Springbokspan: Rassie kies drie nuwes teen Engeland

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het drie toetsnuwelinge in sy span vir Saterdag se eerste toets op Ellispark teen Engeland ingesluit.

Soos verwag is, het die vleuels S’busiso Nkosi, Aphiwe Dyantyi en RG Snyman die nodige regmerkies gekry in die opdrafspan – ʼn span wat nie ʼn enkele speler insluit van die span wat verlede naweek teen Wallis verloor het nie.

Wilco Louw mag egter dalk in die beginspan wees as Trevor Nyakane nie betyds van ʼn ribbesering herstel nie.

Die Lionskaptein, Franco Mostert, sal as Snyman se slotmaat begin. Pieter-Steph du Toit, wat die span teen Wallis aangevoer het, is op die bank.

Daar is drie oorsese spelers in die span: Willie le Roux, Faf de Klerk en Duane Vermeulen.

Al sewe die spelers op die plaasvervangersbank, insluitende Thomas du Toit wat slegs op die bank sal begin indien Louw moet speel, het verlede week teen Wallis gespeel. Die veelsydigheid van die gekose spelers maak egter dat die Sharks se senter, André Esterhuizen, wat teen Wallis uitgeblink het, nie plek op die bank gekry het nie.

Dit is ʼn goed gebalanseerde span wat heelwat ervare manne bevat. Beast Mtawarira, wat vanjaar weer uitstekende rugby speel, draf die 99ste keer in ʼn toets uit.

Willie le Roux (41 toetse), Damian de Allende (28), Handré Pollard (26), Vermeulen (39), die kaptein Siya Kolisi (28), Franco Mostert (18) en Trevor Nyakane (36) verskaf die ervaring aan die jonger manne.

Die vernaamste leemte in die span is dat daar benewens die buitesenter Lukhanyo Am en Nkosi as die twee aan die regterkant van die veld langs mekaar stelling inneem, nie in ʼn enkele kombinasie is van spelers wat op plaaslike vlak gereeld saamspeel nie

Die span (franchise/klub, aantal toetse, aantal drieë en skoppers se totale punte waar aangedui)

15. Willie le Roux (Wasps, Engeland, 41, 10)
14. S’busiso Nkosi (Sharks, 0, 0)
13. Lukhanyo Am (Sharks, 1, 0)
12. Damian de Allende (Stormers, 28, 3)
11. Aphiwe Dyantyi (Lions, 0, 0)
10. Handré Pollard (Bulls, 26, 218 punte insluitende 3 drieë)
9. Faf de Klerk (Sale Sharks, Engeland, 11, 0)
8. Duane Vermeulen (Onverbonde, 39, 2)
7. Jean-Luc du Preez (Sharks, 10, 2)
6. Siya Kolisi kaptein (Stormers, 28, 4)
5. Franco Mostert (Lions, 18, 1)
4. RG Snyman (0, 0)
3. Trevor Nyakane (Bulls 36, 5) / Wilco Louw (Stormers, 6, 0)
2. Bongi Mbonambi (Stormers, 14, 1)
1. Tendai Mtawarira (Sharks, 98, 2)

Bank:

16. Akker van der Merwe (Sharks, 1, 0)
17. Steven Kitshoff (DHL Stormers, 24, 1)
18. Wilco Louw (Stormers, 6, 0) / Thomas du Toit (1, 0)
19. Pieter-Steph du Toit (33, 4)
20. Sikhumbuzo Notshe (Stormers, 1, 0)
21. Ivan van Zyl (Bulls, 1, 0)
22. Elton Jantjies (Lions, 24, 210 punte insluitende twee drieë)
23. Warrick Gelant (Bulls, 2, 1)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jakes ·

Erasmus se bokspan is natuurlik gekies op die basis van kleur. Wat n mens nie alles sal doen vir n salaristjek nie? Daar is sekere spelers van kleur wat beslis op meriete gekies is maar daar is n hele paar ander wat bloot net die getalle soos deur sie ANC voorgeskryf word, volmaak. Ek beskou Rassie Erasmus as n baie gemiddelde afrigter en sal al my geld daarop verwed dat England al 3 toetse o n drafstap sal wen.

bolla ·

Geen bruin spelers in die beginspan nie en slegs twee op die reserwebank. Bruin ondersteuners gaan nie gelukkig wees nie. Ashwin Willemse gaan die nuwe kwotastelsel blameer en vir Naas en Mallett verantwoordelik hou.

Henk ·

WAT!!!????? Regverdig die ellende se insluiting in die Prote span? WAT????

Boerseun ·

Duidelik ag Rassie nie die Engelse agterlyn nie, 97 toeste tussen hele SA agterlyn. Verwag n paar hoe skoppe, Le Roux was maar nog altyd iffy met hoe skoppe. Ongelukkig ook n los trio wat maar eintlik dieselfde speel, Vermeulen dek seker maar die baljagter rol. Die vraag is sal n ou soos Notshe en Mbonambi n ander top 10 land se 22 tal haal?

Ai tog ·

Ait tog, maar die ander kommentators op hierdie webwerf hou van kerm. Gee die bokke ‘n kans, Rassie het ‘n baie goeie span op meriete gekies! Persoonlik sou ek Esterhuizen bo De Allende, PS Du Toit bo Mostert en Gelant bo Willie gekies het, maar Rassie het seker sy redes en werk daagliks met die manne en is dus in ‘n beter posisie om die spankeuses te maak. Hou tog net om hemelsnaamd op om te kerm oor alles

Erick ·

Wat vir my opval is dat daar slegs DRIE Lions spelers in die totale groep is. Vir my is dit totaal belaglik en ek is nogal ‘n Bulls ondersteuner! Ons rugby in hierdie AFRIKA land het sy alie gesien.

Jannie ·

Komaan Engeland….MAAK ‘N DING WAT SIT!!!! Vreet Bontebok-vleis Saterdag!!!

MANIE ·

Rassie se vandag elke speler is daar op meriete. Dink hy almal is onnosel. Waarom dwing sy meesters in die regering hom om n kwota span te kies as elkeen op meriete daar is.

Johan ·

I say goodbye with a heavy heart to the Springbok (South African) rugby team.

This is my newly adopted rugby team, Ireland, which I support, since I can claim partial Irish heritage, and it’s a team void of “transformation targets”.

For those who may not understand why this means anything, especially here in the United States, I will explain.

Imagine President Trump convinces the government of the United States of America to pass legislation that the NFL must be more representative of the demographic (population) within the US.

Thus, forcing NFL owners to align their player selection along the latest census (2017) demographic for white players to make up 76.9% of their team.

Imagine the uproar, liberal outcry, you-name-it slanders of racism to be heralded at our President.

Well, this is the reason I will no longer support my childhood to adult team I adored. See, the South African government does not see it as racism when it forces your favorite team to be 60% non-white.

As of this Saturday when South Africa, my former Springbok team, plays England in a 3 match series, those targets will be in play. I call it “reverse-racism”, you can call it what you want, it is what it is.

So, goodbye my once beautiful, awe-inspiring, heroic Springbok dream. May you die peacefully and the memories of epic battles remain with me.

I salute you Ireland, slainte!

Callie ·

Ou ai tog, die gesprek moes gewees het oor hoe ver bokke gaan wen. Hoe wil jy hulle n kans gee. Hoeveel kanse nog. Dankbaar hulle speel nie AB nie. Gedink hoe sal hulle gate deur die bok agterlyn hatdloop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.