Stormers kry Bok by, verloor een vir Australasiese toer

Pieter-Steph du Toit – fiks vir die Stormers se toer (Foto: sarugby.co.za)

Die Stormers kry een Springbok terug vir hulle toer na Australasië, maar verloor ʼn ander.

Die slot/flank Pieter-Steph du Toit, wat die Kapenaars se eerste wedstryd Saterdag teen die Jaguares weens ʼn rugbesering misgeloop het, is fiks en sal saam met die span vir die drie wedstryde in Australië en Nieu-Seeland vertrek.

Maar die Bokke se nommer twee-toetshaker, Bongi Mbonambi, sal nie die toer meemaak nie. Hy het ʼn noodoperasie ondergaan nadat sy blindederm gebars het en is Vrydag aan die span onttrek wat op Nuweland teen die Jaguares gespeel het.

Ramone Samuels is toe Saterdag na die opdrafspan bevorder met Dean Muir wat die plaasvervangerhaker op die bank was.

Die Stormers se afrigter Robbie Fleck het 27 spelers vir die toer van drie wedstryde gekies.

Die Stormers spring teen die Waratahs in Sydney weg en meet dan in Nieu-Seeland kragte met die Crusaders en die Highlanders.

Sikhumbuzo Notshe, wat deur die Blitsbokke vrygestel is, is in die toergroep ingesluit.

Toergroep –

Nizaam Carr, Damian de Allende, Jan de Klerk, Pieter-Steph du Toit, Dewaldt Duvenage, JJ Engelbrecht, JC Janse van Rensburg, Steven Kitshoff, Siya Kolisi (kapt.), Dillyn Leyds, Wilco Louw, Sarel Marais, Dean Muir, Sikhumbuzo Notshe, Caylib Oosthuizen, Justin Phillips, Raymond Rhule, Carlu Sadie, Ramone Samuels, John Schickerling, Seabelo Senatla, Kobus van Dyk, Chris van Zyl, EW Viljoen, George Whitehead, Cobus Wiese, Damian Willemse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.