Steroïde-gebruik by Cravenweek neem toe

In hul poging om beroepsrugby te kan speel, is ses skoolseuns by vanjaar se Cravenweek positief vir die gebruik van anaboliese steroïde getoets.

Dit is sowat 6% van die 122 spelers wat getoets is en die meeste spelers wat nóg by die Cravenweek positief getoets het.

Dié syfer, en ook die aantal positiewe toetse vir die afgelope jare, is hierdie week in die jaarverslag van SA Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) bekend gemaak.

Daar word gewag daarvan gemaak dat daar geen afname in die aantal gevalle is nie. In 2014 is drie seuns positief getoets, in 2015 was dit vyf, met vier in 2016 en drie verlede jaar.

Daar sal voortaan nóg meer gedoen word om die toename van opkikkers se gebruik onder skolerugbyspelers te uit te roei, aldus Khalid Galant, die uitvoerende hoof van Said.

Hy sê Saids se sameweking met die Valke se afdeling wat met die handel in steroïde getaak is, sal nou verder uitgebou word.

Galant sê die aantal oortredings op skoolvlak is ontstellend en Saids is veral bekommerd oor die traak-my-nie-agtige houding van ouers en afrigters teenoor die gebruik van opkikkers.

Saids het vanjaar met die Skoon Skolesport-beleid begin deur aan toernooi-organiseerders die strategieë vir die opspoor van opkikkers, die strawwe en voorkomende strategieë uiteen te sit.

Dit sal by uitgesoekte skolesport-byeenkomste en toernooie toegepas word en word in samewerking met die SA Skolerugby-vereniging (SASRV) en met die steun van SA Rugby en die departement van sport en ontspanning gedoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pim09 ·

Ongelukkig het hierdie kinders ouers en afrigters wat niks vir hulle omgee nie….. Dis jammer hierdie ouers kan nie ge’name & shame’ word nie. Stel jou kind se lewe ingevaar vir rugby, regtig.

Swartwolf ·

Nee Oom dis net protein shake. Of dalk die griepmedisyne wat ek geneem het toe ek siek was.

Dwelmvry!! ·

SAIDS moet net by meer byeenkomste hulle ding kom doen. Onlangs het seuns rugby gespeel in toernooi en daar was darem ‘n paar “hardebaard” manne wat nog onder 15 speel! Almal kon duidelik sien dat party seuns net onnatuurlik gebou is vir hulle ouderdomsgroep. Dit help nie net om op Cravenweek te konsentreer nie – seker 5% van al die rugbyspelende seuns gaan Cravenweek toe.

Pa ·

Ek wens net hierdie SAIDS kan baie meer sigbaar word. Onlangs toernooi gespeel wat jy duidelik kan sien dat daar “gespuit” word – die seuns lyk glad nie soos normale onder 15 seuns nie. Eerstens het jou seun geen kans om eens mededingend te wees nie. Tweedens maak die steriodes die ouens nog meer agressief en omdat hulle groter lywe het, soek hulle heeltyd skoor met die kleiner seuns. By elke wedstryd moet daar gekwalifiseerde noodhulp wees – hoekom kan SAIDS nie van hierdie mense oplei om lukraak toetse te neem van drie spelers per span nie? Baie keer word goeie spelers oor die hoof gesien vir provinsiale kleure ten koste van die “verneukers”.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Skors die afrigters wat toesien dat kinders steroiedes gebruik. Dit is hulle wat ter wille van hul self-beeld en prestasie beheptheid die kinders “dwing” om opkikkers te gebruik. Ouers is dikwels ook skuldig hieraan.

Anti steriod ·

Gaan praat met n kardioloog oor wat steriods doen aan jou kind. Kinders so jonk as 14 wat hart aanvalle kry agv steriods

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.