Steur die bonde hulle aan kritiek?

Die ondersteuners in die Kaap is briesend oor die hoë prys van die kaartjies vir die toets in die Rugbykampioenskap teen die All Blacks op 7 Oktober op Nuweland, want dis duidelik dat die unie wil skep terwyl hy kan, en basta met die kritiek.

Die Westelike Provinsie-rugbyunie het verlede week aangekondig dat die toetskaartjiepryse tussen R950 en R450 vir sitplekke en R150 vir staanplekke sal wissel.

Ja, Nuweland het laas in 2008 ʼn toets teen die All Blacks aangebied, en nou gaan die unie munt daaruit slaan.

Toe die All Blacks verlede jaar in Durban teen die Springbokke gespeel het, was die duurste toetskaartjie R650.

Die pryse van kaartjies vir die komende toets in Bloemfontein teen die Wallabies wissel tussen R300 en R500, en die pryse van kaartjies in die onlangse toets in die Baai teen die Argentynse Poemas het tussen R75 en R500 beloop.

Maar wees maar verseker dat Nuweland vol gepak sal wees, oor die aantrekkingskrag van die All Blacks en die oplewing van Springbokrugby.

Hoekom word die pryse so gelaai? Omdat die unies om ʼn verskeidenheid redes noustrop trek, oor die kwynende toeskouersgetalle in die onlangse Superrugbyreeks en nou ook die Curriebekerreeks.

Die WP speel Saterdag teen die uitgedunde Vrystaatse Cheetahs, en kaartjiepryse wissel tussen R60 en R100 vir sitplekke. Dis vir ʼn kragmeting teen ’n bond se amperse derde span, omdat sy beste spelers in die Pro14-reeks speel. Die wedstryd begin ook om 15:00, en oorvleuel byna met die Bokke se toets in Perth teen die Wallabies.

Nuweland, net soos al die ander stadions, se toeskouergetalle kwyn ook.

Slegs 2 792 toeskouers het die kragmeting teen die Pumas bygewoon, 9 873 teen die Blou Bulle, 9381 teen die Goue Leeus en 12 522 teen die Sharks.

Dis die beste van al die bonde, maar steeds nie genoeg om die wolwe van die voordeur af weg te hou nie.

Dis hoekom die bond teen die All Blacks gaan skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frans C ·

Dit was mos die WP se beleid om spelers teen enorme koste van ander provinsies aan te koop
eerder asom dit in die ontwikkeling van eie talent te bestee en nog steeds geen Superrugbybeker te verower nie.

rollie ·

Jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie. WP verskaf die meeste ontwikkelde spelers aan ander unies nou kla jy as hulle ‘n paar terugbring (meestal ou WP-manne).

Frans C ·

Moet ek jou ‘n lys verskaf van die spelers wat die WP aangekoop het,soos bv. Fourie,Habana,Jantjies, Vermuelen en wat van jul onlangse Vrystaat aankope. Dit help nie jy ontwikkel spelers en gee hul nie speelkans in jou eie span nie.
Duidelik weereens ‘n bewys ‘jy het die klok hoor lui,maar weet nie waar die bel hang nie’.

rollie ·

Jy noem ‘n paartjies, WP staan tientalle spelers ELKE JAAR af aan ander unies. WP is die hoofvoedingsbron van spelers (by verre) in die land. Dit is ook so dat WP nie al die talent kan behou nie, daar’s te veel (hulle kan nie almal vir WP speel nie). Wees dankbaar dat pappa WP vir julle goeie spelers aanstuur, the Gift of the Givers. LOL

Nico K ·

Frans, noem vir my ‘n unie wat nie met ander provinsies se spelers speel nie?

Frans C ·

Dit gaan oor die ontwikkelling van spelers en speelkanse.Hoe meer spelers jy aankoop hoe minder kans is daar vir die plaaslike talent,maak nie saak hoeveel jy aan hul ontwikkelling bestee nie.

Die Leeus het met spelers wat nie goed genoeg geag is by ander bonde meer reggekry as
die bonde soos die WP wat grootnaamspelers aangekoop het.Natuurlik koop die ander grotes soos die Sharks ook.Die Cheetahs en Leeus is egter die bonde tesame met die kleiner Unies wat spelers verloor hetsy plaaslik of oorsee.

Dit maak nie sin om sommige provinsies ten koste van ander sterker te maak nie.Dit is ‘n model wat veral die klubs oorsee volg.Ses Suid Afrikaners,plus ‘n tros ingevoerde spelers
mag vir ‘n sterk span teen die Cheetahs sorg,maar doen niks vir die plaaslike talent nie.
Onthou die Cheetahs is die huidige Curriebeker kampioen.
Frankryk sit met dieselfde probleem en het maar redelik sleg verloor teen die Bokke.

Het die verskuiwing en aankope Springbokrugby enigsinds beter gemaak? Kon enige span wat onlangs groot aankope gemaak het, hond haaraf gemaak in die afgelope Super 18 reeks?

Is dit werklik ‘n prestasie as die Sharks ‘n derde span van die Cheetahs klop en is jy opgewonde daaroor as jy ‘n Sharks ondersteuner is?

Nico ·

Ag nee wat kyk maar op tv dis veiliger en daar vloek niemand die ref en boo die ander span nie en braai n lekker stukkie steak

Callie ·

Dalk net dophou wat gebeur oor die volgende 2 Saterdae. Is daar regtig n verbetering by die bokke. Franse was baie swak en Argitinie het met sy Superspan gespeel wat niks in Superreeks reggekry het nie. Wie betaal daai bedrag vir n kaartjie as jy weet jou span gaan verloor. Vergeet ek, deesdae word n span wat amper gewen het se lof besing. Naas se woorde, n punt of 20 punte,n wen is n wen. Dit is waaroor dit gaan

vrikie ·

Miskien moet die wp toeskouers dalk so ‘n paar ‘tyres’ brand voor die toets, byna almal van hulle ondersteun die All Blacks in elk geval

rollie ·

Jy huil oor WP wat oor ‘n tydperk van tien jaar slegs ‘n paar wereldsterre aangekoop het. Hoe belaglik, ander bonde teer op WP se talent, die laaities word sommer gekoop nog voor hul skool klaargemaak het. En waar vaar die Lions nou kamma beter as WP? Die afgelope twee jaar het die Lions iets reggekry maar voorheen was hulle pateties. Die Stormers is konstant in die uitspeelrondes van superrugby en het ook die beste rekord teen die oorsese spanne van alle SA spanne. Soos gewoonlik praat jy bollie.

Frans C ·

Haai shame daar doen ek die arme Sharks ‘n onreg aan.Hulle was darem daar in 1996,2001 en 2007. Genugtig die eerste twee is so lank gelede dat dit my skoon ontgaan het.
Jammer Sharks manne.Dus opsommend Superbekerwenners,Lions 1, Bulls 3, Haaie nul,
Stormers nul.Dus 4 nul vir die manne van die Noorde.Dalk tyd vir die manne van die Suide
om minder te praat en meer te doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.