Stormers sukkel om uitklophou op Nuweland te plant

Die Stormers het Saterdag hul kanse verspeel in hul Superrugby-wedstryd teen die Brumbies op Nuweland.

Want ten spyte van die meeste balbesit, sowel as tyd in die Brumbies se gebied, het die Kapenaars steeds 17 – 19 teen die Australiërs verloor.

Ten minste bly hulle getrou aan die Suid-Afrikaanse neiging van onbestendigheid. As wisselvalligheid ’n siekte was, sou die meeste SA spanne al lankal hul opvolgbesoeke by die dokter bespreek het.

Die Stormers was verlede week so te sê onstuitbaar teen die Rebels, maar het vanmiddag weer gewys hoe om ’n wen in die asblik te smyt.

Toegegee, die Brumbies het soos tiere verdedig en hul aggressie in dié afdeling het Stormers in hul spore gestuit.

Terselfdertyd was die Kapenaars ook hul eie grootste vyande en het ’n rits hanteerfoute begaan, terwyl hul onvermoë om die uitklophou op die aanval te plant al vir Peter Buckley – ’n bokser wat 256 van sy 300 gevegte verloor het – soos ’n wêreldklas-atleet laat lyk.

Die span het vanmiddag nee gesê vir ’n paar driepuntstrafskoppe en was dit nie vir die strafdrie in ’n verlengde eerste helfte nie, sou dinge selfs meer mistroostig gewees het.

Met soveel balbesit, moet jy kan drieë druk.

Die Stormers speel volgende week teen die Bulls op Nuweland. Hulle is tans 10de op die algehele punteleer en laaste in die SA afdeling.

Puntemakers:

Stormers: Drieë: Strafdrie, Wilco Louw. Doelskop: Joshua Stander. Strafskop: Stander.

Brumbies: Drieë: Peter Samu, Rory Arnold, Thomas Banks. Doelskoppe: Christian Lealiifano (2).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gertjie ·

Willemse moet eers sy hip-hop dansklasse klaarmaak en dan kom rugby speel . Josh Stander goeie wedstryd.

Swartwolf ·

Die stompies jitte wat ‘n gesukkel eintlik ‘n skande op hul eie wingerdjie op hul jis gekry…met 66% balbesit en gebied ? Genoeg om papsak verkope die hoogte in laat skiet. Nee wat begrawe gooi toe.

Duiwelsadvokaat ·

Shame…arme Bolla kan nou nie eers meer vir Peyper die skuld gee nie.

Leibrandt ·

UCT Old Boys Club en hul meelopers het rugby in ge-KAAP. WP rugby sal nooit weer n krag wees nie, met administrateurs wat nie die sport eerste stel nie.

Ollie ·

Swakste kapteinskap wat ek ooit gesien het. Dit is foute wat n skool kaptein maak om strafskoppe oor die hoof te sien. Raak ontslae van hom asb X3.

Swartwolf ·

Exactly – 5 strafskoppe wat punte kon wees en hul verloor met 2….Hopeloos. Koop vir die manne ‘n abacus dat hul kan leer optel en aftrek.

Hennie ·

Die week is dit die bulle se beurt om te verloor hulle het laasweek gewen. Dit is n SA ding.

J ·

Waarom hulle alewig kantlyn toe neuk as hulle reg voor die pale ‘n strafskop kry gaan my verstand te bowe. Was die skopper se toon seer, of wat is die issue? Die telbord is nie rocket science nie, en as dit is, hoort jy nie in die span nie.

Jammer om te sê, maar hulle verdien die verloor. Hulle het doelbewus besluit om nie punte te vat nie. Ek hoop die afrigters en/of senior spelers wat skuldig is aan die sotlikheid word almal gefire.

Babertondaisy ·

As die windjies so oorhoops is teen die bulle volgende Saterdag gaan hul weer 40 afstaan op hul eie lappie grond. Nee magtig dit was seer om te aanskou. Al daai strafskoppe hoekvlag toe…..en hul verloor met 2 punte ? Dis nou “grabbing defeat from the jaws of victory”……

Bolla ·

Swak, kan nie driee druk nie. Sal egter steeds te sterk wees vir die flou koeie.

marco polo ·

Nou ja, waar is die manne wat my uitmekaar wou skeur toe ek n week of twee gelede die afrigter en kaptein se vermoens bevraagteken het. Nog n wedstryd, selfde storie. Gelukkig kan ek nie meer nie sulke gemors kyk nie.

Eben P ·

Tyd dat flekkie gaan en nie wanneer nie NOU!!!! Saggie hoor ek Jimmy Jimmy Jimmy om die gemors reg te stel

Wesley ·

Haha dalk kan Jimmy n bietjie van daai spiersous kom uitdeel by die Stormers om te help.

Duiwelsadvokaat ·

Shame…arme Bolla kan nou nie eers meer vir Peyper die skuld gee nie.

Swartwolf ·

Nie eers seconds best sou die stompies kon red van hul gesukkel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.