Stormers-uitblinker se laaste Kaapse seisoen

Huw Jones – los Stormers. (Foto: bbc.com)

Huw Jones – los Stormers. (Foto: bbc.com)

Een van die Stormers se blinkste sterre keer aan die einde van die seisoen sy rug op Nuweland om sy loopbaan oorsee voort te sit.

Die franchise sê in `n verklaring wat in Kaapstad uitgereik is die Skotse toetssenter Huw Jones het `n 2-jaarkontrak met die Skotse superklub Glasgow Warriors gesluit, en sal nog net tot einde vanjaar vir die Stormers en die Westelike Provinsie beskikbaar wees.

Terwyl die Springbokke soos selde in hul bestaan in die middelveld voortploeter, het Skotland Jones, wat in Edinburgh gebore is, opgeraap en speel hy sedert verlede jaar `n sleutelrol in die ontwaking van Skotse toetsrugby.

Hy is onder meer as die speler van die wedstryd aangewys in die kragmeting in November teen Australië op Murrayfield toe hy twee drieë gedruk het. Die Wallabies het die toets net-net 23-22 gewen.

Jones sal na verwagting `n belangrike rol in die Skotte se Sesnasiesveldtog vanjaar speel.

Hy sê in die verklaring met sy insluiting in die Skotse span maak dit sin om sy rugbyloopbaan in Skotland voort te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.