
Seabelo Senatla word met een van sy drieë geluk gewens. Foto: Hansie Linde.
Al die plaaslike Verenigde Rugbykampioenskap-spanne het die afgelope naweek met die oorsese besoekers afgereken. Die Stormers se oorwinning van 55–7 teen Zebre in Stellenbosch was ongetwyfeld die kersie op die koek.
Die Kapenaars het die Italianers van hul voete gehardloop om nege drieë te druk. Seabelo Senatla het met sy spoed en vaardigheid beïndruk en hy het drie keer oor die besoekers se doellyn geduik.
Dan het Scarra Ntubene en Leolin Zas elk twee drieë gedruk, terwyl Damian Willemse – wat in sy 50ste wedstryd vir die Stormers gespeel het – soos ’n warm mes deur botter deur die besoekers se verdediging geglip het om ’n goeie individuele lopie af te rond.
Volgens die jongste punteleer is die sterbelaaide Sharks tans sesde op die punteleer, gevolg deur die Stormers (agtste), Bulls (tiende) en Lions (14de).
Boonop wag daar nog ’n tuisveldronde op die Suid-Afrikaners.
- Puntemakers:
Stormers: Drieë: Seabelo Senatla (3), Scarra Ntubeni (2), Leolin Zas (2), Manie Libbok en Damian Willemse. Doelskoppe: Libbok (4) en Tim Swiel.
Zebre: Drie: Eric Cronje. Doelskop: Carlo Canna.
- Uitslae:
Sharks 37–25 Scarlets
Bulls 29–24 Munster
Lions 37–20 Cardiff
Stormers 55–7 Zebre
- Komende naweek se bepalings:
18 Maart: Bulls teen Scarlets om 19:10
19 Maart: Lions teen Munster (14:00) en Sharks teen Zebre (18:00)
20 Maart: Stormers teen Cardiff (14:00)
- VRK-punteleer:
- Leinster 50 punte
- Ulster 49 punte
- Munster 41 punte
- Glasgow Warriors 39 punte
- Edinburgh 39 punte
- Sharks 31 punte
- Ospreys 30 punte
- Stormers 29 punte
- Connacht 28 punte
- Bulls 27 punte
- Benetton 23 punte
- Scarlets 22 punte
- Cardiff 18 punte
- Lions 17 punte
- Dragons 11 punte
- Zebre 2 punte
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Darm maar lekker as ons spanne almal wen. Maak nie saak wie jy ondersteun nie.