Stormers laat weer bloos teen Jaguares

Argieffoto (Stormer-ondersteuners op Nuweland) (Foto: ANA)

ʼn Mens kan maar net kopskud oor die Stormers se vertoning Saterdagaand teen die Jaguares in Buenos Aires.

Die Jaguares het met 30-25 gewen, drie drieë teenoor een gedruk en hul kans lewendig gehou om tot die uitspeelrondes deur te dring. Vir die Stormers is dit na alle waarskynlikheid neusie verby, weer die einde van die pad, al keer hulle nou terug na Nuweland om verlore aansien te probeer herwin.

Ja, sal van die Stormers-ondersteuners sê, die Jaguares is niks anders nie as die Argentynse span in Superrugbytruie nie, maar wat dan van die Springbokke wat gewemel het in die Stormers-span?

Hoe verduidelik jy dit as jou span, wat van die beste aanvallers agterlangs het, tot dusver net 22 drieë in 11 wedstryde kon druk? Dit is die minste van al die spanne in die reeks. Waar is die flair en vaart van die Stormers- en Westelike Provinsie-spanne van die verlede?

Hoe verduidelik jy dit as jou voorspelers oorheers, maar jy steeds nie kan afrond nie? Hoe verduidelik jy dit as jy aan die einde van die wedstryd jou laaste kans om met ʼn rolmaalbeweging die wedstryd te wen, die lynstaaningooi verbrou?  Die Jagaures was boonop sonder hul ysterflank Pablo Matera, wat ʼn geelkaart gekry het.

Die Stormers het die Jaguares in die skrums opgefrommel, hulle het tonne besit gehad, maar kon nie afrond nie.

Hulle het 124 keer verdedig, waarvan 23 verbrou is. Dis byna ʼn kwart van alle duikslae!

Dit is nie maklik nie om in Buenos Aires te wen nie, want die Jaguares speel in jou gesig, boer op die onkantlyn, maak jou besit stadig, dwing jou in foute, duik jou nerwe af, en dan het hulle baie goeie aanvallers.

Maar is daar nie ʼn teenvoeter vir sulke spel nie? Wat word daar Maandagoggende gesê wanneer daar video-ontleding gedoen word? Staan die afrigters pa vir die foute? Aanvaar die spelers verantwoordelikheid vir swak besluite, vrot hantering, swak dissipline?

Ja, soms is ʼn mens baie krities en dalk te kras, maar dis omdat ʼn mens omgee, omdat jy weet jou span kan beter, dat ʼn nederlaag seer maak.

Punte:

Jaguares 30 (13) Drieë: Pablo Matera, Ramiro Moyana, strafdrie (7 punte). Doelskoppe: Domingo Miotti (2). Strafdoele: Miotti (3).

Stormers 25 (9): Drie: Seabelo Senatla. Doelskop: Damian Willemse. Strafdoele: Jean-Luc du Plessis (4), Willemse (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

kolla ·

Ek het voor die tyd gedink die Stormers sou verder verloor om eerlik te wees. Ons kon hulle darem op Nuweland klop. Hoeveelheid Springbokke sê niks want ons nasionale span verloor ook maar in Argentinie.

Ai. ·

Dis waar jy die fout maak kolla..Met n span met soveel kamtige bokspelers moet jul mos sommer baie beter vaar..Maar dit is hoekom die nasionale span verloor want nes teen die Jaguares is die werfspringbok span vol stormers wat nie in die span springwerfbok span hoort nie…Begin sommer by kolisi en dan de ellende…maar soos altyd ou kolla bollie bolla of wat jy jouself nou okal mag noem…verskonings verskonings verskonings, dis seker hoekom jy soveel verskillende skuilname het…Soooooorrryyyy prooooovinnce die curry cup kom weeeeerrrrr…Nog n jaar met niks in die vertoonkas nie….pffft..

Babertondaisy ·

Jaguares se voorspelers was te hard vir die Stormers. Duikslae brutaal. En natuurlik het die Jaguares 4 lynstane by ‘n springbok slot en haker gevat. Nadat Jaguares slot Lavanini vir Etsebet vasgevat het was hy tjoepstil. Stormers verdediging ontaard deur die bal tussen Jaguares aangee te klap om driee te verhoed. Pateties vir ‘n span met soveel springbokke.

Arie ·

Die arme stompies mens sou sweer hulle het die beker gewen na hulle gelukkie teen die Bulls laasnaweek

Smirre ·

Stem saam bolla dat ‘n span met soveel springbokke teen ‘n asado semi professional spannetjie so pateties verloor wie sou dit ooit kon raai ???

marco polo ·

Moet ek dit dan nou na elke naweek se? Vervang die afrigter. Ek sal liewer stilbly oor die kaptein.

kolla ·

Hoeveel keer het die Nulle die asados vanjaar geklop en wat was die tellings?

Bulla ·

@Kolla…Waar le die Stormers op die log…hoeveel SR trofees het die Stormers….ooja geen.Nul.Zilch.

Swartwolf ·

Wie praat oor die bulle die artikel is oor die hartseer en skande in Buenos? Daar is ‘n ander artikel ook op Maroela oor die bulle se wen gister en hul no 1 posisie op die SA conference. Lees dit dis nie so hartseer nie.

Babertondaisy ·

Kaptein span die seile was MIA gewees gisteraand die Argenyne is heeltemal te hard voorlangs. Kyk na die wereldbeker hoop hy vir ‘n aanbieding uit Japan en wil dan nie beseer wees nie. Dwerg in ‘n reus se mantel.

kolla ·

Vreemde ontleding siende dat ander berigte van rugbyskrywers sê dat die Stormers hulle oor was voorlangs, voos geskrum het en die meeste balbesit gehad het. Ek sal maar self die wedstryd moet kyk om te sien wie praat die waarheid.

kolla ·

Stormers het 5 Bokke in die opdrafspan gehad en 8 Bokke in die wedstryd 23. Ek sou dit beswaarlik “wemel van Springbokke” noem. Captain Fantastic het ook nie gespeel nie.

Swartwolf ·

Statistieke maak nie die disaster meer aanvaarbaar nie. Beter span die seile was in die hawe die see was rof…..

kolla ·

‘n Disaster is om meer as 50 punte op jou tuisveld af te staan soos die Nulle. Die dag wanneer die Stormers meer as 50 punte op Nuweland afstaan, hou ek op om rugby te kyk.

Karolis ·

Kolla, julle het sleg verloor gister. Maak vrede daarmee.

Babertondaisy ·

Ja nee maar ‘n patetiese vertoning probeer op praat die sal hy.

Lol ·

Stormers/ WP rugby bestuur en administrasie stuur op ramp af.

G H van Wyk ·

Ek sal se ons spelers moet leer rugby speel, kyk net, Sharks 7strafskoppe,Stormers 6 ,Bulle hetook n paar nodig omte wen.Dan die groot probleem,die “rolling maul”,haal dit uit die wedstryd en ons spanne wen nie meer nie.Druk agterlyn driee en nog driee.Laat dit die enigste keer wees dat die ref sy fluitjie gebruik!!!

Karl ·

Vir my baie snaaks hoe die Stormpies nie n verloor kan vat nie en nogsteeds aangaan oor hul ugh mmm EEN punt wen lol, jul moet trots wees, n span wat nog nooit n SR beker gewen het nie, het tog n 3 time champion gewen. Maar punt bly, waar is die Pies op die log?

kolla ·

Na komende Saterdag gaan die Stormers bo die Nulle op die log wees. Moenie te gou lekker kry nie, julle outjies moet nog gaan pak vat op toer. Lekker man, lekker.

Swartwolf ·

Kolla: Tipies windjie ondersteuners sal nie spog met die stompies se prestasie nie maar eerder met die bulle se verloor wat hulle voor hoop. Dis ‘n grap !! Siek een daarby. Maar dan het die windjie ondersteuners nie veel om mee te spog in super rugby nie so dis seker al wat oorbly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.