Stander benoem vir Europese eer

CJ Stander in sy splinternuwe Leeustrui (Foto: Twitter @munsterrugby)

Ierland se Suid-Afrikaanse flank, CJ Stander, is een van vyf spelers wat benoem is vir Europese Beroepsklubrugby (EPCR) se toekenning as Europese speler van die jaar.

Hy verteenwoordig die Ierse provinsie Munster, wat in die halfeindronde van die Europese Kampioenebeker deur Saracens uitgeskakel is.

Stander is onlangs gekies om die Britse en Ierse Leeus op hul komende toer na Nieu-Seeland te verteenwoordig.

Die ander vier benoemdes is Owen Farrell en Maro Itoje (albei van Saracens), Camille Lopez (ASM Clermont Auvergne) en Garry Ringrose (Leinster).

Itoje het die toekenning verlede jaar gewen, en die Suid-Afrikaans gebore Nic Abendanon die vorige jaar.

Die Europese speler van die jaar sal vanjaar die eerste keer die Anthony Foley-gedenkbeker as deel van sy toekenning ontvang.

Foley, ʼn gewese Ierse toetsspeler en destyds die afrigter van Munster, is verlede Oktober skielik in die ouderdom van 42 oorlede.

Munster het twee keer die Heinekenbeker, die voorganger van die huidige Europese Kampioenebeker, gewen toe Foley vir hom gespeel het. Die eerste keer, in 2006, was Foley Munster se kaptein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Net soos profete nie in hul eie land ge-eer word nie, so word van ons land se beste spelers nie plaaslik goed genoeg geag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.