Statistiek toon CJ is beste nr 6 in Sesnasies

CJ Stander – driekuns teen Italië. (Foto: Breaking News)

Ierland se Suid-Afrikaanse flank, CJ Stander, is ingesluit in die beste span uit die afgelope Sesnasiesreeks, wat op grond van statistiek gekies is en op die reeks se webwerf verskyn.

Ongeag die feit dat Engeland die kampioenskap gewen het, is daar vyf Iere in die vyftiental teenoor drie Engelse; en het die Skotte die speler van die reeks opgelewer.

Wallis het eweneens drie spelers vir die statistiekspan opgelewer, en die Franse en die Skotte twee elk.

Die nommer 6-trui is aan Stander toegeken op grond van die 103 keer dat hy die bal gedra het – 30 keer meer as wat die naasbeste draer kon regkry.

In die proses het hy 234 meter met die bal in die hand gevorder en 14 verdedigers geklop.

Stander het insgelyks die eerste voorspeler geword, sedert die Haan Michael Crauste in 1962, om ʼn driekuns in die reeks te behaal.

Die Skotse heelagter, Stuart Hogg, is die twee agtereenvolgende jaar as die speler van die kampioenskap bekroon.

Die vyftiental –

15. Stuart Hogg (Skotland), 14. Keith Earls (Ierland), 13. Jonathan Davies (Wallis), 12. Owen Farrell (Engeland), 11. Simon Zebo (Ierland), 10. Finn Russell (Skotland), 9. Rhys Webb (Wallis), 8. Louis Picamoles (Frankryk), 7. Kevin Gourdon (Frankryk), 6. CJ Stander (Ierland), 5. Courtney Lawes (Engeland), 4. Joe Launchbury (Engeland), 3. Tadhg Furlong (Ierland), 2. Ken Owens (Wallis), 1. Jack McGrath (Ierland).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.