Daar was ʼn stewige Suid-Afrikaanse hand in Israel se sege van 34-22 Saterdag in Pafos oor die tuisspan, Ciprus, in die Rugby Europa-kampioenskap.
Die gewese Witsie Ori Abutbul (buitesenter) het nege van die wenspan, wat rustyd net met 17-15 voor was, se punte aangeteken. Hy het drie drieë verdoel en met ʼn strafdoel geslaag.
Die gewese Ikey-breier Kevin Musikanth is die span se hoofafrigter. Botter Lourens, ʼn gewese Cravenweek-speler van die eertydse Transvaal, slyp die voorspelers.
Nóg twee Suid-Afrikaanse klubspelers het Israel help wen: Jayson Ferreira (flank), vroeër vanjaar een van Pirates, Johannesburg, se uitblinkers; en Jared Sichel (haker), voorheen van Durban Collegians.
Dit was Israel se 100ste amptelike toets.