Springbokspan: Allister trek die Lions se tande

Allister Coetzee – weer vreemde keuses. (Foto: Saru)

Dalk is ʼn mens eenogig, of dalk is dit omdat die Crusaders die Lions in die eindstryd van die Superrugbyreeks op Ellispark geklop het, maar van die keuses van die Bokafrigter, Allister Coetzee, vir sy Springbokgroep maak mos nie sin nie.

Volgens SA Rugby se  mediaverklaring is die groep gekies “vir die begin” van die Rugbykampioenskap. Die eerste toets is op 19 Augustus teen Argentinië in die Nelson Mandelabaai-stadion.

Kom ons maak sommetjies: Daar is agt spelers van die Bulls en Stormers ingesluit, sewe van die Lions, ses van die Sharks, vier van die Cheetahs en net een oorsese speler, Francois Hougaard.

Het die Lions dan nie die kern van die span uitgemaak wat die Franse in Junie in die reeks van drie toetse geklop het nie? Het die Lions dan nie (verreweg) die beste van enige Suid-Afrikaanse span in die Superreeks gevaar nie? Het die Lions dan nie al die ander Suid-Afrikaanse spanne in die plaaslike derbies geklop nie?

Kan Coetzee-hulle werklikwaar met die moed van oortuiging sê dat Raymond Rhule beter as Ruan Combrinck is? Het hulle van daai skop van 60 m vergeet wat die Lions in die kwarteindronde  teen die Sharks laat wen het?

Is Damian de Allende werklikwaar ʼn beter keuse as Lionel Mapoe, en ook Rohan Janse van Rensburg? Ja, Mapoe gaan Japan toe om sy pensioen aan te vul en kan glo weer nader getrek word. Dit beteken mos dat hy gepos is.

Is Trevor Nyakane ʼn beter keuse as Ruan Dreyer? Ja, Dreyer word pa en kry glo “kraamverlof”, maar om te sê dat Nyakane aan albei kante kan skrum, laat ʼn mens in die duister.

Daar is dan vyf ander stutte (Beast Mtawarira, Lizo Gqoboka, Frans Malherbe, Steven Kitshoff en Coenie Oosthuizen) ook in die groep. Gaan Dreyer weer sy kans kry, want wanneer gaan almal speel?

Ja, die Crusaders het (weer) die leemtes in Suid-Afrikaanse rugby uitgewys, gewys dat jy jou kanse moet gebruik, jou foute tot ’n minimum moet beperk. Tog het die Lions die veelgeroemde Hurricanes (Nieu-Seeland se tweede beste span, verlede jaar se kampioen en die enigste span wat vanjaar die  Crusaders kon klop) ore aangesit.

Hulle het gewys dat die gaping vernou is, dat daar tog met die All Blacks meegeding kan word, mits die regte speelpatroon gevolg word.

Springbokgroep –

Voorspelers
Uzair Cassiem, Lood de Jager, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Lizo Gqoboka, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Jaco Kriel, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Oupa Mohoje, Franco Mostert, Beast Mtawarira, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Chiliboy Ralepelle.
Agterspelers
Curwin Bosch, Andries Coetzee, Ross Cronje, Damian de Allende, Warrick Gelant, Francois Hougaard, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Dillyn Leyds, Rudy Paige, Handré Pollard, Raymond Rhule, Jan Serfontein, Courtnall Skosan, Francois Venter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Jacques ·

Ek is seker Damian De Allende het een of ander geheime video van Allister wat hy in die bank hou

Abel van der Merwe ·

Dit lyk asof gedwonge spankeuses gemaak moet word en ek raai, om nie in die Minister van Sport se slegte boekies te kom nie. Elke keer is dit opvallend hoe ‘n onderpresteerder gekies word in die plek van ‘n speler wat sy hand al lank al op steek. Moet ons gewoond raak aan die gebruik of moet ons gal braak. Dit is jammer dat die manne in die binnekringe nie eerlike kommentare in die media bekend stel nie. Dit kan maak dat ons hul denkrigtings verstaan en nie raai dat dit politiek is wat ‘n groot rol speel nie. Ons leef in ‘n tyd waar almal moet deel wees van alles, of dit gebeur is ‘n ope vraag, maar dit lyk my iemand sal eerder die onderspit delf ten koste van om jou land se trots uit te dra.

Dereck Le Roux ·

Almal se dat AlisterCoetzee nie ‘n afrigter se g@t is nie maar ek is een van die min ouens wat vir hom opkom om te se dat hy inderdaad ‘n afrigter se g@t is.

Rupert Ashford ·

Hoe werk die “kwota” reel nou? Die een wat nie bestaan nie?;-)

Dirkie ·

Wees bly dus net De Allende, as De Jongh nog vir WP by speel het was Hy seker in Serfontein se plek genies. Dus Coetzee se 2 WP helde dai. Combrink sal seker moet wag tot n nuwe coach gekies word. Rhule beter as Combrink? Dan kyk ek seker met toe ogies. Page het ook seker n geheime video van Toetie.

Gerhard B ·

Hierdie SARU-span is so tipies van organisasies waar die ANC die kitaar slaan. Die beste persoon kry selde die werk. So “window dress” hul hierdié land in die afgrond in. Onbevoegdheid en onderprestasie skeel hul min, want diegene wat die aanstellings maak, moes ook in die eerste plek nie daar gewees het nie. Bose kringloop.

Gerbrandt ·

Met daai spannetjie gaan ons gelukkig wees as ons die Argenteine kan wen, die Ausies gaan ons verseker ore aansit, hulle is oor Rudy Page soos die krieket oor Parnell is, iewers het daai twee n houvas op iemand, dit is duidelik dat Coetzee die span net voorgelees het van n span wat deur die kwota kommitee gekies is.

b j smit ·

as hierdie span een wed stryd wen eet ek my hoed op wat ek nie het nie. en as hy dink ek gaan iets betaal om dit te onder steun maak hy n moe&&se fout ek dink hulle gaan die kaartjies ver niet vir die agter geblywedes gee.want dis al hoe hy toe skouers gaan kry

Robert ·

Tyd is nou ryp om Springbok rugby en Multichoise te “Spur”.
Is sommer nonsens dat hulle wegkom met alles en die toeskouer hou hulle finansieel daar. Met bywoning en uitsending wat vir die deursnee Suid Afrikaner nie beskore is nie.

Leon ·

Wanneer gaan daar besef word ,sport en politiek ,meng nie , stem daar is dwing keuses gemaak.as beste speler kry plek nie geimplementeer word nie gaan ons meer spelers uitvoer as mielies.

Pollard is probleem nie groot rugby fiks nie.page is 5de keuse speler,en die reserwe bank lyk of daar geen x faktor tref krag is

Rupert Ashford ·

Leon ek dink wat ons Suid-Afrikanertjies nou al baie mooi geleer het die afgelope 30 jaar is dat sport en politiek inderdaad goed meng. Nog een van die leuens wat vir ons vertel is toe gese is dit sal eindig. Ons is ook ‘n goeie gevallestudie wat wys die multikulturele eksperiment wat die Weste nou probeer is ook moeilikheid soek…

GERT KRUGER ·

Dis maar weereens bewys van politieke keuses spelers wat spartel en toggekies word om polities korrek is ten koste van ouens wat week na week presteer en te hoor “sorry my ou juis te vaal” ou ac willi hoor nie da moet hy ma voel sien swarigheid

GERT KRUGER ·

Dis maar weereens bewys van politieke keuses spelers wat spartel en tog gekies word om polities korrek te wees ten koste van ouens wat week na week presteer en te hoor “sorry my ou juis te vaal” ou ac willi hoor nie da moet hy ma voel sien swarigheid

De Villiers ·

Die spankeuse is skreiend, veral omdat daar meer spelers gekies is van die Bulle, wat heel onder van die Suid Afrikaanse spanne op die Superreeks lys gelê het, as die Leeus wat heel bo van ál die spanne gelê het. Dis ook duidelik dat Alaister polities korrek probeer wees omdat hy soveel kwota spelers gekies het.

gerrie ·

Daar’s definitief met die span getorring om die kwota te haal. Dis jammer dat alle spelers nie op meriete gekies word nie.

Anton ·

Daar sal altyd die wees vir, en die teen totdat ons wen dat is Allister net die man, kom ons kyk wat gebeur en dan kyk ons, baie maklik om iemand af re breek, altyd die wat nie rugby ken nie want hulle het iemand gehoor iets se en nou klim hulle op die bus.

gerrie ·

Die span is goed maar ek sou ook ‘n paar ander keuses gemaak het. De Allende is gelukkig om weer die span te haal maar Serfontein en Kriel het goedgevaar en behoort die senterpaar te wees. Vir my is hulle die beter senterpaar, meer dinamies. De Allende en Rohan is dieselfde tipe speler (stormramme wat oor ouens probeer hardloop) so moeilik om tussen hulle te kies. De Allende se verdediging is waarskynlik beter.

mark skriker ·

I don’t agree with your analysis of Rohan Janse van Rensburg. He always attacks the space and invariably breaks the advantage line. He has exceptional feet, vision and distribution skills. The moments he breaks the line he looks for support. He was the incumbent Springbok centre before his injury so I think he should have been in the starting line-up of the Lions and in the Springbok squad. I think the fact that coach Akkerman left him on the bench cost the Lions the game. I also cannot understand why Faf is getting so little playing time unless it’s because of the fact that he has signed an oversees contract. I agree that Jan Serfontein and Jessie Kriel has been doing well but I think Janse van Rensburg is in a different class.

What a joke! ·

Die ou Ac kan kwotas kies en verloor dit maak nie saak nie want hy weet hy het die backing van saru!!! Hoop die amokrokkoo bokko sien hulle se ******* en hul gaan veral met soveel kwotas….hehe.. En ac skep….ja nee wat n klug die lot!

rassie ·

Ek dink nie AC kies die groep self nie. Daar is seer sekerlik Springbokkeurders. Ek weet nie of Alister eers ‘n keurder is nie. Hy moet ook maar werk met die groep wat vir hom gekies word.

wesley ·

Indien ons nou moet aanvaar dit is politiek was hoog loop by die span keuse, sal ek defnitief iemand soos Mpimpi of dalk Am bo Rhule gekies het. En dan ook half beseerde spelers soos Pollard (ooglopend glad nie te doene met politiek nie) saam te sleep pleks om net beter spelers te kies wat buite Elton kan speel en van die kraglopies op homself kan dra, (Rohan JVR!) dan kon jy dalk dit nog regverdig… Met die heen en weer tussen kwota of nie, maar mens sien slegte spelers gekies maak nie saak die velkleur nie (bv. aanhou me Strauss laas jaar maak nie saak hoe sleg hy gespeel nie), glo ek daar is iets meer onsinnig as kwotas wat n rol hier speel. Dalk die agente of powerbrokers in die unies? Iets is glad nie lekker nie, vir jare al.

Niks wat Allister of die SARU keurders nou doen maak sin nie.

Ja-nee ·

Ai, ai baie ouens wat hier kommentaar lewer het geen idee hoe ‘n span gekies word nie. Ek stem saam dat van die spelers op hul velkleur daar is en nie op meriete nie. My probleem is dat daar gese word die Bulls het 8 spelers in en hulle eindig laaste op die log. Eerstens is dit die 8 spelers se skuld dat hulle laaste gekom het of afrigting, spanmaats. ‘n Speler word gekies hoe hy sal inskakel by die wedstrydplan en sy talente met die uitvoering van sy pligte in die posisie wat hy gekies word. Jy kan nie ‘n speler oordeel hoe sy span gespeel het nie. ‘n Span kan al sy wedstryde verloor met 8 goeie spelers as daar ‘n vrot kol is. Net so kan die bokke ook verloor met 12 goeie spelers en ‘n senter en 2 vleuels wat nie daar hoort nie. 2 leeus en 1 cheetah.

Ja-nee ·

Sorry laaste sin moet lees: Net so kan die bokke ook verloor met 11 goeie spelers as daar ‘n vrot kol is en heelagter, senter en 2 vleueles hoort nie daar, 2 leeus, 1 cheetah, 1 stormer.

Shamiel ·

Vergeet van die kwotas dis realiteit. Gelukkig is die meeste daar op meriete. Dis nou ook ‘n eerste dat die groep ‘n rehabilitasiesentrum geword het met Pollard se insluiting. Nie eers onder die beste 5 losskakels in die land.

Positief ·

Stem wat Shamiel sê. Wen of verloor die Bokke bly my team. Ons sal nooit tevrede wees met wie in of uit is nie.

Pierre de Villiers ·

So baie is gese, maar dat een span goed vaar, Ackerman se dit self, beteken nie dat jy `n klomp goeie spelers hoef te he nie. Die Lions “gel” saam, ja. Met die Springbokkeuses stem ek natuurlik nie saam nie, maar niemand sal nie.

rassie ·

Ek wonder of die skrywer sy feite korrek het, miskien kan hy dit net nagaan en vir ons bevestig. Sover ek weet word die groep vir ‘n reeks deur ‘n paneel van Springbokkeurders aangewys. Die skrywer gee voor dat Coetzee die groep self/alleen gekies het.

Pieter Kruger ·

Volgens my inligting is dit net Allister Coetzee … en een keurder, Peter Jooste .
Allister kan enige Superafrigter nader, sy hulpafrigters en ook met iemand soos Brendan Venter/Franco Smith oor die span koukus.
Maar Saru-president Mark Alexander is op rekord dat hy daarvan ten gunste is dat net Allister die span kies.

rassie ·

Ek weet dat die afrigter en seker kaptein basies die toetsspan kies (uit die groep wat aanvanklik gekies is). Ek dink daar is meer mense betrokke by die kies van die aanvanklike groep. Ek weet daar was ‘n paneel van Springbokkeurders verlede jaar nog, dan moes dinge intussen verander het.

Stefan Buys ·

Probeer verstaan hoe Combrinck en veral Janse van Rensburg kon weggelaat word. Hoekom word Pollard gekies, maar iemand soos Cronje wat ‘n skitterende seisoen beleef het nie?

Eina ·

Goed en wel Anton. Suid-Afrikaners sal altyd Springbokrugby kans gee en ondersteun. Maar regtigwaar, selfs n leek sal weet dat Ruan Combrinck REGTIG verdien om die groen trui oor sy kop te trek. Ek hou duimvas vir hierdie span…..

Henk ·

Ross Cronje het Saterdag bewys dat hy NIE in die span hoort nie. Hy hardloop met die bal tot by sy binnesenter en gee dit dan aan sy losskakel, die Crusaders kon met gemak tot by Jantjies gestap het om hom onder druk te plaas. Hy is uiters stadig agter die skrum en het die spel stadig gemaak wat in die guns van die Crusaders getel het. Skosan is dalk vinnig teen spanne met stadige vleuels, maar is ore aangesit deur die Crusaders. Hougaardt en Die Ellende hoort saam met Malherbe nie eens naby die span se bagasie toegelaat te word nie, wat nog op die bus?

MANIE ·

BEE was die Lions se ondergang Saterdag. Ons spanne word gekies deur anc en dit gaan baie baie lank wees vooor ons spanne in rugby silwer ware in die kas gaan sit

Koos Petoros ·

Daar is oorgenoeg rugby spelers in SA om ‘n goeie span te kies wat ook polities korrek is. Die probleem is dat die span vol wit en swart passasiers is. Hoeveel kanse moet Damian kry? Oupa probeer sy beste maar is net nie opgewasse op toetsvlak nie. Elton ook nie. Courtnal is vinnig en probeer hard, maar hy is nie ‘n driedrukker nie. Ros Cronje is net nie ‘n toets speler nie en ons hoop maar Frans Malherbe kom die mas hierdie op teen die Argentyne. Die All Blacks kies eenvoudig net nie passasiers in hulle span nie, elke man wat gekies word kan sy plek vol staan in ‘n toets. Maar in Toetie se span is daar heelwat passasiers – manne wat al gewys het hulle hoort nie op toetsvlak nie, wat maar net weer en weer ‘n kans kry. Swaar jare …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.