Stonehouse gee oefeninge vir skoolrugbyspelers

Jimmy Stonehouse. Argieffoto.

Jimmy Stonehouse is ’n hardebaard-rugbyafrigter wat beslis nie enige stories van kabouters duld nie.

Die rugbydirekteur van die Pumas het al sukses in Suid-Afrika, Japan, op skoolvlak en op die internasionale verhoog gesmaak; en veral sy kanniedoodhouding en eerlikheid word wyd en syd gerespekteer.

Boonop is sy span ook van die fiksste in die reekse waarin hulle speel en Maroela Media het aan sy deur geklop om raad aan skoolrugbyspelers te gee wat in

Die gespierde Stonehouse weet beslis baie van fiksheid en kondisionering. Foto: Facebook.

die komende tydperk van afsondering by die huis sit.

Boonop is die meeste skoolrugbywedstryde ook afgelas, maar enige speler wat sy sout werd is, sal sy fiksheidsvlakke op standaard wil hou.

Hier is Stonehouse se oefenplan wat skoolspelers gerus by die huis kan aanpak. En verskoon maar die Engels; dit is dêksels moeilik om die korrekte Afrikaanse terminologie vir woorde soos “mountain climbers” en “plank” te kry!

Oefening een (die Pumas doen ses rondes van elke oefening):

  • One leg Bulgarian split squats (15 repetisies per been)
  • Side plank (40 sekondes)
  • Opstote (30 repetisies)
  • Optrekke (15 repetisies)
  • Step ups (15 per been)
  • Dips (30 repetisies)

Oefening twee se Super-stelle (die Pumas doen vier rondes van elke oefening):

  • Walking lunges (15 per been) en squat jumps (30)
  • Opstote (20) en burpees (20)
  • Mountain climbers (15 per been) en bicycle crunches (15 per been)
  • Side skater jump (15 per been) en optrekke (15 repetisies)

Oefening drie (die Pumas doen ses rondes van elke oefening):

  • Knee to feet box jump (15 repetisies)
  • Back extention (12 repetisies)
  • Inverted row (30 repetisies)
  • Opstote (30 repetisies)
  • Single glute bridge (20 links en regs)
  • Front plank en side plank (40 sekondes/40 sekondes/40 sekondes)
  • Jumping lunge (20 per been)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.