Steeds gesoek: ʼn wonderkuur vir Springbokrugby

Kom ons aanvaar dit maar: Die Springbokspan is ʼn gemiddelde span en daar is geen goue middeweg of kitskuur om dit reg te stel nie.

Om die jaar in perspektief te stel: Die Springbokke het sewe van hul 14 toetswedstryde gewen en het dus  ʼn wenpersentasie van slegs 50%.

Hulle het twee van hul vier toetswedstryde op die jaareindtoer gewen nadat hulle Frankryk (29-26) en Skotland (26-20) verslaan het, maar teen Engeland (11-12) en Wallis (11-20) verloor het. Hulle het vyf drieë op die toer gedruk, maar sewe deurgelaat.

Die Bokke het 332 punte in 14 wedstryde aangeteken, maar ook 330 afgestaan en hulle het 36 drieë gedruk, maar 39 afgestaan.

Die Springbokke het sewe keer teen spanne gespeel wat hoër as hulle en sewe keer teen spanne wat laer as hulle op die wêreldranglys was (toe die Bokke en Wallis in Junie in Washington kragte gemeet het, was hulle nog hoër op die ranglys as die Walliesers).

Is dit ʼn goeie getuigskrif?

Nee, maar moet die afrigter elke keer gepos word as die gewenste uitslae of vertonings nie behaal is nie?

Moet die baba elke jaar saam met die badwater uitgegooi word? Moet daar elke keer ʼn noodberaad gehou word om die oënskynlike probleme op te los?

♦ Almal weet dat die probleme dieperliggend is, van topbestuur af en dan deursyfer na die heel laagste vlak.

ʼn Mens hoef net na die volgende te kyk om die omvang van die probleem te besef:

  • Hoe goed het ons Superspanne die afgelope paar jaar gevaar?
  • Hoe goed vaar ons twee spanne in die Pro14-reeks?
  • Wanneer laas en hoeveel keer het die Junior Springbokke op die o. 20-Wêreldkampioenskap  geseëvier?
  • Wat gaan aan op klub- en skolevlak?
  • Het die allesoorheersende monster van wenrugby nie sy kloue onder die skoolseuns ingeslaan en hul natuurlike spel beïnvloed nie?
  • Wat het geword van die topspelers se basiese vaardighede?
  • Hoeveel van die bonde en Superfranchise’e is finansieel kerngesond?
  • Almal glo ook dat daar te veel inmengery is, dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se transformasieteikens van 50% op aandrang van die regering nie haalbaar is nie, en dat dit gans te veel druk op die afrigters en spelers plaas.

Verlede jaar, en ook die vorige jaar, is ʼn soortgelyke berig oor dieselfde probleme en dieselfde kommerwekkende statistieke en tekortkominge geskryf.

Kom ons maak maar vrede daarmee, daar is nie ʼn kitsoplossing nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
kallie

Mallett moet onmiddellik as afrigter oorneem. Bewese, goeie rekord met die Bokke en is gesout wat toetsrugby aanbetref. Rassie is nat agter die ore as dit by toetsrugby kom, het nie ‘n clue nie.

Frans C

Dit help nie om soos ‘n volstruis kop in die sand te steek nie.Die realiteit is dat ons met ‘n regering sit wat kwantiteit bo kwaliteit stel.Na amper 25 jaar van swak regering en korrupsie op alle vlakke het Suid Afrika nog net ‘n gewone Afrikastaat geword. Dit is moeilik om te glo dat in 1975.waarskynlik voor die geboorte vab baie jong lesers,dit R1-60 vir ‘n Britse pond was teenoor vandag waar dit gedurig teenoor amper R18 verhandel. ‘n Mens kan dus geen speler kwalik neem dat hul ,hul heil oorsee soek nie,want ‘n rugbyspeler se loopbaan is kort en… Lees meer »

Uiltjie

Die Bokke se balvaardighede skiet ver tekort. Hulle wil wedstryde wen, maar sonder die bal. as hulle balbesit het, verloor hulle dit binne dertig sekondes of hulle skop dit weg, terwyl hul opponente tot twaalf fases speel voordat hulle balbesit afstaan.

CJ

Dit help nie om die afrigter te vervang nie. Die blote feit is die rand teenoor euro of pond wisselkoers. Top jong spelers word opgekoop en die gemiddeldes word agter gelaat. Hoe swakker die rand, hoe swakker die rugby.

Veritas

Ons moet nou maar aanvaar dat Springbokrugby se dae, as een van die top spanne, getel is. Die spelers en ondersteuners het vrede gemaak met die feit dat SA nie meer een van die top vyf spanne is nie en dat ons stellig nie die uitspeelwedstryde, in die Wêreldbeker kompetisie, gaan haal nie. Die skrif is aan die muur;_geen afrigter gaan enigsens ‘n verskil maak aan die prestasie van die Boerbokke nie.