Stadig oor die klippe met die Springbokspan

Kaapse kritici wil nou vir Bismarck du Plessis in die Bokspan kies. Wat van Malcom Marx na Saterdag se blink vertoning? (Foto GB Jordaan)

Dis een van die lekkerste dinge om  ʼn Springbokspan te kies, maar dan moet jy ook bereid wees om die oogklappe af te haal.

Die span verander weekliks, want as jou span wen, is daar 15 van jou tuisgunstelinge in die Groen en Goud. Maar as  jou span verloor, word daar kwaai kopgekrap.

Die Stormers se leemtes is Saterdag op Nuweland deur die Lions oopgevlek toe hulle met 29-16 geklop is. Waar die deugde van Bok-kandidate soos SP Marais, Dillyn Leyds, Daniel du Plessis, EW Viljoen en Wilco Louw vooraf besing is, hang daar nou  ʼn wolk oor hulle.

Is daar werklik rede tot kommer oor die Bokspan, of hoef die net nie net nie maar bloot wyer tot in Durban, Johannesburg, Pretoria en Bloemfontein gespan te word nie?

In die Kaap word daar gefluister dat daar selfs na Bismarck du Plessis se rigting by Montpellier gekyk moet word, want Bongi Mbonambi het nie die mas as haker opgekom nie. Wat dan van Malcolm Marx, wat vir Mbonambi ore aangesit het?

Daar heers glo kommer oor Marx se ingooiwerk in die lynstane, maar hoeveel lynstane het die Lions teen die Bok-slotpaar Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit verloor?

Die Stormers se twee Bok-losvoorspelers, Sikhumbuzo Notshe en Siya Kolisi, was voor die kragmeting ‘sekere keuses’ vir ʼn Bokspan, maar wat gebeur toe in hul tweestryd met Jaco Kriel, Ruan Ackermann en Warren Whiteley?

Die Lions se lostrio gedy onder die Lionspatroon, maar as hulle in  ʼn ander blik deur die Bok-afrigter, Allister Coetzee, gedruk word en gedwing word om vaster te speel, is hulle steeds so doeltreffend?

Die Stormers (en Bok-kandidate) se litmus-toets (onthou jy nog die laboratoriumdae op skool?) is die volgende drie weke teen die Crusaders, Highlanders en Hurricanes.

Die Crusaders, wat sedert 1996 nog net drie keer in 51 wedstryde deur SA spanne geklop is, sal nog  ʼn rigtingwyser wees.

Dis hoekom enige keurder (en ons leunstoelkenners) hulle nie laat lei deur  ʼn paar goeie vertonings teen middelmatige plaaslike (en Australiese) spanne nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nico ·

As daar enige droster/huursoldaat in die Bokspan is skree ek weer vir die oponente!!!

Douw ·

Wat van Robbie Coetzee as bok hakker? Hy was die Leeus se eerste keuse hakker voordat hy beseer was.

Boerseun ·

Ou storie. Een goeie game en n wp speler word in die bok span ingeskryf. Ek dink sederd 92 het wp die meeste bok spelers gelewer, russeltate praat op die ou end die waarheid. Tel die wp spelers bietjie in die 95 en 2017 spanne

Anton Kld ·

Boerseun ek neem aan jy praat van 2007. Ek het die WP spelers probeer tel in die WC finale ’95 en 07. Ek sukkel om een te identifiseer in 95 en in 07 is Schalk B daar en moontlik ook Jacques F en Brian H. Is dit waarom die bekers gewen is? Min genoeg WP’s
Soos Zandberg Jansen sou sê – nag ou grootte!

Josua Keys ·

Die Lions span is goed genoeg om enige internasionale span aan te durf, daar is genoeg ondervinding, diepte en afrigting is daar beslis genoeg. As daar enige veranderinge in die Lions span aangebring moet word is daar net twee spelers wat ek huidiglik sal insluit, Robert Du Preez(10)WP en Etsebeth(Slot)WP die res van die Lions hou ek net soos hulle is met Ruan Combrink weer terug op regter vleuel en almal hardloop uit met groen en goud, Warren (Kaptein) en Jaco Kriel (o/k). Etsebet moes lankal by die Lions aangesluit het want dan sal hy weer leer om goeie gedissiplineerde rugby te speel, by die Stormers gooi hy sy naam en rugby talent weg en dit gaan nog sy rugby loopbaan inkort voor hy 30jaar oud word. Robbie Fleck uitstekende afrigter maar soos Jantjies nie by Coetzee se spelpatroon kon inpas nie is Etsebet in die selfde bootjie by die Stormers. Ek sal steeds die deur oophou vir enige ander speler wat goeie rugby speel in die Currie beker reeks om enige bok speler te vervang indien diè se spelpeil nie gelewer word nie, lang termyn kontrakte vir die bokke is die grootste rede waarom spelers oorsee gaan en moet onmiddellik ingekort word, kontrakte moet net gegee word vir ‘n toets reeks en hernu word as die spelers hul kant gebring het, rotasie van spelers sook Ackerman reeds uitgewys het by die Lions hou almal op hul tone en dit bring resultate

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.