Losvoorspelers Jaco Coetzee en Sikhumbuzo Notshe is in die Kapenaars se groep van 25 spelers vir hul Argentynse avontuur.
Die span speel die naweek teen die Jaguares in Buenos Aires.
Albei spelers het van hul beserings herstel en sal saam op die vliegtuig klim.
Die Stormers – wat Saterdag die Bulls op Nuweland geklop het – sal poog om die Jaguares vir die tweede keer dié seisoen te troef wanneer hulle Saterdag om 21:40 (SA tyd) teen die Argentyne op die Estadio Jose Amalfitani uitdraf.
Ander losvoorspelers, Pieter-Steph du Toit (skouer) en Ernst van Rhyn (elmboog), is steeds onbeskikbaar, terwyl Siya Kolisi (flank) en Frans Malherbe (stut) moet rus as deel van die Springbokke se wedstrydbesturingsprogram.
Die Stormers se breier, Robbie Fleck, het gesê die spelers sal alles gee om die Argentyne weer te klop.
“Ons wil op ons goeie prestasies van die afgelope ruk voortbou en dít is ’n lekker geleentheid om weg van die huis te wen.
“Ons het ’n loslootjie ná die wedstryd, so ons sal alles in die stryd werp hierdie naweek in Buenos Aires,” het Fleck gesê.
Stormers se groep na Argentinië: Jaco Coetzee, Damian de Allende, Jean-Luc du Plessis, Johan du Toit, JJ Engelbrecht, Eben Etzebeth, Neethling Fouche, Corne Fourie, Herschel Jantjies, Steven Kitshoff, Dan Kriel, Michael Kumbirai, Dillyn Leyds, Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Sikhumbuzo Notshe, Scarra Ntubeni, Sergeal Petersen, Justin Phillips, JD Schickerling, Seabelo Senatla, Josh Stander, Kobus van Dyk, Cobus Wiese, Damian Willemse.
Gaan moeilik wees, die Argentyne is tans witwarm. Sal nie verbaas wees as die Jaguares bo-aan die SA konferensie eindig nie.
Stormers gaan die een toe oe wen.
SA skeidsregter blaas.
Dink die Jaguares gaan die briesies troef op hul tuisveld. Ander span as hul tuis speel. SA skeidsregter of nie.