Stormers onthul jongste truifoefie

Die Stormerstruie vir 2018. (Foto: Stormers Rugby)

Dit het nou al ʼn speletjie tussen die Suid-Afrikaanse rugbyfranchise’e geword om mekaar met truifoefies te probeer troef, ʼn stuitigheid waarna truiversamelaars (te onderskei van rugbyondersteuners) met afwagting uitsien.

Die jongste is die aankondiging deur die Stormers dat hulle in aanstaande jaar se Superrugby-wegwedstryde houtskoolkleurige (nie swart nie) truie sal dra.

Die deursnee Stormers-ondersteuner sal hom tereg afvra, waarom nie maar die trui vir wegwedstryde ʼn alternatiewe samestelling van blou en wit gee nie, die kleure waar sy (en hopelik die spelers se) lojaliteit jare lank al lê.

Dis nou as dit hoegenaamd – buiten om geldmaakredes – nodig is om wegwedstryde met ʼn ander trui te speel, tensy die truie bots.

Nou wonder ʼn mens dikwels watter span is eintlik joue, en veral of die spelers altyd seker is wie hul spanmaats is.

Nietemin, die tuistrui toon darem nog die bekende blou en wit strepe, met rooi insetsels “om die rooi disa van die Westelike Provinsie te verteenwoordig”, luidens die verklaring waarin die truie bekend gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.