Springbokke (weer) beroof, maar neerlaag was hul eie skuld

Ivan van Zyl laat loop die bal in die toets teen Engeland.(Twitter@EnglandRugby)

Daar gaan nog baie lank gestry word en woede en bitterheid wees oor die Australiese skeidsregter, Angus Gardiner.

Hy is nou ook met reg saam met Bryce Lawrence (Nieu-Seeland) en die Fransman Romain Poite (en heelwat ander blasers) in byna elke Suid-Afrikaner se swart boekie.

Dit het gevolg nadat Engeland Saterdag op Twickenham die toetswedstryd teen die Springbokke met 12-11 gewen het nadat Suid-Afrika rustyd met 8-6 voor was.

Hoekom is Gardiner vyand nommer een?

Gardiner het gefouteer nadat die Engelse losskakel, Owen Farrell, met speeltyd verstreke, die Springbok-plaasvervanger André Esterhuizen blatant met die skouer geloop het sonder om sy arms te gebruik.

Engeland was met 12-11 voor en as die Bokke die strafskop oorgeskop het, sou hulle die kragmeting gewen het.

Maar Gardiner het  in die 82ste minuut die duikslag op aanbeveling van die lynregter eerder na die televisieskeidsregter, Olly Hodges, verwys. Nadat die voorval op die groot skerm dopgehou is, het Gardiner besluit dat daar nie genoegsame bewyse vir ʼn strafskop was nie.

Werklik?  Wat anders is ʼn blatante skouerloop dan as ʼn strafskop?

Gardiner het eerder die eindfluitjie geblaas en die Engelse was op hul voete; die Bokke op hul knieë.

♦ Is die Springbokke geboor? Beslis, maar dan was dit darem ook hul eie skuld dat hulle verloor het.

Hulle het die eerste helfte heeltemal oorheers en moes die Engelse toe al die doodskoot gegee het, veral nadat die Engelse slot Maro Itoje vroeg al met ʼn geelkaart gestraf is.

Hoe op dees aarde kon die Bokke nie afrond nie? Engeland was dan in die hele eerste helfte letterlik nie een keer in die Bokke se kwartgebied nie?

Hulle is in die skrums vermorsel, hul verdediging was baie broos, hulle was plan- en futloos, byna uit op hul voete.

Ek ys om te dink wat aanstaande week sal gebeur as die All Blacks in dieselfde posisie geplaas sal word … arme Engelse!

Maar was dit dalk ook nie deel van hul wedstrydplan om terug te hang en te hoop dat die Bokke hulself sou uitbrand nie?

As dit waar is, het dit gewerk.

In die tweede helfte is die rolle omgeruil en Engeland was toe die beste span, hoewel hulle steeds bitter gelukkig was om te wen.

Swartskape? Kom ons begin voor by die wêreld se beste haker, Malcolm Marx, wat weer met sy ingooiwerk gesukkel het.

Hoe kon die Bokke vier lynstane verloor het (drie in die eerste helfte en op die aanval ) en besit afgestaan het, veral nadat die Engelse verskeie kere nie eens in die lynstane meegeding het nie?

Wat ook van die bottervingers van voor- en agterspelers, en wat van die skrum diep in die tweede helfte toe Engeland die eerste keer in dié faset oorheers het en die Bokke gestraf is?

Dit het tot Farrell se derde strafdoel gelei nadat Elliott Daly ook met ʼn lang strafdoel geslaag het.

Verlore kanse, en daar betaal die Bokke toe die dure prys.

Is daar lesse te leer? Ja, dit help nie jy hou die All Blacks in toom nie, maar val vas teen die Engelse, Argentynse Poemas en die Wallabies nie.

Bestendigheid, dis wat ons vra (ook deur die skeidsregters).

Puntemakers ‒
Engeland (6) 12:
Strafdoele: Owen Farrell (3). Elliott Daly.
Suid-Afrika (8) 11: Drie: Sbu Nkosi. Strafdoele: Handré Pollard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Swartwolf ·

Ag asseblief stop die “victim mentality” van ons is beroof. Dis ‘n wedstryd op ‘n silwer skinkbord aan England gegee. Halftyd toe slaap die voorspelers. En England kry die momentum vorentoe. Sien die game vir wat dit was. ‘N Sirkus.

gds ·

whitely, faf. janjies – dis die kombinasie wat kort. speel pollard op 12 – dis die resep

Johann ·

Kyk as daar een ding is wat ons mee goed is, is dit verskonings en ja maar en en en. Veral as dit kom by WEER verloor!

Wesley ·

Eintste ons eie skuld. Ons domineerende voorpak het niks gedoen wat uitgestaan het nie. Marx was swak op die lynstane en niks bal in die los gewen nie. Dit gaan sy kans om speler van die jaar te wees baie seer maak. Uitstaande was ons agter driehoek onder die hoee bal, die ding wat almal so oor bekommerd was. Waar ons moes domineer en die wedstryd wen het ons gefalter. Eina manne eina

All Black ·

Siestog. Die ou bokkies sal altyd iets kry om oor te kla. Verskonings, verskonings. Due kwota spannetjie rook nie die pyp nie, dis al. Gebruik eerder kwotas as die regge verskoning. Om heeltyd te kla oor refs en spelers is swak sportmangees

Gatvol ·

Die sogenaamde oortreding is na die TV skeidsregter verwys. As hy beslis dat daar geen oortreding was nie, dan was Gardiner heeltemal in sy reg om die eindfluitjie te blaas.
Hou op om verskonings te soek.

Dries du Toit ·

RASSIE,jy n goeie afrigter. PAK jou goedjies en gaan rig af waarheid jy die span kan kies wat jy wil hé en nie n span wat die politici op jou afdwing nie. ons raak NET meerderheid belaglik in die wereld maar almal is te flpn polities korrek om n spade a spade te noem .

Spike ·

Die senter paar kannie die bal versprei nie. Sit vir Pollard op binnesenter en Willemse op 10. Dan kort ons ñ fetcher op 6. As die laaste duikslag deur ñ bok was, was hy afgestuur.

Valerie ·

Die glory boys het al van verlede week af hul verloor verskonings uitgedink. Dit is nou al verby afgesaag. hulle is eenvoudig nie in dieselfde intelligensie liga as die ander spanne in die wêreld nie. Sit seker nou al en dink wat hulle gaan sê as die intelligente Fransmanne hulle deurmekaar hardloop. Shame; dit moet seker maar swaar wees.

herman ·

spike, jy het nie ‘n idee van senter-spel nie. nog minder van ‘n nommer 12 senter. Damian was vandag een van die ligpunte in die agterlyn.

rollie ·

Stem, De Allende is een van die min spelers wat sy sout werd is in die agterlyn.

What a joke! ·

Vandag her hy better gespeel maar ken hy van ball pass????

T. van Schalkwyk ·

Die lang lys “skeidsregters in byna elke Suid-Afrikaner se swartboekie” spreek boekdele.
Stadig oor die klippe met die arrogansie na slegs een oorwinning oor die All Blacks.
Die Wallabies én die Iere kry dit ook ‘once in a blue moon’ reg, maar dit beteken niks.

LHS ·

Willemse het absoluut niks reg gedoen nie, uit posisie, swak doellose skoppe, geen visie. Geen span kan wen net met verdediging nie. Verkeerde besluite deur die kaptein, geen werklike leierskap. Erasmus moet maar eerder ophou eksprimenteer, kies die spelers wat dit verdien, kies beseerde spelers wat bewys het hulle is heeltemal weer in vorm.

What a joke! ·

Hy mag nie want dit is nie polities korrek nie so in ag geneem met n verswakte kwota speler span speel hul nie te sleg teen sogenaamde vol sterkte spanne nie ne..Moet byse daardie vleuels het goed gepseel en verdien hul plek maar begin weer soek vir n fetcher by nr ses asb Daars n helse leemte!Maar dink net as hy wel n op meriete n vol sterkte span kon kies hoe goed die span eintlik kan wees…ai maar ek mag mos maar droom van n land waar daar nie jets op jou afgedwing word nie of hoe…

Dries du Toit ·

EK het dit laasweek al gesé na cc finaal..Willemse is NET n bogemiddelde klubspeler

Cuda ·

Spelers se foute word gestraf op telbord. Jy kry nie punte nie verloor besit en hulle kry hulle pyn. Die skeidsregte maak foute en niks gebeur met hulle nie, maar die gevolge vir speler en afrigter loopbane is doodelik. Wêreld rugby sal meer na tegnologie moet kyk soos tennis, krieket ens. en mens faktor probeer uitwerk in die bestuur van ‘n wedstryd. Behalwe die tackle wat sonder arms was, was daar omkant ook wat gemis was in finale minute. Niemand wil hoor die ref dit of dat nie..

LHS ·

Word wakker, watter span het saam met die Crusaders die meeste driee in super 15 gedruk, gaan sit en vra hoekom. Gaan kyk na daardie span se spelers.

Blouloos ·

Ongelukkig werk die keuring van die Springbokke in die volgorde:
1. Is hy swart?
2. Speel hy in blou?
3. Speel hy by die see?
4. Spelpeil
Kyk maar na die “ratings” van Rob Howley en self Stransky se kommentaar halftyd..
“Verdwyn” Vermeulen maak 6 duikslae, mis een en vang 2 balle uit die lug en hy kry ‘n 6.5 en Stransky reken hy is fantasties…
Whiteley maak 14 duikslae (meeste in die span), mis 1, is orals op die veld, uitstekende hand en visie wat lei tot die enigste drie en is duidelik die enigste leier op die veld, maar hy kry ‘n 6 en niemand se iets oor sy bydrae nie…
Snaaks hoe die beste Super Rugby span die minste spelers in die span het en die swakste span die meeste…

pb ·

Ai bokke…geen hoog tackle sou jul die game gegee het nie. Jul het dit self aan Eng op n skinkbord gegee. Waarom die op en af vertonings? Dis tyd dat jul begin glo in jul vermoeens. Grootste rede vir ons verloor was ongelukkig Marx, wat seker sy swakste game ooit gespeel het. Ons het ook nie n ware fetcher op die grond nie ( kry dringend vir Marcelle Coetzee voor die WC)..en ai tog no 9 het talle uitstekende balle lug ingejaag en veral 2e helfte die bal telkens verloor. Gee die bal vir 10. hys die generaal en skop ook takties veel beter.

What a joke! ·

Ai …Kan iemand my verduidelik met al daai helse lang slotte van die werfbokke hoekom hul so ver die agterlyn ingooi???Ek meen jinne manne jul is mos nie stupid nie of wat???Etsebeth,Snyman,Peter,lood ens die ouens is hel lank so hoekom so baie balle op ingooie verloor??SWAK SWAK SWAK besluit daar en ou Marx jy is n champ maar na die game van n hero na n zero..Definitief sy swakste ooit!
Nog n ding kollisi maak een of twee duikslae en dan…….niks! Rassie sal moet bykom daar is n fetcher dringend nodig Self’s kwagga as n fetcher sal n hengse verskil in daai game gemaak het!Polities korrekte gekiesde kollisie is net n vyfde wiel end doen nie eintlik wat van sy nr verwag word nie..Steph is nie n flank nie hy is n slot! Net my opinie…
Weereens heeltemal te veel besit weg geskop…
Ja die werfbokke was hul eie grootste vyand met sulke SWAK ingooie en patetiese bal hantering…hul het basies teen hul self verloor! Feit bly feit daai ref her n blaps begaan op die einde..As daai nie n skouer stamp was nie dan weet ek nie…Hulle die refs is erg onkonsekwent en dit maak n mens moeg vir die spel! Terug tekenborde toe werfbokke!

tolla ·

Ag selfde storie. Marx kan nie ingooi nie, skrumskakel so stadig soos trapsuutjies, Pollard mis wanneer dit saakmaak, afrigter met 5 uit 11 wenne het nie ‘n clue nie. Nou’s ons verbaas, dit nadat ons nog net een wegwedstryd vanjaar kon wen en teen spanne soos Argentinie, Aus, Wallis en Engeland (nou reeds tweekeer) verloor het. As Mallett nie onmiddellik vir Rassie vervang nie kan ons maar vergeet.

rollie ·

Marx en Pollard kos ons die game. Ek wonder wat die NZ publiek van ‘n afrigter sal dink met ‘n 5 uit 11 rekord, pateties.

Dr JHM Kock ·

Kolisi hoort nie werklik in die span nie. Sy spelpeil is verdag.
Rassie durf hom nie uitlaat nie – dus du Toit terug slot toe.
Die ware leiers is Warren (en Vermeulen)!
Dankie Rassie!

Frans C ·

Die feit is dat Marx nie sy springers kon vind nie.Dit was egter nie alleen sy skuld nie want hy reageer op die roep. As jy egter so dom is om by ‘n vyf meter lynstaan ‘n lang bal te gooi,moet jy vir die dommigheid boet.

Hoe langer die lynstaanbal, hoe groter die kans dat dit skeef is en hoe verder jou haker moet hardloop om by die dryfmaal aan te sluit.’n Goeie ingooi sou op drie of vier gewees het waar almal vinnig aan die dryfmaal kan deel neem

Hoekom in ieder geval ‘n lynstaan bo ‘n skrum van 8 teen 7 verkies.Die Bokke het op die stadium die oorhand gehad en kon ‘n strafskop of selfs ‘n strafdrie behaal het.Weereens mi ‘n gebrek aan leierskap en besluitneming.

Hoe gouer Rassie begin kyk na Serfontein of ander senters wat in Europa speel hoe beter,want niemand maak die lyn reguit nie en word die vleuels by die kantlyn uitgedruk.
Die Engelse,een van die swakker 6-nasiespanne se agterlynspel was stukke beter as die Bokke.

Lol ·

Coach Rassie
het ‘n verfkwassie
op sy bedkassie.
Terwyl hy slaap op sy matrassie
verf hy nommers wat nie pas nie.

rollie ·

Coach Rassie
Droom van disco ligte
maar keer terug sonder vrugte
en geen vrugte beteken geen disco ligte.

Hennie ·

Hoekom as n speler die dag af is word hy nie dadelik vervang nie . Hoekom word daar nie punte gevat as dit vroeg in die wedstryd is nie. Ek dink Rasie is nog baie onervare . Hoop hy begin leer om nie kanse weg te gooi nie.Die tyd raak min.

Herman Goosen ·

Of die Springbokke die strafskop moes kry of nie is eintlik nie die punt nie. Die punt is as jy onnosele rugby speel en jou kans om te wen van ‘n moontlike strafskop afhang moet jy nie wonder aarom jy nie suksesvol is nie.
Tipiese derde wereld situasie: Soveel talent met sulke swak taktiek en uitvoering.
Bestuur het al menige ongelooflike potensiaal verongeluk. Dieselfde kan gese word van goeie bestuur wat relatiewe middelmatige talent wat in Engeland is laat triomfeer oor veel beter talent.
Die feit van die saak is jy kan maar die beste spelers en afrigters in ‘n land beskikbaar het, maar as jy verkeerde beleid en bestuur het sal daardie talent tot niks kom nie.

anni ·

Faf het gekort, Sy spel kon J ook sien het verbetering aan span gegee. En Ag hul het Maar weer verloor oor simpel gud.

Swartwolf ·

Hele span het onderpresteer. Eerste helfte was Bok voorspelers al oor Engelse en moes eintlik met rustyd reeds 20 op die Engelse gehad het. Leierskap was totaal afwesig asook die vermoe om die Engelse midveld te penetreer veral de Allende hardloop in verdedigers vas en die bal gaan dood. Tussen die lynstaan fiasko van Marx, swak leierskap en besluitloosheid van Kolisi, onvermoe in die agterlyn om die voordeel lyn te breek, en belangrike skoppe pale toe mis deur Pollard het hulle weereens die toets weggesmyt.

Sparks ·

Hoekom kan niks aan die ref gedoen word nie . Rassie moet apeleer teen uitslag.maar ek dink bokke het game wegegooi.

All Black ·

Rassis moet begin afrig en nie appelle aanteken nie. Lyk my die ou bokkies en van hulle ondersteuners loop klas in ” kla en verskonings” Dus wat suurgate doen. Wenners speel die game en los die refs uit om hulle werk te doen. Ek het nog nooit gehoor van n ref wat kla oor spelers se spel nie, saarom kla die verloorders altyd oor die ref???

Johan ·

Rassie pak jou goed jy maak net jou naam sleg. Gaan waar hul jou baie beter sal betaal v jou goeie dien en al jou kennis.maak Kolisi die afrigter dan sal bokkies wen hahahaha

Sparks ·

Vat sommer vir all black saam as hulp afrigter . Kyk hoe wen hul dan. Ha ha ha.

Anton ·

Hou op om Snorre se wedstrydplan te gebruik. Verkeerde skrumskakel op die veld. Schroeder van die Sharks strate beter. Akker van die Sharks beter as Marx en ‘Nambie gekombineerd. iemand se my wat Willemse so spesiaal maak.,

Frans C ·

Die Bokke speel volgens ‘n ingedrilde spelpatroon en as die nie werk nie,val alles plat,want die kaptein lees nie die spel nie en verander en pas aan nie.Om Marx die skuld te gee is twak,want dit is duidelik dat Vermuelen die teikenman was.

Ruiklont ·

Die grootste enkele rede vir die verloor is dat punte deur pale toe te skop nie iets beteken vir die bokke nie, skop eerder kantlyn toe as om punte op ‘n skinkbord te vat

Anoniem ·

Moenie die ref die skuld gee dat die Bokke verloor het. Die hele span het nie hulle beste gegee nie. Solank as wat Rassie Erasmus volhou om sekere spelers te kies en met ‘n sekere kaptein te volstaan gaan die Bokke aanhou verloor. Die beste spelers sit by die huis om maar net een te noem Akker van der Merwe. Ek kan aan nog ‘n paar ander spelers dink maar hulle word nie vir die Bokspan gekies nie.

Derick ·

Suid Afrikaners soek ALTYD fout by alle skeidsregters van ander lande, behalwe as n SA skeidsregter n Springbok game blaas en hy help hulle dans als OK. Ek dink as n ander skeidsregter geblaas het , het Engeland verder gewen.

SjN ·

New pub open in Twickenham, very difficult to find ,called Farell` s Arms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.