Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, is bekend vir sy innoverende idees, maar wanneer dit by spankeuse kom, is hy baie voorspelbaar.
Erasmus het Woensdagoggend in Tokio vir geen vuurwerk gesorg toe hy sy span wat die All Blacks Saterdag in Jokohama in die Wêreldbekertoernooi pak, bekend gemaak het nie.
Erasmus het die groep van 23 wat Japan verlede Vrydag in ʼn WB-opwarmwedstryd met 41 – 7 geklop het, netso behou.
Daar is ook net een verandering aan die groep wat ʼn paar weke gelede in Wellington met 16 – 16 teen die All Blacks gelykop in die Rugbykampioenskap gespeel het, met die kaptein, Siya Kolisi, wat die flank Kwagga Smith vervang.
ʼn Springbokspan stel nooit almal heeltemal tevrede nie, maar wanneer die oorgrote meerderheid van ondersteuners daarmee saamstem, kan daar mos nie fout met die spankeuse gevind word nie.
Die Springbokke sal ook die eerste keer sedert die vorige Wêreldbeker in 2015, ʼn tweede opeenvolgende keer weer met dieselfde groep van 23 spelers speel. Die laaste keer toe dit gebeur het, was 51 wedstryde gelede.
Uit die spankeuse is dit duidelik dat Trevor Nyakane heeltemal van sy beenbesering herstel het en dat die plaasvervangersbank, net soos in die afgelope paar toetse, weer ʼn groot verskil moet maak.
Vir die rekordboeke speel Duane Vermeulen in sy 50ste toets en sal hy saam met 21 van sy spanmaats die vierde keer vanjaar saam speel.
Springbokspan: 15 Willie le Roux, 14 Cheslin Kolbe, 13 Lukhanyo Am, 12 Damian de Allende, 11 Makazole Mapimpi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Duane Vermeulen, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff.
Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Beast Mtawarira, 18 Trevor Nyakane, 19 RG Snyman, 20 Francois Louw, 21 Herschel Jantjies, 22 Frans Steyn, 23 Jesse Kriel.
Hoop net Faf skop minder en maak vinniger skoon.
Nie met die reen wat voorspel word nie
Baie goeie span ons almal het ons eie idee van hoe die span moet lyk. Ons oefen nie saam die manne en weet nie wat aangaan agter die skerms nie so al was ons kan doen is om die coach te vertrou. Kan al die snuurkolle net gaan slaap terwyl die wedstryde gespeel word. Ons het nie negatiwiteit nodig nie!!!
Dankie Hein
Nrs 9, 10, 12, 13 en 15 is NIE goed genoeg nie!!!!
Haal Nr. 10 uit jou stelling en ek sal volkome saamstem.
Pieter nmr 10 is baie beter as julle leeus losskakel vir wie sal jy in sit vir naas botha
Laat hierdie wedstryd tog net so gou moontlik verby kom.Ek is so gatvol geluister na die Bok ondersteuners wat glo die Bok span het reeds die beker gewen voordat een wedstryd gespeel is.Die AB’s gaan saterdag wen en dan sal die Bok ondersteuners weer aarde toe kom en sal ons weer kan leef in hulle teenwoordigheid.
@ Andre Coetzee – As Bok ondersteuner is ek kwansuis net so gatvol vir die saffa Kiwi ondersteuners wat vir almal vertel die All Blacks gaan wen.
(Ek haal aan ” Die AB’s gaan saterdag wen en dan sal die Bok ondersteuners weer aarde toe kom”) Pot calling the kettle black….
Ons staan agter ons span (al karring politiek ook maar hoe) en span nie ons seile na die wind nie.
Andre ek stam saam met jou. Die Bok afrigter span begin nou al kla dat die skeidsregters hulle benadeel. Dis swak sportmangees. Skeidsregters straf foute wat deur swak afrigting gemaak word. Ek ondersteun al die ALL BLACKS vir jare en weet hulle gaan die Bokke slag al het die Bok span 80% spelers op meriete gekies. Ek staan 100% agter my Span wat 100% op meriete gekies is. Go All Blacks.
@Poot—Die veraaiers groei by die dag my vriend. Ek is trots om saam met die ander veraaiers vir die All Blacks te skreeu. Al waneer ek opstaan is vir die HK en vir die Afrikaanse gedeelte van Die Stem. Ek weet jy sal dit nie verstaan in daai klein koppie van jou nie dis waarom ek dit nie gaan probeer verduidelik nie.
Ek stem saam met Hein in sy kommentaar. Ons almal hier weet te min onder wat se druk Rassie is. Ek sou self n posisie of twee n verandering wou sien, maar Rassie het baie daar buite om gelukkig te hou. Sovêr werk sy planne uit. Pieter, ek is bly jy is net n luisteraar en toeskouer keurder. Wag tot Kolla met al sy kommentaar gaan verslag gee.
Ek verstaan nie hoe die mense se koppe werk nie maar as hulle dalk die beker huis toe bring dan wil al die mense kom saam celebrate. Ons Suid Afrikaners wil alewig kla oor als. En die skop storie van FAF word ook nou afgesaag ons weet hy skop baie en ek kan jou sê dit is nie sy tipe spel nie. As jy ‘n lions supporter is sal jy weet hy het nie daar so gespeel nie. Ons spelers word nie waardeer hier nie. Wit, swart, bruin, geel pienk en pers. Kyk net hoe ontvang die Japanese ons spelers
@Siener
Ag asb siener. So asof die AB nog nooit vooraf en agterna gekla het oor skeidsregter beslissings nie. Hipokraat.
Dis moeilik om baie optimisties te wees oor ons kanse , maar ek hoop ons Bokke speel goed saam met die minimum hanteerfoute of swak besluitneming. Die AB bly maar een gedugte span en moet nooit onderskat word nie. Ek dink , en hoop ,ons gaan goed vaar. Sal maar wag en sien. Dis beslis die beste span wat Rassie kon kies , maar dis waar dat geen gekose span , almal sal tevrede stel nie. Onmoontlik.
Ek dink ons kanse is beter in die Rugby as wat dit in die Krieket was. Atleast weet hoe die Rugby ouens om in finale te wen. Ek het heeltemal moed verloor in die krieket dalk as hulle weer begin speel vir mekaar en vir die land sal ek weer optimisties raak.
Boesman – so ek neem aan jy is heeltemal tevrede met die feit dat die sogenaamde “keurders” deesdae pakke klere dra en in die parlement sit.
Niklaas en Hein ek stem saam met wat julle sê.
Wat gaan jy sê indien die bokke wel wen. Gaan jy dan wegkruip vir ‘n paar dae of verskonings uitdink hoekom die All Blacks verloor het.
Die Kaptein en “Die Ellende” lyk na swak keuses.
Stem saam, verlede keer was di kaptein ni sigbaar op geld ni, kon sien Sy besering het ni herstel ni. En “ellende” Ja dit is n ellende
Uit ‘n ander oogpunt – daar is nie ‘n beter 12 nie en daar is beslis nie ‘n beter 6 nie!!!
Dis die bottom-line. De Allende en Kolisi kies hulself, by verre die beste in hul posisies in SA, mense kan maar huil soos hulle wil almal weet dis die waarheid. Self hou ek ook nie van Pollard nie maar hy is die beste van ‘n klomp middelmatige losskakels in SA. Beste wat ONS het, maak nie noodwendig van hulle wereldklas nie.
Die kaptein sal wel sigbaar wees op die rusbankie so vanaf 55 min af.
“Elende” speel so swak dat hy vir Am soos n kookwater senter laat lyk. Am is net so useless.
@Poot Hoekom skreeu jy vir die ou Bokkies as jy heeltyd jou eie spanlede kritiseer? Praat van ‘n Hipokraat. Kolla is hier myle voor jou wat by sy span staan deu dik en dun.
Bel vir Kolla en vra dat hy jou iets moet leer van spanondersteuning.
Op hierdie stadium is ek nie te erg gepla oor wie wen nie, ek sal defnitief n wen vir die Bokke wil he, maar solank hul ons trots maak met n goeie “performance”, sal ek nogsteeds gelukkig wees. Dit is nie te min die AB’s wat ons hier van praat, nogsteeds die gevaarlikste in die wereld. Daar weer trots in die trui, die manne lyk gelukkig en nie so bedroef onder die vorige afrigters nie. Jy kan dit sien in hul oe, die manne is reg, en hul geniet dit om daar te wees, juis glo ek hoekom almal in SA ook saam met hul so positief voel. Wen of verloor, hul maak ons sover trots.
Ek stem saam Wesley. Ek is baie nervous oor die game Saterdag ek dink nogsteeds die All Blacks is een stappie voor ons maar om hulle te wen is ver van onmoontlik af.
Ek staan ook agter die springbokke. (Dink nie hulle gaan wen nie. Die All Blacks bly die gunstelinge.) Maar as hulle wen sal die darem baie lekker wees. En as hulle verloor vat ons dit ook en kla nie en beledig hulle nie oor hoe swak hulle was nie. Hulle bly ons span.
goeie span behalwe faf sy onnodige skoppe en stadige uitgee kan ons die wedstryd kos
Sou ook een of twee verandering wou sien. Sal maar wag tot na die wedstryd. Kom ons hoop maar vir die beste.
Go Bokke – ek glo in julle !! Ek al moeg om van die All Blacks te hoor wat goed is – hulle kan geklop word ! Ek wens net hy het Frans Steyn Gekies om te begin ! Fafster Jy Is my Hero !!!
Daar is ‘n rede hoekom Steyn van die bench afspeel. Die All Blacks is geneig om baie sterk te wees in die 2de helfte en ek dink sy bench het hy so gekies dat hulle daai aanval kan teenstaan.
Hy sal sy verdediging moet opknap. Elke keer wat hy as reserwe opgekom het, het die verdediging in die middeveld erg verswak. De Allende en Am is uitstekende verdedigers.
Suid-Afrika gaan redelik ver wen hierdie naweek. Die reen gaan ‘n groot gelykmaker wees.
Met Siya en De Elendig on die span en Kwagga nie eers op die bank nie sê ek sa NZ vreet hulle op.
6, 9, 12 en 13 is vir my n bekommernis. Die senters ontbreek vaardigheid en wanneer die oponente die bal wyd speel is ons verdedeging swak.
Boet,
Danie Gerber en Dick Muir is op bystand geplaas.
Snaaks Faf is die enigste speler op die ranglys as hy dan nou so swak is volgens sommiges.
Die algemene rugby kennis van die keurders hier wat so groot proponente van kwota kaptein, de ellende is en Faf afbreek op elke geleentheid ken net hul rugby deur ras gekleurde brille. Nie kwota kaptein of die ellende sal enige van die top 6 spanne maak nie, Faf word gereken as een van die TOP 20 spelers in die toernooi.
Hulle het duidelik nie Faf se onlangse vorm in ag geneem nie.
Faf is die speler in die hele bok span wat onder die toernooi se top 20 spelers tel. Nie ellende of kwota kaptein is daar nie en dis juis gebaseer op hul vorm die seisoen.
Asb. tog vir die kwagga wat reken Koalise en De Allende kies hulself. As dit suiwer meriete was sou talle spelers nie in ander lande gaan speel het nie en sou baie bokspelers nooit naby n boktrui gekom het nie. Bogenoemde twee verseker nie.
Daar is paar mense wat kla oor Faf se skoppe. Maar sy skoppies was nog nooit afgestorm nie en hoe weet ons hy word nie instruksie oor baie skoppe gegee deur afrigters en sy kaptein nie? As hy raad kry , moet hy dit navolg. As sy spel so vrot is,waarom word hy dan gekies vir die opdrafspan ?
Kolle, wil jy nie maar begin rugby verstaan nie, begin met oop oë kyk, dit sal alreeds help.
Smaak my die hele span draai om die kaptein. Daar is beslis beter spelers om te kies. Die skoppe werk ook nie. Om te veg vir bal besit en dit weg te skop maak nie sin nie. Dis al oor en oor bewys dat spanne wat minder skop beter presteer.
Ek is baie lief vir rugby en ja ek is ook n bok ondersteuner maar die afgelope paar jaar het SARU die bok trui “CHEAP” gemaak met die alewige politieke inmengery en mense wat daar speel wat nie daar hoort nie en ek praat van alby kante van die vel kleur, ons het spelers soos Jaco Kriel, Ruan Combrink , Ruan Jansen Van Rensburg, Tecklenberg, Serfontein, Willie Brits, Akker van der Merwe om net n paar te noem aan die buiteland afgestaan juis agv die gemors wat in ons rugby aan die gang is selfs toe hulle in die land was en uitstekende rugby gespeel het is hulle nie eens raak gesien nie, al wat ons as rugby ondersteuners vra is dat die beste ou die groen en goud dra, en huidiglik in die bok span kan ek dadelik 8 spelers noem wat nie daar hoort nie nie omdat hulle goed is nie maar nie goed genoeg is nie, ons kon al die beker 4jaar gelede gewen het maar Meyer het dieselfde gedoen as wat Rassie gedoen het was gedwing om spelers te kies om “sekere”gate te vul. Wanneer lyk n Vleul goed??? wanneer hy om of deur n speller kan hardloop nie as die span ‘n oop lyn vir hom los nie dit moet net n bonus wees!!!!
Stem heeltemal saam met Josua Keys. SARU dien nie rugby nie , hulle dien net die onbevoegde ANC.
Dankie Rassie, ons is daar by Julle in Japan !
Wat soek De-Elende nog daar? Die is nie ons beste span om die WB mee af te skop nie. Die All Blacks het hulle beste spelers gekies. Ek sien uit na almal se kommentaar na die game