Springbokke teen die Hane: Pasop vir ʼn piesangskil

Daar is altyd iets spesiaals aan ʼn toetswedstryd tussen die Springbokke en die Franse Hane, soos Saterdagaand se kragmeting in die Stade Francais in Parys.

Waar anders begin ʼn wedstryd eers ná tien-uur in die aand, dis nou plaaslike tyd in Frankryk?

Waar anders draai die tuisskare teen hul eie span en moedig hulle die teenstanders aan as hul span die dag verloor?

Waar anders kry jy ook ʼn knop in die keel wanneer die Franse volkslied, “La Marseillaise”, gesing word en die trane rol oor die wange van die manne met die blomkoolore?

Waar anders is die Suid-Afrikaanse volkslied al deur ʼn reggaesanger soos Ras Dumisani gesing wat nie die woorde kon onthou of die wysie kon hou nie?

Die Franse se vertoningslys in wêreldrugby is nie iets om huis toe te skryf nie, tog is dit altyd ʼn kragmeting wat in die weegskaal is.

Wanneer hulle die dag kook, met selfvertroue speel en hul uitsonderlike talente reg inspan, is daar straks nie ʼn span wat kan byhou nie.

Maar wat van die dag as hulle met ʼn verkeerde voet uit die bed geklim het?

Hulle is maar agtste op Wêreldrugby se ranglys. Tog het die Hane reeds drie keer in die tien Wêreldbeker-eindstryde gespeel en is hulle twee keer in die halfeindronde en drie keer in die kwarteindronde uitgeskakel.

Die Hane het nog altyd van die mees begaafde spelers in wêreldrugby gehad. Dink maar aan Jo Maso, Philippe Sella, Roland Bertranne, Serge Blanco, Emile Ntamack, Thomas Castaignede, Benoit Dauga, Walter Spanghero, Olivier Roumat, Abdelatif Benazzi en Laurent Cabannes.

Die Bokke en die Hane het mekaar reeds 43 keer sedert 1913 aangedurf, waarvan Suid-Afrika 26 keer aan die wenkant was en die Hane net 11 kragmetings kon wen. Ses van die toetse was gelykop. Dis ʼn skrale wenpersentasie van 25,58 vir die Franse.

Selfs tuis kon die Hane die Bokke nog net 5 keer in 19 toetswedstryd klop (een wedstryd was gelykop) vir ʼn vrotsige wenpersentasie van 26,31.

Het die Hane Saterdag ʼn kans, want hulle het tog ʼn monsterpak wat genoeg besit kan verseker en gevaarlike agterspelers soos Mathieu Bastareaud, Camille Lopez en Teddy Thomas?

Dit sal ʼn skok wees, want die Bokke raak al hoe bestendiger, ondanks hul swak wenpersentasie van 45% onder Rassie Erasmus op papier.

Tog is daar onsekerheid.

Die spanne ‒

Frankryk
15 Maxime Médard, 14 Teddy Thomas, 13 Mathieu Bastareaud, 12 Geoffrey Doumayrou, 11 Damian Penaud, 10 Camille Lopez, 9 Baptiste Serin, 8 Louis Picamoles, 7 Arthur Iturria, 6 Wenceslas Lauret, 5 Yoann Maestri, 4 Sébastien Vahaamahina, 3 Cedate Gomes Sa, 2 Guilhem Guirado (kaptein), 1 Jefferson Poirot. Bank: 16 Camille Chat, 17 Dany Priso, 18 Rabah Slimani, 19 Paul Gabrillagues, 20 Mathieu Babillot, 21 Antoine Dupont, 22 Anthony Belleau, 23 Gaël Fickou.

Suid-Afrika
15 Willie le Roux, 14 Sibusiso Nkosi, 13 Jesse Kriel, 12 Damian de Allende, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handré Pollard, 9 Francois de Klerk, 8 Warren Whiteley, 7 Duane Vermeulen, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Pieter-Steph du Toit, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Thomas du Toit, 18 Vincent Koch, 19 RG Snyman, 20 Francois Louw, 21 Embrose Papier, 22 Elton Jantjies, 23 Cheslin Kolbe.

Afskop: 22:05.
Skeidsregter: Nigel Owens (Wallis).
Assistent-skeidsregters: Matthew Carley en Tom Foley (albei Engeland).
TV-skeidsregter: Rowan Kitt (Engeland).
Verwagte weer: Koel, dalk ligte reën.
Voorspelling: Suid-Afrika met 8 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Werner ·

Almal kla oor oor sekere spelers, maar as Marx weereens nie sy springers vind nie…., gaan dit nagdonker word in Parys

Judge Dredd ·

……..sodat hy die bal nog verder oor die slotte se koppe kan gooi? ……..

Frans C ·

Wat se gekerm is dit oor Marx.Daar is hopeloos te veel beweging in die lynstane soos spelers rondbeweeg om in posisie te tekom tussen die kantlyn en 15 meter lyn.

Hoe langer die ingooi,hoe groter die kans dat dit skeef is en in wind en reën is dit
moeilikheid soek.’n Haker reageer op die roep en kom die onkunde van die afrigtingspan
na vore wat toelaat dat sy springers soos katte op ‘n warm plaat heen en weer in die lynstane beweeg,veral as dit elke keer nuwe kombinasies is.

Kyk na die rugbystatistieke tov die 2018 Superrugby vir lynstane gewen. (Jy kry dit op Sanzar se webblad.) As jy dit doen sal jy sie dat Mostert bo aan die lys is met 87 lynstaan wenne Die man naaste aan hom is Rory Arnold met 62.

Dink julle nou regtig dat Mostert dit kon reggekry het as Marx werklik so swak is as
wat hy uitgemaak word?

Gatvol ·

Frans jy is heeltemal korrek. Die rond beweeg in die lynstane word oordryf. Tyd en n plek vir alles. Ek kry die indruk dat die spelers slegs doen wat die afrigter beplan. Niks daarmee verkeerd nie, maar die kaptein op die veld moet ook oorsig aan die dag wys. Die afrigter is buite die spel en nie op die veld nie. Daar is na my mening te veel van n gepratery en almal wil besluite neem. Ek is bekommerd oor die monkey see monkey do houding. Die kaptein behoort hierdie tipe van nonsens gou in die kiem te smoor. Spelers wat so baie kekkel op die veld se aandag is nie by die spel nie.

Swartwolf ·

Stem 100% saam. Vraag is of die kaptein die dissipline handhaaf asook deur die span gerespekteer word vir sy visie en leierseienskappe op en af van die veld af.

rollie ·

Jou aanslag teen Kolisi raak nou regtig afgesaag. Hy gaan nog vir jare kaptein wees (hopelik al is dit net om JOU te frustreer), ha ha.

Rinkhals ·

Daai monkey see monkey do is kommerwekkend. Kaptein is veronderstel om die voorbeeld te stel.

Swartwolf ·

@rollie: Aanslag ? Niemand kan ‘n aanslag he teen ‘n persoon in daai posisie nie behalwe dalk die pers. Ek stel net ‘n punt en of dit nou afgesaag is of nie ek sal dit maak en of jy nou nie waarvan hou nie maak ook nie saak nie. Baie ander stem saam met my. Of hy nou kaptein bly tot die herkoms gee ek nie om nie hy bly ‘n swak kaptein wat uiters sleg afsteek by ware kapteine wat die bokke al gehad het. So solank dis bokke daai kwaliteit speler en kaptein in daai posisie het saam met hulle kwota sisteem sal hulle aanhou om middelmatig te wees. Maak nie saak hoeveel nuwe kwotas hulle speel nie of hoeveel kapteins van kleur hulle aanstel nie. So in jou boek is ‘n middelmatige bok span beter met sy kwota kaptein en spelers as ‘n span wat op meriete met ‘n wereldklas speler as kaptein kompeteer vir nr 1. Waar het ons dit al voorheen gesien….o ja oral in die cANCer regering, munisipaliteite, kyk na SA sokker, en dan natuurlik die SOE’s waar middelmatigheid uitstyg bo vrotsleg. Jy blameer die afrigter – blameer kwotas en ‘n vrotsleg kaptein. Laas week teen die engelse – 6 punte geoffer, geen skepskop op 75 min? Waar is sy leierskap waar is sy verstand? Dalk kan jy antwoord.

Rinkhals ·

Daai monkey see monkey do is kommerwekkend. Kaptein is veronderstel om die voorbeeld te stel.

Lekker lag ·

Rollie: jou held Kolisi gaan net kaptein wees tot na die wereldbeker waar die bontebokke gaan uitval in die kwarteind. Dan sal hy erens in Europa of Japan vir ‘n paar seisoene gaan rondtrap en bietjie geld verdien. Geen blywende impak of “legacy” nie. Soos iemand voorheen gese het vergelyk die huidige bok kaptein met Pienaar, Smith, Teichman, Eales, Johnstone, McCaw, en natuurlik Reed. Sien jy enige ooreenkomste?

Uiltjie ·

Dis rerig iets besonders wanneer diè twee teen mekaar speel. Ek geniet dit veral wanneer die wedstryd oor die radio uitgesaai word – daai Franse name!

Swartwolf ·

Stem saam Uile jammer die game is so laat. Dalk moet ek maar die game opneem en ‘n uitjie gaan knip…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.