Steeds gesoek: ʼn wonderkuur vir Springbokrugby

Kom ons aanvaar dit maar: Die Springbokspan is ʼn gemiddelde span en daar is geen goue middeweg of kitskuur om dit reg te stel nie.

Om die jaar in perspektief te stel: Die Springbokke het sewe van hul 14 toetswedstryde gewen en het dus  ʼn wenpersentasie van slegs 50%.

Hulle het twee van hul vier toetswedstryde op die jaareindtoer gewen nadat hulle Frankryk (29-26) en Skotland (26-20) verslaan het, maar teen Engeland (11-12) en Wallis (11-20) verloor het. Hulle het vyf drieë op die toer gedruk, maar sewe deurgelaat.

Die Bokke het 332 punte in 14 wedstryde aangeteken, maar ook 330 afgestaan en hulle het 36 drieë gedruk, maar 39 afgestaan.

Die Springbokke het sewe keer teen spanne gespeel wat hoër as hulle en sewe keer teen spanne wat laer as hulle op die wêreldranglys was (toe die Bokke en Wallis in Junie in Washington kragte gemeet het, was hulle nog hoër op die ranglys as die Walliesers).

Is dit ʼn goeie getuigskrif?

Nee, maar moet die afrigter elke keer gepos word as die gewenste uitslae of vertonings nie behaal is nie?

Moet die baba elke jaar saam met die badwater uitgegooi word? Moet daar elke keer ʼn noodberaad gehou word om die oënskynlike probleme op te los?

♦ Almal weet dat die probleme dieperliggend is, van topbestuur af en dan deursyfer na die heel laagste vlak.

ʼn Mens hoef net na die volgende te kyk om die omvang van die probleem te besef:

  • Hoe goed het ons Superspanne die afgelope paar jaar gevaar?
  • Hoe goed vaar ons twee spanne in die Pro14-reeks?
  • Wanneer laas en hoeveel keer het die Junior Springbokke op die o. 20-Wêreldkampioenskap  geseëvier?
  • Wat gaan aan op klub- en skolevlak?
  • Het die allesoorheersende monster van wenrugby nie sy kloue onder die skoolseuns ingeslaan en hul natuurlike spel beïnvloed nie?
  • Wat het geword van die topspelers se basiese vaardighede?
  • Hoeveel van die bonde en Superfranchise’e is finansieel kerngesond?
  • Almal glo ook dat daar te veel inmengery is, dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se transformasieteikens van 50% op aandrang van die regering nie haalbaar is nie, en dat dit gans te veel druk op die afrigters en spelers plaas.

Verlede jaar, en ook die vorige jaar, is ʼn soortgelyke berig oor dieselfde probleme en dieselfde kommerwekkende statistieke en tekortkominge geskryf.

Kom ons maak maar vrede daarmee, daar is nie ʼn kitsoplossing nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

kallie ·

Mallett moet onmiddellik as afrigter oorneem. Bewese, goeie rekord met die Bokke en is gesout wat toetsrugby aanbetref. Rassie is nat agter die ore as dit by toetsrugby kom, het nie ‘n clue nie.

Kosie ·

Ag ou Bolla, Kolla, Volla, as jy jou alias verander moet jy jou skryfstyl en die tema van jou galbrakery ook verander…

kallie ·

Rassie is ongelukkig ‘n groot deel van die probleem wat aangespreek moet word.

Judge Dredd ·

Kallie, Mallet het met Carel du Plessie se kreatiewe kalwers geploeg – al wat hy gedoen het was om hulle beter dissipline in verdediging te gee, maar toe begin hulle hul kreatiwiteit in aanval verloor. En toe Mallet se span eers begin verloor toe bly hul gereeld verloor.

So nee, Mallet het ook nie plan nie.
Goeie kombinasie sou miskien Mallet en Carel saam wees.

SA het baie afrigters wat weet hoe om ‘n verdediginde spelpatroon te speel, ons probleem is – het ons die afrigters om ‘n beter aanvallende styl te speel? – om kreatiwiteit en bal vaardighede by die spelers te skep?
Mens kan nie ‘n nul verdedig, netso is enige telling onder 20 punte ook maar moeilik om te verdedig.
Ons moet leer om weer driee te druk.

Frans C ·

Dit help nie om soos ‘n volstruis kop in die sand te steek nie.Die realiteit is dat ons met ‘n regering sit wat kwantiteit bo kwaliteit stel.Na amper 25 jaar van swak regering en korrupsie op alle vlakke het Suid Afrika nog net ‘n gewone Afrikastaat geword.

Dit is moeilik om te glo dat in 1975.waarskynlik voor die geboorte vab baie jong lesers,dit R1-60 vir ‘n Britse pond was teenoor vandag waar dit gedurig teenoor amper
R18 verhandel.

‘n Mens kan dus geen speler kwalik neem dat hul ,hul heil oorsee soek nie,want ‘n rugbyspeler se loopbaan is kort en moet hul finansieël sterk genoeg wees om te kan ophou speel.

SElfs al sal die ANC tot sy besinning kom is die skade wat aangerig is mi onherstelbaar
en moet ‘n mens dit maar verlief neem dat die gloriedae van Springbokrugby verby is.

Dit help dus nie om die afrigter te kritiseer nie,want as jy in agneem dat soveel as 7 lede
van die toergroep nooit gespeel het op die toer nie,beteken dit dat dieselfde spelers
die wa deur die drif moet trek en een of ander tyd hul spelpeil gaan verloor.

Henk ·

Werklik? Wat het die swak regering vol korrupsie en die pond met die bokke se swak vertonings te doen? Kies spelers soos Louw, Malherbe, DeAllende hulself? Besluit Kriel sommer hy is n beter buite senter as heelagter? Besluit Erasmus daar van die pawiljoen af dat Willie soos n waansinnige sot op losskakel moet in storm en die bal tot by die vleuel gooi? Heelwaarskynlik uit desperaatheid om die bal by die vleuels te kry omrede hy besef het dat dit nooit gaan gebeur met Deallende en Kriel op senter nie. O, ek sien, dis die sogenaamde kwotaspelers. Nou verduidelik vir my waarom Marx nie tackle nie. Waarom Marx nie meeding vir die bal by die losskrum nie. Verduidelik vir my waarom nie een van die wit spelers behalwe dalk Vermeulen en du Toit, nie ver bo die res uitstaan nie? Hierdie gemors het niks met pilitiek te doen nie. Dis uit en uit oorbetaalde onder presterende mode poppies en n afrigter wat nie kan insien dat sy volharding met swak spelers en spelers uit posisie wat veroorsaak dat ons bok rugby pateties is!!

Uiltjie ·

Die Bokke se balvaardighede skiet ver tekort. Hulle wil wedstryde wen, maar sonder die bal. as hulle balbesit het, verloor hulle dit binne dertig sekondes of hulle skop dit weg, terwyl hul opponente tot twaalf fases speel voordat hulle balbesit afstaan.

CJ ·

Dit help nie om die afrigter te vervang nie. Die blote feit is die rand teenoor euro of pond wisselkoers. Top jong spelers word opgekoop en die gemiddeldes word agter gelaat. Hoe swakker die rand, hoe swakker die rugby.

Henk ·

Tog het die bok afrigter toegang tot oorsee spelers maar ignoreer hy spelers van formaat soos Serfontein op senter om maar een te noem.

kallie ·

Henk, kyk jy die oorsese rugby? Ek doen en kan vir jou sê Serfontein beteken ook maar nie veel nie.

Veritas ·

Ons moet nou maar aanvaar dat Springbokrugby se dae, as een van die top spanne, getel is. Die spelers en ondersteuners het vrede gemaak met die feit dat SA nie meer een van die top vyf spanne is nie en dat ons stellig nie die uitspeelwedstryde, in die Wêreldbeker kompetisie, gaan haal nie. Die skrif is aan die muur;_geen afrigter gaan enigsens ‘n verskil maak aan die prestasie van die Boerbokke nie.

John ·

Wat meen jy SA wen met niks terwereld wake up and smell the coffee.

Vonnie ·

Al het Rassie nie so goed gevaar nie het ek hierdie jaar vir eerste keer in lang tyd weer die rugby geniet. Daar is nog baie werk maar dit ek dink daar was besig n verbetering. Wallis het Saterdag goed gespeel en ons het foute gemaak op verdediging maar was die heletyd nog in die game. Ek hou nie van verloor nie maar ek geniet tienkeer eerder n wedstryd op die manier as soos wat ons wat verlede jaar verloor het. Daar is beslis lig in die tonnel

Callie ·

Henk, julle bly maar sukkel om te verstaan. Dalk is die spelers wat nou daar is van die besste in die land. Dis nie nou se kwotas wat hulle so swak maak nie. Met die begin van kwotas het die standaard onmiddellik begin daal. Dit is tog logika as jy 3de of 4de besste spelers kies dat standaarde sal daal. Oor die jare het dit geleidelik vererger tot op die punt waar ons nou is. Onthou, daar was die Habanas, die Chesters die JP Petersons wat glad nie kwotas was nie. Maar dan was daar die hordes wat gemaak het dat top spelers oorsee gaan speel en die wat agtergebly het se standaarde het maar bly verlaag want soos kwotas inkom het trots verdwyn. Volgende seisoen moet daar 50 % kwotas wees. Waar dink jy gaan dit eindig. Een kwota in n span verswak hom klaar en trek die ander af. Gaan kyk maar van wanneer af gaan dit so. Julle liberale wat so na verskonings vir kwotas soek gaan moet die paviljoene volmaak. Rugby loop dood ou grote. Vir al bogenoemde redes

Rupert Ashford ·

Los maar Callie. There’s none so blind as those who will not see.

Dave ·

Stem saam met jou Callie. Dinge gaan net vererger. Volgende jaar is die vereiste vir al die skole provinsiale spanne 12 spelers van kleur in die groep van 23. Hierdie jaar op o/13 vlak is spelers so uit posisie gespeel net om genoeg spelers van kleur in die Carevenweek span te kry. Met krieket nog erger. Uit groep van 14 is 8 spelers van kleur waarvan ten minste 6 in die span van 11 moet wees. My seun met 2de meeste lopies op proewe nie in enige van 2 spanne nie omrede hulle ‘n spelers van kleur bo hom moes kies. Dit is dierk deur ‘n keurder aan my bevestig. Ander wit spelers weer in spanne opgeneem op reputasie en omdat hulle van die regte skole af kom. Ongelukkig is daar nie ‘n manier om daar verby te kom nie. Dit maak my hartseer dat hy reeds praat daarvan om nog harder te werk en eendag dalk in Engeland kan gaan krieket speel.

Rinkhals ·

Bok wenpersentasie:
1891-2007: 66%
2007-2018: 60%
2016: 33%
2017: 54%
2018: 50%
Kwota doelwitte progressief verhoog vanaf 2008. In 2017 was dit 40%, die jaar 45%, volgende jaar 50%. So wat is nie duidelik hier met die meestal linieere verhoudings tussen kwota doelwitte en wen prestasie nie?

IK ·

Met die lees van hierdie berig het ek nou-eers agtergekom wat was gister aan die gang . . .

Frans C ·

Henk verstaan nie so mooi nie.Dit is die dae van beroepsrugby,dit beteken dit is ‘n werk net soos enige ander werk.Dus soek spelers steeds beter geleenthede,daarvan getuig die wisselling op plaaslike vlak tussen spanne.

Die probleem is dat jong spelers as hul lank genoeg daar bly naderhand kwalifiseer om
vir die lande te speel en soos C J Stander en dan groot bydraes tot die lande se sukses te lewer.Dat sulke optrede nie onopgemerk verby gaan blyk duidelik uit :’World Rugby vice-chairperson Agustin Pichot has sparked outrage among the home nations by sharing a list of the top international teams and adding what percentage of their squads include players “not born in their countries”.
Hy plaas onder https://www.sport24.co.za/Rugby/world-rugby-boss-sparks-outrage-at-foreign-player-list-20181122 ‘n lys.
Henk kan gerus kyk wie die lande is wat meeste hierby baat.
Henk kan ook gerus kennis neem dat:” According to SA Rugby’s strategic transformation plan, 50% of the Springbok team must be made up of players of colour by 2019.”

Hieruit is dit duidelik dat die blanke speler se toekoms nie langer,hoe hart verskeurend
dit ook al is, nie meer in Suid Afrika is nie.SARU is bereid om die beleid in die hof te verdedig.

Hoop Henk verstaan nou,dat met ‘n verswakkende Rand ,struikelende ekonomie en ‘n kwotabeleid ,tesame met hoë misdaad, die grootste drukfaktore is wat bydra dat spelers
hul heil oorsee gaan soek.

Spike ·

Hoe kan Frans Malherbe wat baie oorgewig is op toetsvlak speel.

John ·

Net soos wat sosialisme nie rykdom kan skep nie of dat n land nie in rykdom inbelas kan word nie, net so kan n kwota stelsel nie kampioene lewer nie – dis al

chrisp ·

Nou begin die kwota sisteem sy kleure wys en dit is slegs die begin.

Pottie ·

1. Kitsoff
2. Marx
3. Du Toit
4. RG
5. Mostert
6. Louw
7. Du preez
8. Vermeulen
9. Faf/ Louis
10. Jantjies
11. Kolbe
12. Pollard
13. Ruan
14. Dyantjie
15. Combrink/ Bosch

Frans C ·

Nee Pottie-SARU soek 50% gekleurd,(eerder etnies swart) in die span.Jy kies dus te veel wittes!

@HENK van What a joke! ·

Wel Henk in sekere opsigte stem ek saam jou maar..
Die huidige anc regering dons Suid Afrika heeltemal op met hul swak regeer eienskappe, hul onvermoe om korrupsie hok te slaan hul onvermoe om werk te skep en hul vermoens om bellegers landuit te jaag oor onteining en onsekerheid te skep oor hul hardkoppige rassistiese beleide! Verder dwing hul rassistiese kwotas en BBBEEE en positiewe diskriminasie beleide af sonder dat enige blanke iets se! Hoe reken jy dat dit nie spelers van kwailiteit oorsee jaag nie huh??
Die Suid Afrika rommelstatus ekonomie raak al hoe slegter soos die rand verder val so loop al die kwaliteit spelers en afrigters soos Ackerman wat nie kans sien vir die kwota sirkus nie oorsee toe!
So dus indirek en direk is die regering verantwoordelik vir die gemors Absoluut man!
Ek stem met jou Rassie is nie die beste afrigter of keurder nie!Hoe so dat die beste RSA Lions super span met so min spelers in die Werfboks/Springbok span opeindig en soveel meer WP spelers???Waar is die krediet vir prestasie???
Nog n ding Stick het nie n clue wat hy daar maak nie..Geheel en al clueless…So ook nie kolisi nie!
Hoe kom hy daar reken jy?Nie politiek nie?
De ellende is soos n toilet wat verstop is, raak ontslae van die “probleem” wat die toilet blok en dinge sal weer vloei…die bal sal die weer vleuels sien..
Begin hier om probleme op te los….

Swartwolf ·

What a joke stem saam met jou. Swak prestasie, sub standaard afrigter en afrigting, patetiese kwota spelers en nog meer patetiese kaptein is net die punt van die ysberg. Ware oorsake is die kwota sisteem wat al van laerskool cravenweek afgedwing word reg deur Vodacom, curriebeker, super rugby en natuurlik bok rugby ook. Die verval van die bok span voeding kompetisies soos klubrugby en ‘n dubbel rondte curriebeker. Die verval van kleiner unies en die konsentrasie van top talent in die grootste unies waar hul uiteindelik nie span kry nie en oorsee gaan speel. Die feit dat die nasionale groep spelers nie sentraal bestuur en vergoed word nie. Die vervalle ZAR en pap ekonomie help ook nie. Voeg daarby ‘n verlies aan trots en nasionale waarde van die springbok trui agv totaal onbevoegde spelers wat Springbokke word agv kwota doelwitte en dis hoekom Springbok rugby op die lang termyn presies op dieselfde pad is as SA sokker.

kallie ·

3 jaar gelede toe daar omtrent 10 Lions spelers in die Bok-span was, het die Bokke die swakste ooit gevaar. Ek kan nog die Lions-spelers in daai agterlyn onthou: Coetzee, Skosan, Combrink, Mapoe, Rohan, Jantjies, Cronje. Daar was minstens 5 Lions agterlynspelers in elke opdrafspan. Useless gewees. Super touch rugby is nie toetsrugby nie.

Spark Plug ·

Frankryk en Skotland het ons eintlik net-net gewen. Frankryk het ons gewen want na 84 min kon ons punte kry en wen…so dit help nie. Volgens my is die span net swakker as verlede jaar, niemand is skerp nie

Arie ·

Die mense kan sê wat hulle wil maar Rassie tas mis asook die verdedigings afrigter – stok. Ons kaptein hoort nie op die veld nie, de ellende ook nie en daar is meer, hoekom vervang ons vlymskerp skrumskakel na halftyd? Rassie het baie om voor te antwoord, hy kies die spelers en vervang soos hy wil net hy kan pa staan dis nou behalwe regstellende aksie

Frans C ·

Hier is ‘n kopkrapper.Sover ek weet word 31 spelers per span toegelaat vir die 2019
wêreldbeker in Japan.Die transformasie olifant staan groot in die Springbokkleedkamer.

Daar moet dus volgens SARU se 50% spelers van kleur wees.Dit is dus 15 tot 16 spelers.
Dus slegs plek vir 15-16 wit in die span. Met dit as maatstaf hoe lyk jou span as SARU 50% gekleurde spelers in die opdrafspan wil sien in Suid Afrika se eerste wedstryd?

Penelope ·

Ek voel eintlik bietjie jammer vir Rassie, want hy kan nie heeltemal sy eie keuses maak nie. Die manne wat uitstaan vir my is: Kitshoff, Faf, Pollard, Nkosi, Du Preez, Kolbe, Dyantjie, Duane, Du Toit, RG. Dit wil voorkom asof Marx, De Allende en Willie bietjie af is. Daar is heeltemal te veel politiek betrokke. Gee vir die mense span soos wat hulle dit verdien!!!
Dit leer mens mos maar om jou beste te gee en hard te werk, niks val net in ‘n mens se skoot nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.