers in Suid-Afrika, Japan toe gebring, dus is daar nie n rede waarom die Bokke nie weer die wereld beker kan wen nie !!! Kom ons ondersteun hulle. Ons vlieg na volgende week terug wil die game tussen Bokke en Namibie sien. As die Bokke in die eindstryd speel dan sien Japan ons weer !!!

Pb ·

Mens begin seker iewers ne? Beste rekord van alle internasionale spanne teen die AB’s…hul reeds geklop en gekykop gespeel.

Pietsnot ·

Fat het uitstekend gespeel vir die Leeus en sy oorsese klub, totdat Rassie hom begin afrig het. Nou speel hy onder opdragte en is sy natuurlike flair daarmee heen.

Niklaas ·

Stem saam. Faf moet bevele volg. Dalks glad nie spel patroon waarvan hy hou nie

Klippies ·

Pollard is nog n voorbeeld. Sy natuurlike aanvallende spel is uit hom ge-coach.

Buffel ·

Frans Steyn op 15, Kolbe op 11, Sbu op 14, Pieter-Stef op 4 en Flow op 7. Word wakker Rassie!

Paul ·

Ja wat. So transformeer die ANC alles ten gronde. Baie bly die All Blacks het gewen. Ten minste is hulle nie getransformeer alla ANC styl nie.

Klippies ·

Deon Davids van die Southern Kings gaan seker die nuwe Bok-afrigter word. Hy het darem 8/40 wedstryde gewen.

Christo ·

Man…dit was beter in die baie ou dae toe ons as mensdom na Gladiators gekyk het. Die ou manne wat te stadig was en voorspelbaar was vir sy teenstaander is permanent uitgehaal!

MANIE ·

Die kaptein het nie n idee wat op die veld aangaan. Mpimpi kan nie verdedig en iemand moet heeltyd by hom gaan help. Rassie is n oppirtunis wat nie te veel weet van afrigting. Sy planne skakel goed in by ons regering se planne. Daar is geen plan . Net so baie hulp met personeel soos ons horde kabinetsministers maar niks gebeur

jakes ·

Die Bokke se verloor kan sonder aarseling toegeskryf word aan die uiters swak spel van Faf de Klerk en Willie Le Roux. Rassie se steriotipe benadering is uiters teleurstellend en met hierdie tipe spel sal die Bokke nie die kwarteidrondtes haal nie. Herchel Jantjies moes van meet af die nr 9 trui gedra het en Faf hoort nie indie 23 tal nie. Hy is hopeloos te stadig om die bal skoon te maak en Willie het lankal sy beste dae gesien. As Faf Rassie se eerste keuse is vir groot wedstryde kan hy maar net sowel my 80 jarige ouma kies want die uitslag sal dieselfde wees.

Siener ·

Nou kom ek agter dat die bok ondersteuners weet Rassie weet niks van rugby af nie. Mooi ge doen All Blacks.. julle bly my span en maak my trots

Herman Goosen ·

Baie geluk Nieu Seeland. Superieure taktiek en goeie kapteinskap is beter as die beste talent. Die All Blacks het die vorige wedstryd weggesmyt maar hul professionele uitvoering van tagtig minute het nog altyd die moderne BEE springbok era oorskadu

Micheal Harry ·

Faf en Willie was uiters swak,Kolbe was uitstekend.

Nico ·

Wel ek het gister nog op Maroela Media in antwoord op Pieter Kruger se berig gesê solank SA nie weet wat links, regs of agter van ‘n losskrum is nie en ook nie weet waar is voor of agter wanneer hulle ‘n bal uitgee nie of nie weet hoe om ‘n bal raak te vang nie moet hulle NIE die skeidsregter blameer nie. Ja daardie BEE hulp afrigter wat deur sy super afrigter ondersteun is met hul uitlatings oor die skeidsregter het die skeidsregter ook waarskynlik meer attend op Bokke se se kennis van die reels gemaak. Ek hoop almal wat gedink het Rassie is die mesias kan nou sien al wat hy kan doen is om goeie en natuurlike spelers se flair en onvoorspelbaarheid af te breek. Al ons afrigters programeer die spelers en dan kry iets soos Faf en Willie. Kolbe se onvoorspelbaarheid beteken niks as hy te suinig is om die bal uit te gee wanneer hy nie self kan deurgaan nie. Rassie is herhaaldelik deur kenbers gewaarsku oor Mapimpi se verdediging, sy skop taktiek De Elendig se insluiting ens. Daar is oor en oor in ons keelgat afgedruk en wat doen hy van sy eerste dag af as afrigter? Skop, skop, skop….. Verder sê ek weer solank daar ‘n De Elendeling, Flou Louw en Siya om net drie te noem in die span is skreeu ek vir die teenstanders. Ek hoop ook Italië laat hulle met rooi gesigte.

Peet vd Merwe ·

Faf skop die besit weg. Dis tog beter om aan te val as te verdedig. Willie ook nie op standaard. Komaan Rassie, neem die regte besluite.

Albi ·

Kolisi het nie keuse in wanneer hy afgehaal word nie. Hy is n goeie kaptein. Ek glo daar is n paar ervare spelers wat kan oorneem wanneer Rassie hom afhaal. Ek is op vir die “kwota” kaart. Nes ek op is wanneer ander mense kla dat Jantjies nie op 9 begin is nie. Laat hulle hul groove kry. Ons het vir die eerste keer in jare n goeie coach. Laat hom coach

Skande ·

Faf se afdag se voet ons moet aanvaar wit spelers kan ook kwotas wees punt stop!

Poot ·

2de gedagte. Kolisi sal ook net kan water aandra vir 50 min.

Gam ·

Die bokke se probleme gaan nie weggaan voordat Kolisi nie vervang word met ‘n regte rugby speler nie.

George in Bloem ·

Die ref het ‘n goeie game gemis. Hy was doodeenvoudig pateties verby. Die Bokke was glad nie so sleg soos wat baie wat hier kommentaar lewer wil uitmaak nie.Weereens soos met omtrent elke wereldbeker gaan die 50/50 beslissings nie na ons kant toe en en mens kan maar net wonder daaroor.Ek hoop ons sien mekaar weer later in die wereldbeker met ‘n onpartydige proffesionele skeidsregter wat weet wat hy doen. Ons lyk ook baie beter wanneer ons die bal dra teen die All Blacks as wanneer ons besit so doelloos wegskop. Ek hoop Rassie en kie kyk na dit. Kolbe was loshande my “man of the match”en hierdie jong man is propvol sprankel rugby .Sterkte vir die Bokke voorentoe!!

Gatiep ·

George in bloem,
Skeidsregters is ook maar mense soos ek en jy. Hulle maak foute nes ek en jy. Ek blameer die assistente wat die skeidsregter op die veld moet bystaan. My opinie is dat hulle slegs daar is om vlagman te speel.
O ja! jy word genomineer om die volgende wedstryd die fluitjie te hanteer. Dit tyd dat ons die probleem oplos deur goeie voorstelle aan die Skeidsregter Verenigings te stuur.
Wees liewer pro aktief om die probleem op te los as om braaivleis vuur kritiek te lewer, wat in elk geval niks beteken nie. Dit veroorsaak slegs dat ander ook op die trein wil klim met simpel kritiek

What a joke! ·

Ek stem met jou George..Hy die ref het goed begin maar al hoe meer uitgesak nes Kolisi en basies al die 50/50 besluite aan die All blacks toegestaan..N ref kan n game breek of verkoop..
Lynstaan duik die Blacks die bokke nog voor n rolmaal beweging kan vorm! Waar is die voorspelers hoekom dink hul nie bietjie nie,beskerm die baldraer!.Twee gulde geleenthede om te druk vermors!
Ablacks een te slim daar vir die Bokke en die bokke pas nie aan..Weereens grenslyn onwettig maar die Ablacks kom daarmee weg..
Faf oe wee faf..Skop en skop en onakuraat ook…Genade Faf loop eerder oor na die Ablacks en gee hul eerder net die bal..Moet se ek raak moeg vir die buksie se spel…Erg sooibrand gee die mannetjie my..Begin met Jantjies op 9!!!
Mapimpi..ja wel wat kan jy se was van tevore aan die slaap gevang op verdediging en weereens .Hy verdien nie sy plek nes Kolisi!!!!..Die Ablacks buit dit lekker uit..Maar te verwagte van kwotas.
Vervang Willie met Steyn en sit Willie in die C span..
Twee boringste senters in jare ..geen maar geen flair…Iemand anders wat hul hand opsteek daar asb?
Kolbe jy het die hart van n leeu!
Spel plan lol erg …verbeeldingloos soos min.!!!!Eenvoudig as jy skop skop en speel in hul gebied en sit druk op !
Kwota Kolisi ja wel al wat ek sal se is 50 min en sekerlik R50 000…En vir wat???Soos n vyfde pap wiel wat saam sleep..Kwagga op bench asb…Aia ja….genade..

George in Bloem ·

Gatiep,daai skeidsregter was pateties en een van die All Black driee was in elkgeval gedruk na ‘n voorentoe aangee waar die ref dit moes gesien het. En dit was een van ‘n hele paar kritieke flaters en mis kyke waar oortredings reg voor hom gebeur het maar waar hy niks gedoen het nie.Help nie jy verdedig hom nie.Hy was pleinweg net eenvoudig useless.En as hy oor enige iets twyfel,het hy twee grensregters en al die beste en nuutste beskikbare tegnologie tot sy beskikking maar gebruik dit nie? Waarom nie? Gaan terug en kyk gerus na die ref se rekord in Springbok wedstryde en dink bietjie terug aan een of twee wedstryde waar die Bokke blatant benadeel is in wereldbeker wedstryde in vorige wereldbekers.Waarom gaan jy so aan? Ek dink daar moet hierna gekyk word. Een span kan mos nie altyd op kritieke tye aan die kortste ent trek nie? Daar is baie toetse ook in die verlede waar ons ouens gelooi is vir dinge waarmee die ander span toegelaat word om weg te kom.Dis sommer nonsens man. Dit moet einde kry.Gaan kyk die wedstryd weer en jy sal self sien. Help nie jy val my persoonlik aan nie. Ek se maar net wat ek gesien het en ek was baie ver van enige braaivleisvuur af. En net so terloops as ‘n speler droogmaak verloor hy sy plek of mis wedstryde en verloor baie geld so ek dink dis hoog tyd dat die skeidsregters ook verantwoordelik gehou word vir hulle blabse.

Klippies ·

Sodra ons die minnows, Italy, Namibia en Canada geklop het, dan is ons weer world-beaters.

Anoniem ·

Die All Blacks kan bly wees en hulle gelukkig ag dat hulle die Bokke gewen het ! Daar was krake maar die Ses Nasie Spanne gaan daardie krake nog verder en groter maak ! Ry die golf terwyl Julle bo is ! Nie vir baie lank nie ! Sterkte Bokke, niks is finaal tot na die EINDSTRYD nie

Johan Pretorius ·

Daar is verseker n groot verskil tussen die rugbyspanne van Suid-Afrika en Nieu -Seeland.
Hulle spanne word op meriete gekies in teenstelling in Suid- Afrika. Vandag se wedstryd het duidelik gewys dat Kolisie nie daar hoort nie. Hy is eerstens nie goed genoeg om in die Sprinkgbokspan te wees nie en verder is hy n uiters swak kaptein. Die vraag kan gevra word was hy die afrigter se keuse of het die onbevoegde ANC regering die afrigter opdrag gegee om hom te kies of was dit SARU wat die opdrag gegee het. Die antwoord sal ons verseker nie kry nie.

Poot ·

@Johan
My mening ook. Ons 50min kaptein weet nie eers of hy die “toss” gewen het nie. Kieran Read moes hom en die skeidsregter reghelp. Wat ñ grap.

Gemaskerde Sopbeen ·

As Frans Steyn op heelagter was en Herschel Jantjies op skrumskakel….het SA die game gewen.

Joubert ·

Waarskynlik. En as Kolisi by die huis gebly het met Flouw of Kwagga in sy plek, en Duane as kaptein, het ons hom vér gewen.

Bert Johns ·

Kolisi is die kern van die probleem. Dit is net die nuwe generasie rugby”kenners” en skere mediagroepe wat dink hy is briljant. Wedstrydstatistiek vertel egter ‘n ander verhaal. Naas Frans Malherbe, is hy konstant die speler wat die minste doen op die veld. Kyk na hul stats die afgelope twee jaar!!

Swartwolf ·

Bert dis waar en dis ‘n verleentheid vir die bokke. En dis nie net 50 min speel teen half pas werkverrigting of die totaled afwesigheid van sigbaar leierskap nie. Dis die TV advertensies en niks seggende TV onderhoude ens wat die beeld totaal afbreek. Vergelyk met Pienaar, Smith, of ander kapteine wat status eerstens as leiers en spelers het, Kieran Read, Michael Hooper, Alun Wynn-Jones. Steek darem sleg af.

Willem ·

1. As Rassie skop rugby wil speel moet hy ‘n skrumskakel kry wat behoorlik kan skop. O, ja SA het nie so iets nie. Dit is heeltemal teen Faf se DNA om skoprugby te speel en jy kan sien hy word voorgesê.
2. Kolisi kan net sowel nie op due geld wees nie. Dis net so goed ons speel vir 50min met ‘n geelkaart.
3. Mapimpi is nikswerd as hy nie spasie het nie. Kolbe en Nkosi maak hulle eie spasie. Drop Mapimpi asb.
4. Kitshof is nie ‘n starter nie. Hy moet op die bank begin. Waarom neuk Rassie rond met iets waarmee ons al soveel welslae gehad het?
Willie en Pollard sal hulle spelpyl moet lig. Jy kan nie so skandelik misvang nie.

Nico ·

Rassie moet die skrukskakel net die skakel wees en die losskakel moet die wedstryd beheer.

Lekker lag ·

En daar gebeur presies wat ons gedink het met die narre in groen. En die hofnar weet nie van heads of tails van ‘n coin toss nie wat te se van rugby af. Wat ‘n grap.

Phil ·

Ons lyk soos skouperde op die veld met al die veskillende kleure rugby tokse en NZ lyk soos resies perde en EEN SPAN met hul swart tokse.

Manne ·

Phil,
Hulle het gehoor van die reenboognasie en pas dit toe!

Misousa ·

Kan net dit sê….
Hoe de hel sit jy met die beste speler in SA wat op die bench moet sit????
Frans Steyn word gemors!!!
Kitshoff….1
Marks…. 2
Nyakane..3…(Malherbe indien beseer)
Etsebeth….4
Mostert..5
Kwagga Smith…6
Pieter-Steph..7
Duayne…8 (C)
Jaco…9
Pollard…10
Willie….11
FRANS STEYN….12
Jessie….13
Nkosi, ….14
Colby….15
Bench:
Bongi….16
Beast….17
Malherbe…18(Koch indien Nyakane beseer).
RG …19
Frans Louw…20
Jantjies…21
Elton…..22
De Allende….23
Hoe dan Anders???
HOOP RASSIE LEES MAROELA!!!

Peter ·

Nee ek stem. Nie daar nie….kolbe op linker vleeul nkosi op regte vleeul frans binne senter kriel

Josua Keys ·

Daar is geen vout met Faf se spel nie alhoewel dit wat hy Saterdag gelewer het wel bygedra het tot die verloor en dit toegeskryf aan ‘n Kaptein wat nie weet hoe om die spel te lees nie en ‘ n afrigter wat nie ‘ n plan B in plek gehad het nie. Almal het op Rassie se opdragte gespeel en hy is ook skuldig aan die eentonige spel patroon en die verloor, wat ek bitter graag vir Rassie wil vra…… hoe goed het jy jou huiswerk gedoen??? Hoeveel keer het n up en under tot ‘n drie gely of die oposisie wat die bal moet ontvang werklik onder druk geplaas, vir elke 10 up en unders in die velede het amper minder as EEN n werklike doel gedien gaan, doen navorsing asb Rassie!!!! ons probleem in ons agter lyn is dat daar geen binne of buite senter is wat ‘n grabba kan skop of ‘n up en under nie, die All Blacks Is meesters daarmee en maak seker die opposisie word ontkant gevang en dit is die verskil hulle kan die spel lees, Rassie kan maar kwaad word maar dis waar Ackermann hom ver voor is met afrigting, Johan het altyd ‘n plan B,C en soms toegelaat dat die kaptein op die ook sy idees gebruik, Mapimpi hoort nie op die veld nie alewig uit posisie en kan glad nie die spel lees nie en as daar nie spasie vir hom geskep word nie beteken hy niks.

Linda ·

Gemaskerde Sopbeen hier, is die enigste een hier wat min of meer weet waarvan hy praat ! Ek stem saam met hom !!!!

Niklaas ·

Daar word nou so gemor oor die skoppies van Faf. Wat sal gesê word as Jantjes hom vervang met dieselfde opdragte…skop baie om druk van Pollard te verlig. Engeland,Frankryk en Ierland se skrumskakels skop dan net so baie.

Pieter ·

Daar is ‘n verskil tussen ‘n goedgeplaaste taktiese skop (kyk maar die AB’s) en Faf se doellose, in die keelgat af, skoppe.

Ne. ·

Faf skop dan die bal reg op in die lug en sy eie manne vang dit dan amper agter Faf! Twak man die ou het twak geskop keer op keer en wie volg op na die skoppe?

Izak ·

Ek is nou nie snaaks nie maar kom ons se nou maar die rev het geen strafskoppe vir die AB gegee nie dan het die ou bokkies steeds 14 – 13 verloor rev se skuld se gat.

What a joke. ·

Jy verstaan duidelik nie die dinamiesheid van die spel nie! N ref wat so swak besluite maak breek n span se momentum en gee die aan n ander span veral teen die All blacks wat net n kwart kans nodig het! Dit daar is dan die verskil tussen wen en verloor! Daar is tegnologie, en blind lyn skeidsregters en min rede vir soveel verkeerde besluite tensy die ref in iemand se sakkie is ne…Dink ok ref moet meer verantwoording doen en ge-analiseer word na elke wedstryd en so op n punte stelsel gesit word..So sal swak refs soos die net blaas wanneer die klein spanne speel en nie belangrikke groot wedstryde soos die nie..maar hul is “untouchable “…

Derick ·

Wou die week bietjie vakansie gaan hou in SA, maar kon geen oop plek kry nie a.g.v. Suid Afrikaners wat terug gekom het aarde toe. Voor die wedstryd het almal gese hoe hulle die AB gaan wen/verniel maar ai. Nou praat almal weer hulle 2 gaan in die finaal speel. Almal moet maar oppas vir n buiteperd: Engeland,Ierland en Wallis.

Kaptein Kolisi ·

En daar vervang die coach my toe ons net 7 punte agter is en ek net besig was om die manne tot hoër hoogtes aan te voer. Hierna val alles uitmekaar en ons leierlose span verloor met 10 punte. Ek is baie kwaad vir coach dat hy die span aan swak leierskap van spelers soos Vermeulen en Pollard blootgestel het nadat ek af is.

Swartwolf ·

En daar rangeer die all black voorspelers toe vir kwota bankie toe na 50 min. Was te hard daar voor, al wegraak met die coin toss! Ha ha.

Boxer ·

Dis maklik. Faf skop so baie ondat hulle nie vertroue in die twee senters het om oor die voordeel lyn te kan kom of ‘n gat te skep vir on vleuls nie. Die hoof probleem is verseker ons twee begin senters. Kolisi net daar vir die land se beeld.

Daniel ·

Sjoe, wat ‘n mengelmoes van kommentaar. Soveel kommentaar en nie een bevoeg om ‘n rugbyspn af te rig nie. Geen mooi woorde of positiewe ondersteuning nie en kon nie agtergekom dat die volgende name iewers genoem is nie. Baie geluk aan die stil, harde en goeie spelers wat altyd hulle bes probeer en alles gegee het. Haal my hoed af vir Franco Mostert, PieterSteph du Toit en Duanne Vermeulen – al drie spelers van die wedstryd.

Pieter ·

Ek kan maar net innerlik “smile” Toe ek verlede week sê ons het probleme op nrs. 9, 10, 12, 13 en 15 is ek omtrent gekruisig. Nou sing hulle ‘n ander deuntjie. Faf is eenvoudig pateties en Pollard kan nie die druk hanteer nie. Ellendig en Am is nie goed genoeg nie – miskien sal Am beter vaar saam met ‘n ander binnesenter. Le Roux is doodeenvoudig net nie goed genoeg nie – hy is useless onder die hoë bal en sy rondtrappery en links en regs sprongetjies is kenmerkend van iemand wat glad nie weet wat om te doen nie. Oor onse kaptein sal ek maar liewer swyg- netnou kry ek probleme.

Andre ·

As jy teen die All Blacks ‘n skop game speel verloor jy……… Klaar!!!! Maak nie saak wie jy in die span het nie. Die voorspelers werk hulle sat vir die bal en Faf skop dit weg.

Daan ·

Beskou hierdie asb as advies en nie kretiek nie. Rassie moet pasop dat hy nie dieselfde pad as Meyer gaan loop deur spelers te speel terwille van……. Die kies van n Springbok span het lankal naastenby so gewerk. Die Curriebekerwenspan se Kaptein is as Bok kaptein gekies Sien die 1995 span. Transvaal wen die beker en Francois Pienaar is kaptein en veertien Transvaal spelers in die groep. Waar eindig WP vanjaar. Alle spanne wat wen word deur n kaptein van voor en deur voorbeeld aan gevoer. Kyk na die drie wedstryde wat Duan Vermeulen kaptein was. Geen span sal n wedstryd wen met n kaptein in naam nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.