Stormers-senter oor duikslag geskors

Die Stormers-senter Shaun Treeby is geskors ná ʼn gevaarlike duikslag in sy span se Superrugbywedstryd Saterdag teen die Blues op Nuweland.

Die reeks se beheerliggaam, Sanzaar, sê in ʼn verklaring dat Treeby skuld voor die vuilspelkomitee erken het, en vir drie weke geskors is.

Hy is deur die wedstrydkommissaris uitgewys.

Die kommitee se voorsitter, Nigel Hampton, sê in die verklaring die oortreding het ʼn skorsing van ses weke geregverdig, maar Treeby se onberispelike gedrag regdeur sy lang beroepsloopbaan en sy skulderkenning is as versagtend geag en die straf tot drie weke verminder.

Die Nieu-Seelander het vyf seisoene vir die Highlanders gespeel, voor hy vanjaar by die Stormers ingeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jammerte ·

Dit is n jammerte. Hoop net kommissaris is so. Streng met almal, veral NZ spelers in alle fasette, hulle vat groot kanse en kom weg daarmee veral by SA referees

Frans C ·

Die bewys skorsing bewys maar weer hoe swak die skeidsregter,sy assistente en TMO se oordeel oor die voorval was.

Riaan ·

Ah shame man, jammer dat die NZ spelers bietjie harder en meer fisies is as die SA kalfies.
Net suur druiwe SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.