Stormers en Willemse: Wie mag wanneer waar speel?

Damian Willemse – duidelike riglyne is nodig. (Foto Twitter @DamianGaza10)

Die Stormers se besluit om hul goedkeuring dat Damian Willemse saam met die Junior Springbokke op ʼn spanboutoer kan gaan, terug te trek, laat ʼn mens weer kopkrap oor die rangorde van die land se verteenwoordigende spanne.

Die Stormers gaan nou vir Willemse in Saterdag se wedstryd teen die Chiefs op Nuweland inspan.

Dit gaan nie hier oor kritiek teen die Stormers se besluit of oor Willemse as speler nie. Hy is ʼn jong juweel, met bewese gehalte dat hy hom op Supervlak kan laat geld en selfs teen die Chiefs ʼn deurslaggewende rol kan speel.

Maar, al is die toer waarvan hy onttrek is, nie die o.20-Wêreldkampioenskap nie, is Willemse ʼn lid van ʼn nasionale span.

Die Junior Bokke is op ʼn voorbereidingstoer, ʼn spanboutoer, om as span te groei ter voorbereiding vir hulle titelaanslag en in die verlede is die Junior Bokke nog altyd hoër geag as die Superspanne.

Voeg daarby dat Willemse ook nie tuis in die twee minitoetse teen Georgië gespeel het nie. Hy is tans eintlik ʼn “buitestaander” wat eers voor die internasionale toernooi werklik lid van die span word.

Wanneer hy die Junior Bokke in die Wêreldkampioenskap verteenwoordig, sal dit wees sonder dat hy in een van die span se opwarmingswedstryde gespeel het en boonop min van hul oefeninge bygewoon het.

Elke wedstryd wat hulle op die voorbereidingstoer speel – teen Skotland, Wallis en Engeland – is ʼn internasionale wedstryd. Moet die Stormers, of enige ander Superspan in ʼn soortgelyke situasie, dus voorkeur kry?

Klaarblyklik is die Junior Springbokke óók hoër op die pikorde as die Blitsbokke. Muller du Plessis het tien dae gelede in Singapoer in sy vierde toernooi vir die Blitsbokke gespeel, maar sal die laaste twee (deurslaggewende) sewestoernooie in Londen en Parys misloop nadat hy vir die Junior Bokke vir die Wêreldkampioenskap gekies is.

Die seweskeurders moet boonop ook by die Superspanne bakhand staan as hulle manne soos Tim Agaba vir die Statebondspele benodig. Agaba is toe daar beseer en die Bulls is nou ses maande sonder sy dienste.

Lyk die pikorde dus soos volg?

  1. Springbokke
  2. Superrugby
  3. Junior Springbokke
  4. Blitsbokke

Indien dit wel so is, hoekom is Handré Pollard in 2014 in die Junior Springbokke se span ingesluit terwyl hy vir die Bulls gespeel het? Kort ná die o.20-toernooi het hy Springbok geword.

Dit lyk nie na iets wat heeltemal vasgemaak is nie. Miskien goed so, want dan kan daar meriete-beoordelings gedoen word soos en wanneer dit nodig is.

Maar ʼn mens sou darem graag wou weet wanneer geld wat …

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

rollie ·

So terloops – is dit korrek om na die Onder 20’s as Junior Springbokke te verwys?

Wim van der Berg ·

Dankie vir jou navraag, Rollie.
“Junior Springbokke” is die naam wat amptelik deur SA Rugby vir die o.20s gebruik word nadat dit ‘n paar jaar gelede so deur hulle aanvaar is. (Die ouer geslag sal onthou dat Junior Springbokke nie-Springbokke was wat op die randjie van die Bokspan was. Sedertdien het hulle – in iewat ander gewaad – die Opkomende Bokke en toe die SA ‘A’-span geword.)

rollie ·

Dankie, Wim. Ek onthou ook dat ‘n SA O24 -span op ‘n stadium in die verlede bekend gestaan het as die Junior Springbokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.