Stormers se aspirasies kry ʼn knou

Die Stormers se aanslag om die voorste Suid-Afrikaanse span in die Superreeks te word, het ʼn kwaai slag gekry toe hulle Saterdag teen die Chiefs slae gekry het.

In ʼn wedstryd waar die Stormers selde gelyk het of hulle ʼn drie sal druk, het die besoekers uit Hamilton met 15-9 gewen.

Dit was ʼn welverdiende oorwinning. Hulle verdediging was uitstekend, hulle het beter opsies uitgevoer met die meer en beter besit van die bal, en hulle het twee drieë gedruk.

Die een was ʼn strafdrie na die soveelste kragskrum, wat die gevaarligte vir Rassie Erasmus en die Springbokke laat flikker. Dit was net ná Steven Kitshoff vervang is, maar die Stormers is toe reeds ʼn paar keer in die skrums onder druk geplaas met Kitshoff en Wilco Louw twee van die voorlopers om in die Bokskrum te sak.

Die Chiefs se skrumwerk was veral indrukwekkend as hulle probleme met voorrybeserings in ag geneem word.

Die Stormers was merendeels planloos, hulle agterlyn is doodgesmoor en vir die Kaapse toetsaanspraakmakers was daar sekerlik nie ná die wedstryd baie regmerkies in Erasmus se toetsboekie nie.

In die wedstryd, wat nooit werklik aan die gang gekom het nie, het die besoekers se voorspelers die wedstryd beheer in die vele skrums en lynstane.

Die hantering aan albei kante het veel te wense gelaat en bygedra tot die middelmatigheid van die kragmeting.

Puntemakers –

Stormers (3) 9: Strafdoele: Damian Willemse (2), SP Marais.

Chiefs (5) 15: Drieë: Anton Lienert-Brown, Strafdrie met doelskop. Strafdoel: Damian McKenzie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SjN ·

Shame, Stormers kan nie druk hanteer nie en wenkultuur ontbreek, wyn en snoek gaan suur wees vanaand.

DHK ·

Verlede week was ‘n sekere Stormer ondersteuner ietwat grootdoenig toe sy span die Bulle geklop het op Nuweland. Iets van die swakste en laaste span op die SA konferensie se punteleer? Nietemin, die “magtige” Stormers kon nie eens ‘n bonuspunt verdien in daardie wedstryd nie. Swak? Vandag het hulle pakslae gekry teen die vierde beste span in die NS konferensie. Swak?? Gewis, dis uiters swak. Boonop met ‘n strafdrie teen hulle na hul “magtige” pak voorspelers vermorsel is deur die Chiefs. En skielik is die Stormers die swakste EN laaste span in die SA konferensie. Hoogmoed kom maar altyd voor ‘n harde val. Die ergste van alles? Die neerlaag het op hul tuisveld en met ‘n NS skeidsregter gebeur wat sy Stormers erg bevoordeel het met die fluitjie…

rollie ·

Natuurlik het die Stormers ‘n bonuspunt gekry. Hulle is steeds beter as die Bulle soos duidelik verlede week gesien is.

DHK ·

Natuurlik, dis hoekom hulle heel onder op die SA konferensie is, dis heeltemal glashelder en duidelik. Die beste span is gewoonlik mos laaste op die punteleer. Jammer, maar suurdruiwe bly maar ‘n onlekker ding…

DHK ·

Net ‘n regstelling, die Stormers het nie ‘n bonuspunt verdien in hul wedstryd teen die Bulle op Nuweland nie. En as hulle kwansuis beter is as die Bulle, hoekom het hulle dan op Loftus so ‘n lekker pakslae gekry? En hoekom lê hulle tans laaste op die SA konferensie? Oor hulle beter is? As dit nie vir vreemde skeidsregter beslissings was en die Chiefs se buitengewone swak hanteerwerk in hierdie wedstryd nie sou die punteverskil minstens twintig gewees het. Nee wat, die Stormers is maar net swak. Dis al.

PLP ·

Stem saam DHK. volgens rollie se kommetaar laas week toe die Bulls laaste was en die Stormers toe al amper die beker gewen het, moet ek net byvoeg dat die Stormers wat enige iemand ook al mag se, hierdie jaar die swakste span in die Suid Afrikaanse afdeling van die kompetisie is. Die kans dat hulle gaan verbeter op die punteleer is maar skraal. Die Stormers kan darm volgende jaar weer probeer

Johan ·

Hoe kon Fleckie nie vir Duvenhage eerder vervang het nie of hom laat weet het dat sy doellose “box kicks” die besit weggee ipv behou. Sonder die bal in die hand teen die Chiefs het jy geen kans nie.

Peet ·

Hierdie was verseker die swakste wedstryd wat nog hierdie seisoen gespeel is.

rollie ·

Baie interessante eindtelling. Ek wonder hoeveel kenners sou so ‘n lae telling voorspel het. Die NS spanne klop ons spannetjies darem maar maklik hier in SA. Dan wonder ons hoekom ons bokkies ook maar nie in SA teen NS die pyp rook nie. Net nie goed genoeg nie.

PLP ·

Nee rollie die New Zeelandse spanne klop nie ons spannetjies darm maklik hier in Suid Afrika nie. Die New Zeelandse spanne klop die Stormers, wat tans die swakste span in Suid Afrika se konverensie is darm maklik. Moet nie veralgemeen nie asb,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.