Stonehouse gesels met die ‘Losgemaal’-manne

Foto: Verskaf.

Vir Jacques “Cappie” Henning en Hein Diemont is daar niks lekkerders as om oor rugby in Afrikaans te gesels nie; en met die Britse en Ierse Leeus in Suid-Afrika is daar ongetwyfeld baie dinge om oor te praat.

Die twee entoesiastiese leunstoel-ondersteuners – een ’n vryskut-sportvideoredigeerder en die ander ’n rekenmeester – is mal oor sport en hulle het Die Losgemaal, Afrikaanse aanlyn rugbygeselsprogram, van stapel gestuur.

Die konsep van Die Losgemaal behels dat die twee aanbieders ’n “kenner” of huidige/voormalige spelers as gaste nooi en dan met hulle gesels oor die jongste verwikkelinge in die Suid-Afrikaanse rugbylandskap.

Jimmy Stonehouse kuier dié keer saam en die Pumas se hardebaard-breier gee sy mening oor vanaand se SA A-span-kragmeting teen die Britse en Ierse Leeus.

Hy gesels onder meer oor die skrums en die tuisspan se kanse om die Europese besoekers te stuit.  Die gashere vind ook by hom uit hoe die Leeus-toer en Covid-19-maatreëls die Curriebeker-kompetisie beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.