Stormers bra vaal voordat hulle Sunwolves klop

Die Sunwolves se Shuhei Matsuhashi in beheer van die bal voor die Stormers se Edwill van der Merwe tydens die Superrugbywedstryd in Kaapstad (8 Junie 2019) (Foto: AP Photo/Nasief Manie)

ʼn Oorwinning in die sakkie, maar nie een waarop jy baie trots sal kan voel nie.

Die Stormers het tog wraak geneem vir verlede jaar se nederlaag teen die Sunwolves en hulle het hul om kanse om in die kwarteindronde van die Superreeks te speel, ʼn hupstoot gegee. Maar die tuisspan, met verskeie nuwelinge en groentjies wat kans gekry het om te oortuig, kon die Japanse teenstanders net met 31-18 klop nadat hulle rustyd met 14-6 voor was.

Ai, om darem ʼn noodsaaklike bonuspunt weg te smyt met net ʼn paar minute oor, getuig darem nie van ʼn span waarop jy jou huis sal sit nie.

Die groot vraag is of die Stormers hul verpligtinge aanstaande Saterdag op Kingspark teen die Sharks op ʼn hoogtepunt kan afsluit. Die Sharks het tuisveldvoordeel, hulle het 35 ligapunte teenoor die Stormers se 34.

Vir die wenspan staan die deur na die kwarteindronde wawyd oop. Maar vir die verloorspan kan sake op die laaste dag nog in ʼn nagmerriejaar verander.

Saterdag se Stormers-sege was boonop teen ʼn span wat hul laaste sewe wedstryde verloor het, meer as 40 punte gemiddeld per wedstryd afgestaan het en boonop nie meer in 2021 Superrugby sal speel nie.

ʼn Mens moet jou nie blind staar teen statistiek nie, maar om darem net 42% teenoor 56% besit te hê, spreek nie van oorheersing nie. Ook nie die 346 meter wat die Stormers met die bal gevorder het teenoor die Sunwolves se 397 meter nie.

Wat van die 120 duikslae wat die Stormers moes uitvoer en die 18 wat hulle gemis het teenoor die Sunwolves se 77 duikslae waarvan hulle net 14 gemis het. Wat van die 99 balle wat die Stormers aangegee het teenoor die Sunwolves se 130?

Ja, ʼn wedstryd word tussen die vier lyne gewen en nie op ʼn rekenaar nie, maar tog sal selfondersoek gedoen moet word.

Het die Stormers ʼn kans? Ja, as hulle topspelers van hul beserings herstel het, as hulle met durf en passie en dissipline speel. Daar is ʼn sprankel tussen van die nuwelinge, soos Jaco Coetzee en Craig Barry.

Punte: Stormers 31 (14): Drieë: Bongi Mbonambi, Craig Barry, Jaco Coetzee (2). Doelskoppe: Jean-Luc du Plessis (3), Josh Stander. Strafdoel:  Stander

Sunwolves 18 (6): Drieë: Simisi Masirewa (2). Doelskop: Hayden Parker. Strafdoele: Parker (2)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Bernard ·

Stormers speel aanstaande saterdag tewn sharks niw lions nie!

Sune van Heerden ·

Dagsê Bernard

Ons vra om verskoning vir die fout. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gatvol. ·

Ag Nee! Is daar dan geen diepte nie? Hoekom altyd sanik oor Spelers wat AFSIEK is? Wat gaan gebeur indien dieselfde spelers nie beskikbaar is, indien daar uitspeel wedstryde moet plaasvind?

w ·

Laat my kop in skaamte sak as Stormers ondersteuner. Hul kan maar in my tuin kom speel, sal nie gordyne ooptrek om te kyk, hul moet net nie in beddings mors

Stefan ·

Moenie worry nie, Egon Seconds sal hul volgende game blaas en wie weet watse bydrae die TMO sal maak.

Babertondaisy ·

Dankie aan seconds en jonker is die windjies darem nie tweede laaste op die log nie. Totaal ‘n vernedering vir SA rugby dat twee sulke beslissing ‘n span met soveel “springbokke” moet red van amperse relegasie. Nee so kan dit nie aanhou nie dis nie atletiek nie dis rugby onregverdige voordeel kan nie in die hof beveg word nie maar almal sien dit nog steeds.

Theo Keyter ·

Kry julle feite reg. Stormers teen die Sharks is volgende naweek op Nuweland.

Swartwolf ·

Die sonwolwe sukkel maar. Stormers baie swak wedstryd moes meer punte opgestapel het teen ‘n span wat net duskant amateur is. Geen verskoning vir Stormers, nie verswakte span nie eintlik swak span.

kolla ·

WP se Curriebeker-span enigste wen in Super Rugby ander SA spanne treurig gewees die rondte. Dankie tog dat iemand darem SA se naam hoog hou.

Ai. ·

As dit maar al is hoe hoog iemand Suid Afrika se naam hou dan lyk dit maar nag vir Suid Afrika…All blacks gaan hulle mors veral as jy dink die stompie span deur die hele kompetisie met al sy kamtigge toets spelers en waar is hulle op die ranglys??? En hoeveel van daai stompies span gaan nou weer in die toetspan wees,helfde of driekwart..nag inderdaad…

kolla ·

Hoe sal die ander SA spanne vaar met minstens 10 beserings? Ons Curriebeker span het nietemin gewen meer as wat van die ander useless SA spanne gesê kan word.

Swartwolf ·

Die sonwolwe is uiters swak. Wat meer kommerwekkend is is dat as dit nie vir 2 skeidsregtersbeslissings in vorige wedstryde was nie, was Stormers net een plek bo die wolvies, of tweede laaste op die log of dit nou hul super rugby of Currie beker span is maak nie saak nie. Heeltemal onaanvaarbaar vir ‘n span met soveel kamtige springbokke. Dis nie SA spanne se naam hooghou nie die eintlik ‘n skande.

Dropkick ·

Ek het probeer kyk na die wedstryd gister, maar ek kon net 10 minute verduur. Die kaapse spannetjie is werklik in die verkeerd kompetisie(natuurlik die sunwolves ook). Super rugby is n trappie of drie te hoog vir hulle.

Ai. @dropkick. ·

Ek gee jou n duim op vir daai kommentaar dropkick..

Smirre ·

Ja dropkickstem saam – na 10 min proe selfs ordentlik wyn sleg as mens die spulletjie dophou. Dis omdat die rugby nie premium class is nie eerder papsak level.

Smirre ·

Lees die artikel. Die statistiek wys hoe ellendig die Stormers was op hul eie veld teen basies ‘n hoerskoolspan. Onthou laas jaar het die wolf welpies die Stormers geklop. Bulle speel twee naweke gelykop teen NZ spanne met regte toets spelers in NZ. Watter span het nou SA se naa hoog gehou ?

kolla ·

Stormers enigste wat gewen het so enigste span wat SA se naam hoog gehou het. Nulle verloor tuis en weg teen amateur asado spannetjie wat sa konferensie wen. Verloor ook met 50 punte tuis teen Crusaders. Pateties.

Bul ·

Jy vergeet vinnig van 40-3 op Loftus asook dat die asado span myle bo die windjies op die log is …ha ha wat ‘n grap.

Bul ·

Asado en bulle albei bo Stormers op log en beter kanse om om play offs te maak. Seconds en jonker ingesluit……

kolla ·

Stormers 2 – Nulle 1. Stormers het die amateur Asado-braaivleisspannetjie sommer behoorlik afgestof op Nuweland (35-8) en ‘n tango rugbyles geleer. Lions het die Asado’s tuis en weg geklop, hulle is glad nie so goed nie. Net nulle en guppies het alles teen hulle verloor en SA se naam so deur die modder sleep. Jy moet darem wragtig vrotsleg wees om alles teen ‘n amateur spannetjie (wat slegs rugby speel vir ‘n asado, biertjie en tango na die tyd) te verloor

Super fan ·

Pieter Kruger- skokkende navorsing. Hulle speel op Nuweland!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.