Stormers klop futlose Blues ná goeie eerste helfte

Twee dinge gaan die verstand te bowe: Hoe het die Lions verlede week teen die Blues verloor, en hoekom het die Stormers met verwarrende, feitlik eenderslykende truie, as die besoekers gespeel?

ʼn Ietwat futlose Bluesspan het sy Superwedstryd Saterdag op Nuweland teen die op-en-wakker Stormers met 20-37 verloor en is nou weer waar Nieu-Seelanders glo hierdie span moet wees; onderaan die punteleer.

Die Stormers, wat gestraf is met beserings en griep in die spelersgroep, was met rustyd reeds 24-3 voor. Die Blues het in die tweede helfte stukke beter vertoon en ook drie drieë teenoor een gedruk, maar die rustyd-agterstand was eenvoudig te groot om in te haal..

Die Stormers het veral foute goed uitgebuit, en JJ Engelbrecht speel op vleuel stukke beter rugby sedert hy as Springboksenter Suid-Afrika padgegee het; en saam met EW Viljoen vorm Damian de Allende ʼn gedugte senterpaar.

Pieter-Steph du Toit was, veral in die eerste helfte, invloedryk met lopies en die  aflaai van die bal, en Damien Willemse word met elke wedstryd beter.

Puntemakers –

Stormers (24) 37: Drieë: EW Viljoen (2), Raymond Rhule, Dewaldt Duvenage. Doelskoppe: Damian Willemse (4). Strafdoele: Willemse (3).
Blues (3) 20: Drieë: Akira Ioane, Michael Collins, Rieko Ioane. Doelskop: Stephen Perofeta. Strafdoel: Bryn Gatland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

Die wedstryd is deur die Stormers voorlangs gewen en het so talle kanse vir die agterspelers geskep,wat ook die Blues se agterlyn in toom gehou het.

rollie ·

Die Lions het verloor teen die Blues want hulle kan skaars die Sunwolves klop. Hoekom het die Blues nie in ander truie gespeel nie? As die skrywer mooi opgelet het, sal hy sien dat al die weg-spanne in die kompetisie met ander truie speel indien nodig.

Nico K ·

Ja die truie het darem te veel dieselfde gelyk. Ek het in my jong dae ‘n wit en swart tv gehad. Weet julle hoe deurmekaar sou Saterdag se wedstryd my gemaak het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.